Huisgenoot

DISMAAK OFBREEK

-

AANHANGERS wonder hardop: Hoekom gee COLEEN ROONEY haar rondloperm­an, WAYNE ROONEY (albei 31), nog ’n kans? Volgens ingeligtes is Coleen, wat hul vierde kind verwag, nog lief vir die Everton-doelskoppe­r. Dis ten spyte van sy rits affairs, waarvan die mees onlangse een met ’n partytjiem­eisie, LAURA SIMPSON (29). “Coleen het hom lief,” sê een van Wayne se pelle. “En boonop is sy lief vir hul gesin. Hy is meestal ’n goeie man en betrokke pa. Sy het hom ’n paar jaar gelede ná een van sy idiotiese dronkkaske­nades uitgetrap en hy het gevra of sy hom die trekpas wou gee. Sy wou nie.”

Nadat Wayne onlangs weens beweerde dronkbestu­ur in Laura se kar aangekeer is, het Coleen gevra dat hy “deernisver­lof” by sy sokkerklub neem sodat hulle aan hul huwelik kon werk.

 ??  ?? Wayne sukkel om op sy spel te konsentree­r.
Wayne sukkel om op sy spel te konsentree­r.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa