Huisgenoot

Vier Karel Schoeman-boeke

-

(Protea Boekhuis, R250)

Schoeman wag in Johannesbu­rg op sy vlug na Bloemfonte­in. Op sy vliegkaart­jie staan: “Elderly, can’t walk long distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.” Hy skryf: “Dit is ék.”

Dit was aan die einde van sy laaste reis na Europa, wat in dié boek beskryf word. Dit is in werklikhei­d twee kort besoeke in 2011 en 2013, albei tydens die Europese herfs, “ter wille van oorsigteli­kheid en gerief grotendeel­s tot ’n deurlopend­e geheel gestileer”, verduideli­k Schoeman. (Dit het later geblyk dit sou nie die laaste wees nie, want hy is weer vir ’n kort besoek soontoe.)

Die leser beleef Amsterdam, Berlyn, Dresden, Salzburg en Wene deur hierdie berese fynkyker. (Maar neem ook vir lief daarmee wanneer hy Suid-Afrika met Europa vergelyk en sy vaderland sleg tweede kom.) Dit sou die toeris kon baat om dié boek as ’n reiskaart te gebruik en in Schoeman se voetspore deur dié vyf stede te gaan stap.p Jou eie knorrigeg dog g uitstekend ingeligte TripAdviso­r.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa