Huisgenoot

Jamie Foxx en Katie Holmes kan eindelik hul liefde wys

-

D

IS die foto’s waarop aanhangers al lank wag: JAMIE FOXX (49) en KATIE HOLMES (38) wat dolverlief en sorgeloos lyk nadat hulle gedwing is om hul romanse vier jaar lank weg te steek. Die glanspaart­jie, wat reeds JamKat gedoop is, is op ’n onlangse romantiese uitstappie in Malibu, Kalifornië, gekiek waar hulle hande vashou. Albei het ontspanne en gelukkig gelyk waar hulle langs die strand gestap en later teruggekee­r het na hul strandhuis. Daar het hulle op die balkon drankies geniet ten aanskoue van almal wat verbystap. JamKat is glo sedert 2013 ’n paartjie, ’n jaar ná die “kitsegskei­ding” van Katie en TOM CRUISE (55), met wie sy in 2006 getrou het. ’n Klousule in hul egskeiding­skikking het voorgeskry­f sy kon vyf jaar lank nie openlik met iemand uitgaan nie. Die klousule het in Junie verstryk; daarom kan die twee nou vir die wêreld wys hoe danig hulle met mekaar is. “Katie het ’n klousule onderteken wat haar verhoed om Tom op verskeie maniere te verneder, soos om te praat oor hom of Sciëntolog­ie of om binne vyf jaar in die openbaar

met ti iemand d andersd uit itt te gaan,”” vertelt l iemand in die binnekring.

“Sy kon met mans uitgaan, maar nie in d die openbare oog nie. Sy was ook nie vero onderstel om enige kêrel naby hul dogter, Su Suri, toe te laat nie.”

Maar die skinderton­ge het steeds geklap dat die twee meer as vriende is. Ten spyte van hul pogings om dit stil te hou is hulle dikwels saam gesien.

’n Jaar nadat Katie en Tom geskei is, is sy en Jamie by ’n liefdadigh­eidsgeleen­theid in die Hamptons gesien. En in 2015 is ’n onduidelik­e foto van die twee in ’n ateljee geneem, met hul vingers inmekaarge­vleg.

Jamie was altyd terughoude­nd oor sy verhouding­status en het in een onderhoud gesê: “Ek wil nie hê die maat met wie ek uitgaan, moet bepaal wie ek is nie. Selfs al het ek met iemand uitgegaan, sal niemand in elk geval weet nie.”

Sy vriendin Claudia Jordan, voormalige ster van Real Housewives of Atlanta, het sy geheimh i verklapkl t toe sy verlede Oktober in ’n onderhoud laat val Jamie is “baie gelukkig” saam met Katie. Maar toe laat sy binne 24 uur hoor sy “dra geen kennis van Jamie en Katie nie”. Die twee het eers die afgelope jaar uit die skadu’s getree, dalk omdat hulle geweet het die “verbod” staan einde se kant toe.

Hulle het glo in Desember Mexiko toe gegaan om hul verjaardae vyf dae uitmemekaa­r te vier. In April het ’n restaurant­ganger gangerer ’n foto van die twee geneem wat in Newew York uiteet. Katie het glo in Mei Parys toe gevlieg om tyd saam met Jamie deur te bring terwyl hy sy nuwe fliek, Robin Hood, maak.

En in Junie, presies vyf jaar ná Katiee se egskeiding, is hulle in Century City, Kaliforali­fornië, in mekaar se geselskap gekiek.

Is die volgende verskyning dalk saam am op die rooi tapyt of sal die twee hul verhououdi­ng op Instagram bevestig? Ons hou jou op die hoogte. BRONNE: USMAGAZINE, EONLINE, DISH NATION

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa