Huisgenoot

Moordverda­gte se ouers “geteister”

’n Ontvoering was een van hul ontberings, beweer die ouers van die vermeende baasbrein agter die Krugersdor­pafspraakm­oorde

- Deur MARIZKA COETZER

T ERWYL met hom in die bagasiebak van die motor rondgery is, het hy onwillekeu­rig gedink aan die sogenaamde Krugersdor­pafspraakm­oorde, waarop sy eie dogter teregstaan. Die lyke van sommige van Cecilia Steyn en haar medebeskul­digdes se vermeende slagoffers is immers in die bagasiebak van hul motor aangetref. Nou is dit sy beurt, het dit deur sy kop gemaal.

Maar Piet Brand (62) het oorleef om sy storie te vertel, anders as die sewe slagoffers van die moorde wat die WesRand verlede jaar geruk het. (Sien die kassie.) Hy beweer hy is aangerand en beroof deur twee mans, een in wat vir Piet gelyk het na ’n blou polisieuni­form, en toe in die bagasiebak van ’n gemerkte polisievoe­rtuig gestop.

Volgens hom is dit net een van die ontberings wat hy en sy vrou, Mara (61), die afgelope jaar moes deurmaak. Hulle word gedurig gedreig en geteister, be weerwe hulle. “Ek dink dit is omdat ons Cecilia (36) se ouers is,” sê Piet.

Die vensters van hul Randfontei­nse huurhuis word gebreek terwyl hulle slaap. Hulle is al in die gesig gespoeg op straat. En Piet beweer hulle kry snags oproepe van onbekende nommers, met ’n stem wat dreig: “Ons gaan julle kom uithaal.”

“O, jy weet nie waardeur ons al is nie,” vertel Mara in die sitkamer van die huis met die gebreekte vensters en gate in die plafon. Piet beaam: “Dit was ’n moeilike jaar.”

Tog is hulle nie een keer polisie toe nie – tot die beweerde bagasiebak­voorval.

Piet, wat nutswerk doen, vertel hy was die middag van 20 Augustus op pad na die stasie waar hy gewoonlik sy kollega aflaai. Hy het glo R19 000 by hom gehad omdat hy pas ’n bakkie verkoop het. ’n “Gemerkte polisiemot­or” het hulle glo afgetrek. Hy is glo met ’n vuurwapen geslaan en in die “polisiemot­or” se bagasiebak geboender.

“Ek het in die bagasiebak tussen vuur wapens en koeëlvaste baadjies gelê. Hulle het my stukkend gery. My lyf het later gevoel asof drie treine my getrap het,” vertel Piet.

Hy beweer die “polisieled­e” het buite die Vanderbijl­parkse landdrosho­f stilgehou, waar hulle gedreig het om hom aan te kla. Toe hulle ’n oomblik wegstap, vertel Piet, het hy met sy selfoon die ondersoekb­eampte in die moordsaak teen Cecilia gebel. “Hy het gesê ek moet uitklim en na die polisiekan­toor hardloop. Ek het my lewe aan hom te danke.” Hy is wel van sy geld beroof, beweer hy. Die ondersoekb­eampte het aan Huisgenoot bevestig Piet het hom gebel en vertel wat gebeur – en dat hy Piet aangesê het om na die polisiekan­toor oorkant die hof te hardloop en ’n klag aanhangig te maak.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerd­er vir die Randfontei­npolisieka­ntoor, bevestig Piet het klagte van aanranding, ontvoering en roof deur vermeende polisieled­e ingedien. In sy verklaring het Piet gemeld die verdagtes het “’n gemerkte swart

BMW-polisievoe­rtuig” gebruik.

Nee, antwoord hy ons vraag, hy weet nie of sy beweerde ontvoerder­s hom spesifiek geteiken het omdat hy Cecilia se pa is nie. Al wat hy weet, is dat die lewe vir hom en Mara baie moeilik geword het nadat hul dogter in hegtenis geneem is.

DIS hartseer,” sê Piet oor alles wat die egpaar deurmaak. “Ek is lief vir my kind. Almal haat my, maar sy bly tog myne. As hulle my wil uithaal, moet hulle my kom uithaal en klaarkry.”

Hy en Mara steun Cecilia steeds. Hulle het van haar hofverskyn­ings bygewoon, maar is nou te bang nadat hulle glo die laaste keer deur ’n onbekende voertuig van die pad gedruk is. Hulle besoek “Poppie”, soos Mara haar dogter noem, steeds een keerpermaa­ndindieSun­City-tronk buite Johannesbu­rg.

“Waar sy nou in die tronk sit, het sy heeltemal verander. Toe sy by die huis was, het sy met alles en almal saamgestem en gepraat. Maar in die tronk het sy besef sy is op haar eie. Sy staan haar man teen medegevang­enes,” vertel Mara.

Cecilia het glo baie gewig verloor in die tronk. Tydens haar borgtogver­hoor ’n jaar gelede het sy in die beskuldigd­ebank ’n suurstofte­nk gebruik. Toe het sy beweer sy ly aan chroniese asma. Volgens Mara is sy deesdae baie gesonder.

Tuis kry Piet en Mara dikwels stry oor Cecilia. Mara glo onvoorwaar­delik in haar onskuld, maar Piet voel die gereg moet sy beloop neem. “As Cecilia skuldig is, moet sy gestraf word,” sê hy. Mara word kwaad as Piet so praat. “Cecilia is my baby. Sy leef in haar eie wêreld.”

Maar volgens die klagstaat in die moordverho­or “was dit op (Cecilia se) aandrang dat die misdrywe gepleeg is en met haar volle kennis daarvan”.

Die klagstaat stel dit al was Cecilia nie teenwoordi­g tydens die moorde nie, het sy tog die meeste van die slagoffers se geld ontvang.

“Sy het heeltyd haar medebeskul­digdes aangemoedi­g om maniere te vind om haar finansiële vereistes te finansier,” lees die klagstaat voorts.

Mara vertel: “Toe ek die eerste keer in die tronk by Cecilia gaan kuier, wou ek haardoodsl­aan. Ekhethaarg­esmeekom die polisie te vertel wat sy weet. Toe ek wil wegstap, hoor ek Cecilia klap teen die venster. ‘Ma, ek weet van niks,’ het sy gehuil. ’n Ma weet mos wanneer ’n kind vir haar lieg, of hoe,” sê Mara.

Dit was in 2008, ná die inhegtenis­neming van die sogenaamde swaardmoor­denaar, Morné Harmse, dat Piet oor sy dogter se doen en late begin wonder het. Morné (destyds 18) het ’n medeleerde­r in Krugersdor­p met ’n swaard vermoor. Die polisie het Mara ná die voorval ontbied en vertel hulle het Cecilia se nommer op Morné se foon gekry.

Morné het voor die moord berading ontvang by die sekte Overcomers through Christ, wat blykbaar teen die okkulte stry en waartoe Cecilia ook behoort het.

Hy was nie juis verbaas toe Cecilia en haar medebeskul­digdes in verband met die moorde aangekeer word nie, sê Piet.

Met een tronkbesoe­k, toe hy haar oor die moordbesku­ldigings konfrontee­r, het Cecilia geskree: “Pa, wat de donner verstaan jy nie? Ek het niks gedoen nie,” vertel hy. “Ek het vir haar gesê ek sal by haar staan, maar dan moet sy wys sy het verander.”

Mara laat hoor: “Ek weet my kind is onskuldig daar waar sy sit.”

Sy vrees vir haar Poppie se lewe: “Sy is veiliger daar binne as hier buite.” Tydens ’n bekgeveg tussen die beskuldigd­es by die hof in Augustus het een gesê: “Los haar (Cecilia); ek gaan haar laat uithaal,” vertel Mara. ’n Polisiebro­n het dit aan Huisgenoot bevestig.

“Dis eintlik hartseer,” sê Piet. “Ek is lief vir my dogter.” Maar hy herhaal: “As ’n mens iets verkeerds doen, moet jy daarvoor boet.”

 ??  ??
 ??  ?? Die ouers van die vermeende baasbrein agter die Krugersdor­p-moorde, Piet en Mara Brand, vertel hoe hulle na bewering geteister word vandat Cecilia Steyn aangekeer is.
Die ouers van die vermeende baasbrein agter die Krugersdor­p-moorde, Piet en Mara Brand, vertel hoe hulle na bewering geteister word vandat Cecilia Steyn aangekeer is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa