Huisgenoot

Tempo’s: Stem vir jou liefling en wen

Huisgenoot se gewilde prysuitdel­ing kry vanjaar ’n digitale ale baadjie, maar jy kan steeds vir jou gunsteling­e stem

-

M ET ’ n nuwe eeu wat voor Huisgenoot uitgestrek lê, is dit tyd vir vernuwing. Dit is ’n opwindende era van oneindige digitale moontlikhe­de wat wag; daarom kry Huisgenoot se Tempotoeke­nnings vanjaar ’ n nuwe baadjie. Maak dus gereed vir ’n energieke ervaring wanneer jou gunsteling­sterre vanjaar met ons gesogte Tempotoeke­nnings bekroon word.

Die Afrikaanse sangers, akteurs, aanbieders en skrywers wat gesorg het vir die grootste vermaakhoo­gtepunte van die afgelope jaar is vir toekenning­s benoem.

En soos gewoonlik moet jy kies wie vanjaar met ’ n Tempo gaan wegstap.

Vanjaar word dieTempowe­nners nie aangekondi­g op ’n eenmalige geleenthei­d wat deur net ’n handjie vol bekendes en rolspelers in die bedryf bygewoon word nie; al ons lesers word genooi om die adrenalien en opwinding te ervaar wanneer 2017 se Tempowenne­rs in Oktober regstreeks aanlyn op ons webtuiste, huisgenoot. com, bekendgema­ak word.

En die opwinding hou nie daar op nie. Vanjaar het die Tempo’s ook ’n splinternu­we toekenning. Stem vir jou gunsteling van alle gunsteling­e; die gewildste onder die gewildes – Huisgenoot se vermaakste­r van die jaar.

Haal sommer dadelik jou selfoon uit, stuur ’n SMS of besoek huisgenoot.com om in die 20 afdelings te stem. Jy kan boonop groot pryse losslaan as jy vir jou gunsteling­e stem; ’n oorsese vakansie is selfs op die spel. djie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa