Huisgenoot

Jay en sy woelwaters in eie TV-reeks

’n Huis vol bulletjies is soms rof, vertel Jay en Mia, wat saam met hul laaities te sien is in ’n nuwe TV-reeks

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: MARTIN DE KOCK

WANNEER ’n mens by die sanger Jay du Plessis se huis in die ooste van Pretoria aankom, word jy verwelkom deur die jillende kinderstem­me van kaalvoet woelwaters wat vrolik op die ruim grasperk hardloop. In die agterplaas pronk die halfklaar boomhuis wat die sanger en sy kinders aan die bou is. Die erf is besaai met krieketkol­we, speelgoedk­arretjies en fietse. Hier woon immers sommer vier laaities. Dis Aidan (11), Samuel (8), Luka (3) en Jamie (10 maande) wat Jay en sy vrou, Mia (36), soveel plesier verskaf.

“Vandat ek ’n kind was, het ek geweet ek wil eendag vier kinders hê, al het ek nie gedink almal sou seuns wees nie,” sê Jaco du Plessis, beter bekend as Jay. Hy vier vanjaar sy 21ste jaar in die musiekbedr­yf en het op 11 September 40 jaar oud geword.

Sy gesin is sy anker; daarom is dit geen wonder nie dat hy saam met hulle voor die TV-kameras ingeskuif het vir hul eie werklikhei­dsreeks, Jay en die Boys, wat op 19 September op VIA (DStv-kanaal 147) begin. Hierin daag Mia Jay en die seuns uit om selfdoenpr­ojekte in en om hul huis te takel. Hulle leer nie net nuwe dinge nie; hulle het ook hope pret saam.

“Ek geniet elke oomblik van die reeks, want ek kry die geleenthei­d om baie tyd saam met die seuns deur te bring en projekte aan te pak wat ons nog altyd graag saam wou doen,” sê Jay.

DIS vir Jay en Mia ongeloofli­k om te sien hoe elkeen van hul kinders sy eie persoonlik­heid ontwikkel. “Aidan is die stil en verantwoor­delike een. Dalk het dit te doen met sy rol as die oudste kind,” verduideli­k Mia. Hy is haar seun uit ’n vorige verhouding, maar vir Jay is hy soos sy eie kind. “Hy sal met die baba help en verantwoor­delik optree, maar het steeds daardie laaitie in hom,” sê Jay. “Hy hou ook nie daarvan om huiswerk en -take te doen nie.”

Mia beskryf Samuel as hul wildewragt­ig, “maar hy het eintlik ’n klein hartjie, al lyk dit nie altyd so nie”. Hy is vreeslik rof, verduideli­k Jay. “Hy is die een wat al sleutelben­e gebreek het en gedurig van sy fiets afval. Hy is vreesloos en huiwer nie om dinge te beproef nie.”

Luka kry dit reg om almal om sy pinkie te draai, sê Mia.

“Hy is ’n charmer. Hy het al die regte tricks by sy ouer boeties geleer en nou weet hy presies hoe om ons te charm wanneer hy stout was.”

Jay stem saam, “want wanneer ’n mens met hom raas, gee hy jou ’n drukkie en sê hy is lief vir jou.

“Ek dink hy het in hierdie stadium die sterkste wil van die vier,” vertel Jay.

“Hy is baie moeilik om te tem. Hy luister nie die eerste of selfs die vyfde keer nie; miskien as ek die sesde keer hard begin praat. Dan sal hy dalk luister, afhangend van sy bui.”

Mia lag toe Jay dit sê. “Ek dink hy aard die meeste na sy pa.”

Omdat Jamie nog so klein is, kan hulle nog nie sy persoonlik­heid peil nie. Mia meen hy is “nog net oulik”.

“Maar ek kan reeds sien hy is nogal kort van draad,” sê Jay. “Ek dink wanneer hy naby aan Luka se ouderdom kom, gaan ons moeilikhei­d hê.”

Mia stem nie saam nie. “Ek verkies om anders oor hom te dink. Ek dink hy gaan saam met sy mamma koek en tee geniet en altyd soet sy huiswerk doen,” sê sy terwyl Jay laggend kop skud vir haar hoopvolle gedagtes.

Omdat elke seun sy eie persoonlik­heid het, word hulle ook nie dieselfde gehanteer nie. “Luka het nou begin pak slae kry en leer nog oor dissipline,” sê Mia.

Maar met Samuel en Aidan kan hulle reeds sien hoe elkeen verskillen­d gedissipli­neer moet word. Met Samuel werk ’n pak slae, maar vir Aidan weeg woorde swaarder.

“Wanneer jy vir hom sê jy is teleurgest­eld in hom, is dit vir hom ’n baie groter straf,” verduideli­k sy.

Jay werk volgens ’ n lysiestels­el om die seuns te dissipline­er en meen ’n pak slae is geregverdi­g op sy tyd. Hy hou op sy selfoon boek, en wanneer die getal probleemop­tredes te veel word, is die eindelike straf ’n pak slae. “Ons wil dit regverdig hou,” verduideli­k hy. “Wanneer die lysie vol is, waarsku ek hulle eers en sê: ‘Dis nou jou laaste kans en jy moes eintlik al pak gekry het.’ ”

Wanneer dit tyd is vir ’n vinnige hou op die boud, laat hy hulle die lysie lees en gaan hy dit saam met hulle deur. “Ek voel sterk daaroor dat kinders moet verstaan waarom hulle gedissipli­neer word.” EN ding is seker: Vier klein seuntjies eet ’ n mens uit die huis uit. “Die seuns is nog klein en dis reeds rof,” sê Mia. Hulle voel dit veral aan hul begroting. “Ons het besef die oorsese vakansies moet nou maar wag tot die kinders eendag uit die huis is,” sê sy.

En Jay het die som gemaak. “Wanneer die laaste een uit die huis is, is ek 60.”

Met vier seuns kan jy maar verseker wees van ’n deurmekaar­spul. Die tydperk tussen ses- en agtuur saans word in die Du Plessis-huishoudin­g as suicide hour beskryf. “Dan is dit tyd vir bad, eet, stories en slaap,” verduideli­k Jay.

“Dit is ’n prettyd van ’n absolute chaos. As mense wat nie kinders het nie in dié tyd by ons huis instap, sal hulle dink hulle wil nooit kinders hê nie.”

Met ’n reusagtige bed, koningsgro­otte, het Jay en Mia destyds gedink hulle het oorgenoeg slaapplek. Maar met vier seuns het dié bed vinnig baie klein geword.

Op skoolaande moet die kinders in hul eie kamer slaap. Maar dit gebeur nie altyd nie, erken Jay. Wanneer hy weg is vir optredes, slaap al die kinders saam met Mia in die bed.

Al is Jay die sanger, is Mia die een wat gewoonlik vir die seuns sing. “Jaco sê ek gaan hulle toondoof maak, maar hulle is mal daaroor.”

Sy sing vir hulle ou FAK-liedjies soos Suikerbos, Die Oukraallie­djie, Al Lê die Berge Nog So Blou en Jan Pierewiet.

Jay het saam met twee broers en ’n suster grootgewor­d en weet kinders sit partykeer vas.

“Ek wil hê hulle moet mekaar altyd oppas en liefhê, selfs al baklei hulle soms erg. Wanneer die een in die moeilikhei­d beland, moet hy steeds weet sy broer sal altyd daar wees vir hom.”

MIA en Jay erken albei hulle voel soms of die woeligheid hulle oorweldig.

“Met vier seuns in die huis is dit onmoontlik om nie soms kwaad en gefrustree­rd te raak nie,” sê Jay.

“Maar ons vul mekaar goed aan. Ek kan sien wanneer Jaco ruimte nodig het en dan sal ek help om die seuns besig te hou,” vertel Mia. “Hy help weer om hulle rustig te hou wanneer ek ’n blaaskans nodig het. Soos nou die dag toe ek ’n migraine het, toe laat hy die seuntjies vir my ’n warmwaters­ak vir my nek maak.”

Terwyl ons gesels, speel die drie jongstes met ’n kaskar in die straat van die landgoed waarop die Du Plessis-gesin woon. “Mense kom nou van die werk af

‘Kinders moet verstaan waarom hulle gedissipli­neer word’

en ek dink hulle moet inkom,” merk Mia op. Haar woorde is nog nie koud nie, toe verskoon Jay hom vinnig om die kinders te gaan roep.

“Daar is geen beter pa as Jay nie,” sê Mia. “As ek ’n lysie moes opstel van al die eienskappe wat ek in ’n goeie pa wil hê, voldoen hy aan al my vereistes. Hy is soms streng, maar ek weet sonder hom sou die kinders nie sulke goeie dissipline gehad het nie.”

En al bespeur ’n mens vandag die lieflike warboel met vier seuns, het hulle nie ’n gebrek aan maniere nie. Jy hoor hoe mooi die kinders dankie en asseblief sê, en jy sien die respek in hul oë wanneer hul ma of pa praat.

“Ek glo hoe jonger ’n mens dissipline by ’n kind kweek, hoe kleiner is die kans dat hulle eendag ’n misdadiger, dwelm- verslaafde of so iets sal word, want daar is iets binne-in hulle wat sê: ‘Dis reg en dis verkeerd,’ ” verduideli­k Jay. “Ek maak seker daar is geen grys gebiede vir hulle nie. Die kinders moet weet wat reg en verkeerd is. Dit is soms onaangenaa­m om hulle te straf, maar ek weet op die ou einde gaan almal daarby baat vind.”

MET so baie mans in die huis wonder ’n mens of Mia ooit tyd kry vir die soort plesiertji­es wat vroue geniet.

“Bitter min,” sê sy. “Ek het geleer ek kan nie meer op my eie bad of badkamer toe gaan nie; daar is altyd ’n kind saam met my. In ’n stadium het ek Jaco gevra om vir my ’n sleutel vir die badkamerde­ur te laat maak sodat ek soms net 10 minute alleen in die bad kan lê.”

Maar die tempo waarteen die seuns groei, laat haar ook besef hoe kosbaar die besige tyd is.

“Wanneer ek weer sien, gaan hulle groot wees, ’n meisie hê en nie meer hul mamma so nodig hê nie; daarom omhels ek die chaos.”

Hulle beplan nie om nog kinders te hê nie. “Met Jamie wat nog so klein is, besef ons ons ervaar al die babafases nou ’n laaste keer,” sê Jay.

“Dis die laaste keer dat een van ons kinders tande gaan sny. Hy seil nou op sy maag en kruip amper. Alles gebeur nou vir ’n laaste keer, en ons koester die oomblikke meer as ooit.”

Mia het onlangs deur Unisa haar regstudie voltooi. Sy word aanstaande maand tot die hof toegelaat en begin volgende jaar met haar klerkskap as advokaat.

“Ek dink om die beste ma te wees, moet jy jouself ook gelukkig maak,” vertel sy oor dié jare lange passie. Dit was vir haar ’n voorreg om ’n paar jaar voltyds ma te kon wees en soveel tyd saam met die seuns deur te bring.

“Ek voel dis nou ’n goeie tyd om my droom na te jaag omdat Jamie teen volgende jaar al ouer as ’n jaar gaan wees.”

Jay staan bankvas agter haar. “Ek is bly sy gaan nou ook haar drome najaag, want vandat ons mekaar ontmoet het, het sy nog altyd al haar aandag en liefde aan ons kinders geskenk.”

Die sanger is vol bewonderin­g vir hoe sy vrou boonop tussen haar pligte as ma deur “studeer, graad gevang en ’n gesonde verstand behou het en nog lief is vir my. Sy is ’n supervrou!”

HOE hou hulle hul huwelik sterk met vier seuns wat alles oorneem?

“Dit is harde werk. Enige verhouding is,” gee Jay toe. “Ons huwelik het nog ander uitdagings omdat ek dikwels van die huis af weg is. Ons sit partykeer vas, maar ons albei hou altyd die einddoel in sig. Dit gaan vir ons daaroor om ’n gelukkige gesin te hê.”

Hul gehaltetyd saam vorm deesdae deel van hul gesinstyd. Albei lag toe hulle vertel hoe hulle verlede jaar met hul huwelikshe­rdenking ’n aandjie alleen uit beplan het.

Maar die volgende oomblik het dit verander in ’n uitstappie waar die

hele gesin saam Subway-toebroodji­es in die Menlyn Park-winkelsent­rum gaan eet het.

Hulle probeer ook om nie voor die kinders te baklei nie. En omdat ’n mens se stemtoon nege uit die 10 keer styg wanneer koppe gestamp word, los hulle dikwels geskille met behulp van WhatsApp-boodskappe op.

“Jaco sal onder op die bank sit en ek bo in die slaapkamer en dan skryf ons vir mekaar opstelle. En so kry ons op skrif ’n oplossing sonder enige geskree of ’n woordewiss­eling,” vertel Mia.

Die egpaar se grootste wens vir hul seuns is dat die kinders altyd sal weet hulle het ’n veilige hawe by hul ouers.

“Dit gebeur so dikwels dat kinders die ouerhuis verlaat en hul verhouding met hul ouers mettertyd vervaag,” sê Mia.

“My wens is dat hulle altyd sal terugkom na ons toe en sal weet hul plek is hier.”

Jay vertel vertroue is vir hom die belangriks­te.

“Ek besef daar gaan tye wees dat hulle nonsens gaan aanjaag. Maar wanneer dit gebeur, wil ek hê hulle moet altyd die vrymoedigh­eid hê om my die waarheid te vertel sodat ek hulle kan help,” sê hy.

“Ek probeer die seuns van jongs af leer om nie vir my of hul ma te te jok nie, want wanneer hulle vir ons jok, kan ons hulle nie help nie.”

Dis nie net die gesin se VIA- werklikhei­dsreeks wat in die volgende paar dae voorlê nie. Jay vier ook sy 21ste jaar in die musiekbedr­yf met die uitreiking van ’ n splinternu­we soloalbum. Die werktitel is Suurstof, die titel van ’n liefdeslie­djie op die album wat deur Johan Oberholzer geskryf is en Jay aan sy vrou opdra.

Hy het ’ n lang pad in die vermaakbed­ryf gestap, van lid in ’n a cappellasa­nggroep, rolle in musiekprod­uksies, verskeie duette, ’n rol in ’n fliek tot 16 jaar as deel van Eden, die groep waarin hy naam gemaak het voor hy met sy sololoopba­an begin het.

“Ek was enkellopen­d, toe trou ek en kry vier kinders,” sê hy.

In elke lewensfase het sy liedjies meer volwasse geword. “My musiek se styl gaan nie verander nie, maar ek gee op dié album meer aandag aan dieper, meer intieme en egte inhoud.”

Dit word uitgereik terwyl Jay en die Boys uitgesaai word en die program se temaliedji­e, So Lank Sal Ek Jou Liefhê, is ook daarop. Van dié lirieke lui:

Hoe lank gaan ek jou liefhê ? Tot die branders almal stil lê En die groenste woude groei in die woestyn En hoe lank sal jy my liefhê Totdat ek my kop gaan neerlê En nog steeds sal jy my hart by jou hê So lank sal ek jou liefhê . . . Jay en die Boys begin op 19 September om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147).

‘Wanneer hulle nonsens aanjaag, moet hulle die vrymoedigh­eid hê om die waarheid te praat sodat ek hulle kan help’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die sanger Jay saam met sy vier seuns. Agter is Aidan (links) en Samuel en voor sit baba Jamie en Luka. REGS: Jay en sy vrou, u, Mia, saam met hul vier woelwaters in die boomhuis wat hulle as deel van hul VIA-werklikhei­dsreeks, Jay en die Boys, bou.
HOOFFOTO: Die sanger Jay saam met sy vier seuns. Agter is Aidan (links) en Samuel en voor sit baba Jamie en Luka. REGS: Jay en sy vrou, u, Mia, saam met hul vier woelwaters in die boomhuis wat hulle as deel van hul VIA-werklikhei­dsreeks, Jay en die Boys, bou.
 ??  ?? (Van vorige bladsy) Jay en Mia vertel hulle vul mekaar goed aan wanneer dit by die grootmaak van hul kroos kom.
(Van vorige bladsy) Jay en Mia vertel hulle vul mekaar goed aan wanneer dit by die grootmaak van hul kroos kom.
 ??  ?? Jay speel saam met die seuns krieket op hul grasperk in Pretoria-Oos. Luka boul, Aidan doen veldwerk en Samuel is paaltjiewa­gter.
Jay speel saam met die seuns krieket op hul grasperk in Pretoria-Oos. Luka boul, Aidan doen veldwerk en Samuel is paaltjiewa­gter.
 ??  ?? Van links is Luka, Jay, Aidan en Samuel langs die visw viswaters. Jay wil hê sy seun seuns moet mekaar oppas en liefhê en in swaar tye daar wees vir mekaar.
Van links is Luka, Jay, Aidan en Samuel langs die visw viswaters. Jay wil hê sy seun seuns moet mekaar oppas en liefhê en in swaar tye daar wees vir mekaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa