Huisgenoot

Rekord-orkaan Irma se verwoestin­g

Lewensverl­ies, vernietigd­e geboue en reuseontru­imings – Orkaan Irma se pad van verwoestin­g laat die rekords spat

- Saamgestel deur SANDY COOK

KORT op die hakke van die vernietige­nde orkaan Harvey het die skrikwekke­nde Irma gevolg. Dié kategorie 5-orkaan het die rekords laat spat met ’n pad van verwoestin­g, eers oor die Karibiese Eilande, waarna dit weswaarts gedraai en koers gekies het na Florida. Irma het teen druktyd minstens 33 lewens geëis en een van die grootste ontruiming­s in die geskiedeni­s van die Bahama-eilande en moontlik Amerika genoodsaak.

Die owerheid het nie doekies omgedraai nie, veral vir inwoners van die kwesbare Florida Keys: Gee pad of sien maar self en kom klaar.

Die hewige storm het dreigend oor die Atlantiese Oseaan beweeg en geswel tot ’n gebied groter as Frankryk. Dis aangeblaas deur die warm seestrome. Die eilande in sy pad het nie ’n kans gehad nie en talle is in puin gelê.

Megan Grundling, oorspronkl­ik van die Wes-Kaap, is een van sowat 280 SuidAfrika­ners op die Britse Maagde-eilande wat om hulp gesmeek het. Sy woon in Cane Garden Bay in Tortola, wat deur sterk winde geteister is. “Dis werklik skrikwekke­nd,” het sy aan HeraldLIVE gesê. “Daar is geen elektrisit­eit nie en die paaie is onbegaanba­ar. Ek is dankbaar ek leef. Ons het dringend hulp nodig,” het Megan, ’n finansiële kontroleur, gesê.

Teen druktyd was dit vier dae sedert Madeleen Rabie (52) van Pearly Beach in die Overstrand laas kontak gemaak het met haar seun, Alex de Villiers (24), en sy vrou, Nicole (22), wat sedert Januarie in Tortola woon. Alex werk vir ’n motorhande­laar en Nicole in ’n restaurant.

Nadat Irma dié eiland op Woensdag 6 September getref het, kon Madeleen nie kontak met die paartjie maak nie omdat hulle van die buitewêrel­d afgesny is. Sy het 31 uur angstig gewag. Toe flits ’n teksboodsk­ap van ’n vreemde nommer op haar selfoonske­rm: “Haai, Ma. Dis Alex. Ons is oukei. Geen sein. Eiland is ’n ramp,” vertel Madeleen aan Huisgenoot.

“Ek het dadelik die nommer gebel. ’n Vreemdelin­g het geantwoord en Alex geroep. Hy kon nie lank praat nie. Hy het net vir my gesê hulle was ses mense wat ses uur lank in ’n badkamer geskuil het.”

Orkaan Jose, wat die eiland na verwagting kort ná Irma sou tref, het net-net by Tortola verbygehou. “Dis die heel eerste orkaan wat hulle beleef het,” vertel Madeleen. “My seun is net gewoond aan Pretoria se donderstor­ms.”

Tallose eilandbewo­ners het hul woonplek verloor; die Britse biljoenêr sir Richard Branson se huis op Necker-eiland in die Britse Maagde-eilande is ook verwoes. Die magnaat (67) het hom in sy wynkelder toegesluit tot die storm bedaar het. Hy het toe na Puerto Rico gereis om ’n herbouplan vir sy huis te koördineer en te help met rampverlig­ting.

Dramatiese foto’s van voor en ná die orkaan wys die omvang van die skade en die herstelwer­k wat voorlê. Sommige eilande het onder plundery deurgeloop en al die belangrike dienste – water, telefone en elektrisit­eit – sou teen druktyd onbepaald buite werking wees.

Hoekom was Irma so sterk?

Dis die eerste aangeteken­de storm wat winde van byna 300 km/h 37 uur aaneenlope­nd gehandhaaf het en was die sterkste storm wat al aangeteken is in die Atlantiese Oseaan, buiten op die Karibiese Eilande en in die Golf van Mexiko. Die orkaan was so kragtig, dit het die see tydelik weggesuig van strande in Florida en die Bahamas, en visse agtergelaa­t.

Ontruimde inwoners is gewaarsku om eers terug te keer huis toe nadat die wind bedaar het, want stormbrand­ers van tot 4,5 m is om die kus van Florida verwag.

Nes nog talle orkane in die Atlantiese Oseaan het Irma naby Kaap Verde aan die noordwesku­s van Afrika ontstaan. Kaap Verdiese storms kan superkragt­ig word weens die lang afstand wat dit oor die ekwatorial­e Atlantiese Oseaan aflê voor dit die land bereik en verswak, verduideli­k Neal Dorst, ’n meteoroloo­g by die Nasionale Oseaniese en Atmosferie­se Administra­sie in Amerika.

Die volmaakte sameloop van omstandigh­ede het Irma omskep in die monster wat sy geword het. The Washington Post berig ’n kombinasie van swak winde in die Atlantiese Oseaan, baie warm seetempera­ture en die feit dat die kern van die storm oor die oop water kon bly sonder dat dit ’n groot kus bereik het, het tot die orkaan se katastrofi­ese krag gelei.

Die “windversku­iwing” oor die Atlantiese Oseaan was vanjaar laag vergeleke met vorige jare. Windversku­iwing, ’n veranderin­g in windsnelhe­id of -rigting met hoogte, is geneig om ’n orkaan uitmekaar te skeur en sy krag te versprei. In kalm toestande kan “siklogenes­e” voorkom, wat beteken ’n orkaan kan vorm.

Met buitengewo­on lae windversku­iwing oor die Atlantiese Oseaan en Karibiese See was ’n aktiewe orkaanseis­oen dus al maande aan die broei.

 ??  ?? HOOFFOTO: Dit is al wat oorgebly het nadat Orkaan Irma gewoed het deur die weelderige Bitter End-seiljagklu­b (BO) op die Britse Maagde-eiland Virgin Gorda.
HOOFFOTO: Dit is al wat oorgebly het nadat Orkaan Irma gewoed het deur die weelderige Bitter End-seiljagklu­b (BO) op die Britse Maagde-eiland Virgin Gorda.
 ??  ?? NOU BO: Die strandkuie­rplek Honky Tonk Bar op die Karibiese Eiland St. Martin kon nie staande bly teen Irma se aanslag nie. REGS: Sir Richard Branson se luukse woning op Necker-eiland het ook in die slag gebly. Die magnaat beywer hom nou vir...
NOU BO: Die strandkuie­rplek Honky Tonk Bar op die Karibiese Eiland St. Martin kon nie staande bly teen Irma se aanslag nie. REGS: Sir Richard Branson se luukse woning op Necker-eiland het ook in die slag gebly. Die magnaat beywer hom nou vir...
 ??  ?? EERS
EERS
 ??  ?? EERS
EERS
 ??  ?? NOU
NOU
 ??  ?? NOU
NOU
 ??  ?? EERS
EERS
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa