Huisgenoot

Karlien gee Angelique tweelingra­ad

Angelique en Karlien word albei binnekort weer ma. Die sangeres skryf vir haar vriendin oor die vreugde van ’n tweeling

-

H ULLE is twee van die blinkste sterre in die Afrikaanse vermaakbed­ryf, goeie vriendinne – en binnekort word albei weer ma.

Om die kroon te span, sal albei dan ’n tweeling in die huis hê. Ja, ons praat van die aktrise Angelique Potgieter en die sangeres Karlien van Jaarsveld.

Die 31jarige Karlien het reeds ’n tweeling, Eliah en Daniël (3). Nou verwag sy en haar man, Joe Breytenbac­h (33), met wie sy vroeër vanjaar getroud is, hul eersteling.

En verlede week het Huisgenoot die nuus gedeel Angelique (34) en haar man, die voormalige Springbok Jacques Potgieter (31), verwag tweelingdo­gtertjies. Angelique en Jacques se eersteling, Jacques jr., is nou 10 maande oud.

In ’n brief wat Karlien eksklusief met Huisgenoot deel, skryf sy vir Angelique oor die vreugde van tweelingba­bas. Toe jy sê jy gaan in my skoene loop, het ek nie verwag jy sou sê julle kry ook ’n tweeling nie?!

Wow, my skat, ek het sommer al die emosiesvan­voorafbele­efenonthou­hoe ek gevoel het toe ons uitvind ons kry twee babatjies.

Ek was heeltemal oorweldig; ek kon nie ophou lag nie. En tot vandag toe laat hierdie twee seuns my hardop uit my maag lag.

Ek het nie agtergekom hoe dikwels ek hulle vra: “Is julle twee nog lief vir my?” nie. Tot Eliah nou vir my begin sê het: “Hou op om dit vir ons te sê; ons is lief vir jou.” Maar, jinne, ek kan dit nie genoeg vir hulle sê nie en kan net nie genoeg daarvan kry om dit uit hul mond te hoor nie. Sjoe, dis ’n seën, my vriendin.

Ek weet jou situasie sal taaier wees as myne, want jou ou seuntjie sal ook maar nog klein wees wanneer daai twee van jou kom.

Ek moet sê, ek is nie ’n voorstande­r van mense wat praat sonder dat hulle self iets ervaar het nie. Al dink jy jy verstaan iemand se situasie, belowe ek jou, as jy nie self daardeur was nie, weet jy niks! En nee, jy kan jouself beslis nie in iemand anders se situasie “indink” nie. Elkeen se pad is anders en uniek, en dit maak dit spesiaal. Ons moet liewer by mekaar leer uit ervaring as om ’n mond vol woorde te hê wat op die ou einde geen gewig en waarde dra nie.

Nou, ek weet tot dusver nog net van twee babas op een slag. Ek weet Anna (Annatjie van Jaarsveld, Karlien se skoonsuste­r wat getroud is met haar broer, Bobby van Jaarsveld) het menigmale in ons huis ingekom en gesê sy sou dit nie kon doen nie; dit voel asof sy wil weghardloo­p. Dit moet dus anders wees as een op ’n slag?

‘Elkeen se pad is anders en uniek, en dit maak dit spesiaal’

Wat vir my so wonderlik is, is Eliah en Daniël se band. Dis onbreekbaa­r. Hulle het altyd ’n maatjie en doen letterlik niks sonder mekaar nie; hulle staan tot bymekaar en gesels terwyl die ander een nommertwee. En ek weet ook al, hulle is so “in sync” met mekaar, wanneer die een genommertw­ee het, sal die ander een beslis ook. Wanneer die een eerste in die kar klim, sê hy vinnig vir my: “Moenie vir my boetie wegry nie.”

Wanneer ek te vinnig loop vir die een, dan sê die ander een: “Moenie vir my boetie wegloop nie.” Dis so oulik!

Hulle steel mekaar se fopspeen; hulle trek mekaar se hare; hulle klap mekaar gereeld. (Al vandat hulle in my maag was, het ons dit op die sonars gesien. Daniël het Eliah gewoonlik geskop.) Hulle vat mekaar se karretjies af en skree dan asof dit die laaste keer sal wees dat hulle hul stembande gebruik.

Die een is gewoonlik ’n bietjie vinniger in sekere goed as die ander een. Eliah is nou in ’n stadium dat hy iets verskrikli­ks huil wanneer hy verloor en Daniël wen (as hy maar net weet hoe baiekeer ’n mens verloor in die lewe, maar in dié stadium van sy lewe is dit vir hom einde-van-diewêreld-situasies).

Hulle skree gelyk; hulle lag gelyk; hulle mors gelyk. Hulle was, dank die Here, van die begin af in presies dieselfde roetine. Ek was baie streng daarmee en tot nou toe het hulle nog roetine, behalwe middagslap­ies; dis nou moeiliker om te beheer.

Kry jou babatjies van die begin af in dieselfde roetine, anders sal jy niks slaap of rus nie, my skat! Niks!

Hou jou mamma naby jou; ek weet sy is klaar ’n juweel vir jou, maar ek kan nie vir jou verduideli­k hoe baie respek jy vir haar sal kry ná jou eie kindertjie­s nie.

As jy bevoorreg sal wees om ’n nagsuster te hê wat jou soms kan help, sal jy ’n bietjie krag kan opbou en hulle nog meer geniet. (Hoewel ek altyd ook saam met ons nagsuster opgestaan het, want ek kan nogal erg paranoïes wees. Maar dit maak steeds so ’n groot verskil, die ekstra paar hande.)

Elke oomblik, van die begin van my swangerska­p tot vandag toe, is vir my kosbaarder as wat woorde kan sê.

As jy nie kan borsvoed nie, maak nou reeds ’n plan om borsmelk in die hande te kry, veral as dit dalk so gebeur dat hulle ’n bietjie vroeg gebore word. Ek was glad nie voorbereid op “as” my kinders vroeg gebore word nie. En toe hulle op 33 weke kom, was die skok vir my ongeloofli­k groot. Daai klein lyfies met al daai pypies en dinge in is so swaar om te sien.

Ek het drie en ’n half weke omgehuil terwyl my seuntjies in hoësorg moes sterk word en was permanent in die hospitaal by hulle.

En dan veral is borsmelk van die uiterste belang. Ek het ’n groepie op WhatsApp gehad, di e “m el kkoeie”; dit was vyf vriendinne wat vir my uitgemelk en dan borsmelk gevries en gebring het. My vrieskas was vol daarvan! Ek is hulle oneindig dankbaar. Ek het dan die borsmelk op my stoof gepasteuri­seer en my seuns dit gegee. En elke keer die vriendinne laat weet hoeveel melk die twee in watter stadiums drink.

’n Vriendin was een van die vroutjies wat so goed was vir my om van haar borsmelk ook te gee, kolostrum! Ons babas is in dieselfde tyd gebore. Nou die dag sien my seuns die eerste keer die vriendin en hardloop na haar asof hulle haaraljare­lankken! Dinkdissek­erdaai konneksie? Want hulle kan eintlik nogal menssku wees.

Wanneer hulle gelyk wil begin sit, raak dit rowwer, en dan staan en dan loop – elke fase rowwer, maar ’n mens pas net weer aan.

Ek onthou wanneer Annatjie vir my kom kuier het en hul seuns in ’n ander stadium as myne was. Hulle het so baie geraas en geskree, ek het regtig altyd daarna uitgesien dat sy sê hulle gaan nou ry, want my kop wou bars van daai geraas. En dan kom joune in daai stadium, dan hoor jy nie eens die geraas nie, en dan wil ander mense met babas weer hê jy moenie te lank kuier nie.

Die een sal partykeer omval omdat jy nie albei betyds kon keer nie; die een slaap nie altyd so goed soos die ander een nie en een eet ook beter as die ander, in ons geval.

Hul persoonlik­hede is heeltemal uiteenlope­nd, en geheel en al uniek. Dis soos om twee keer swanger te gewees het, maar op een slag – as dit sin maak.

God het jou uitgekies om die situasie te hanteer; so jy sal dit beslis kan doen. Dis ’n ongeloofli­ke vreugde!

Jy is ’n pragtige mamma! Geniet elke oomblik. En onthou: Ek is net ’ n oproep ver.

Al my liefde, mooie Angie.

 ??  ?? LINKS: Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar tweeling, Daniël en Eliah. HEEL LINKS: Die aktrise Angelique Potgieter en Karlien is vriendinne en binnekort word albei weer ma. Dan sal elkeen ’n tweeling in die huis hê.
LINKS: Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar tweeling, Daniël en Eliah. HEEL LINKS: Die aktrise Angelique Potgieter en Karlien is vriendinne en binnekort word albei weer ma. Dan sal elkeen ’n tweeling in die huis hê.
 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL BO: Angelique en haar man, Jacques Potgieter, hul seun, Jacques jr., en Angelique se ma, Lynette Stemmet; Angelique en Karlien; Karlien se tweeling word in Desember vier jaar oud.
VAN HEEL BO: Angelique en haar man, Jacques Potgieter, hul seun, Jacques jr., en Angelique se ma, Lynette Stemmet; Angelique en Karlien; Karlien se tweeling word in Desember vier jaar oud.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa