Huisgenoot

1 ‘MY MAN LOS MY OP MY STERFBED’

Haar man het van haar geskei – toe oorleef sy en vind nuwe liefde, al is sy aan ’n rolstoel gekluister. Die verhaal van Riona Kelly het julle diep geraak

- HIEROOR GONS DIT OP HUISGENOOT.COM

My geliefde het my ook ná ’n lang siekte gelos.

Dis die seerste seer wat jy kan kry, maar ek sal opstaan nes jy, Riona, want jy is my groot inspirasie. – CORNELIA VAN DER MERWE

Ek weet waardeur jy is.

Ek het ’n beroerte gehad en was verlam aan my linkerkant. Ek was bang my man los my, maar hy is steeds my rots. Die Here was goed. – MAGDELENE KOEKEMOER

Jy is ’n sterk mens.

’n Man wat nie aan jou sy kon staan nadat jy verlam geraak het nie, het jou in elk geval nooit verdien nie. Jy is beeldskoon. Sterkte, mooi mens. – BARBARA LIEBENBERG

Jou eksman gaan spyt wees.

Dit gaan soos ’n klip op sy kop val. Jy is beeldskoon, Riona. Jy verdien die wêreld se geluk met jou sonstraalg­limlag. Beste wense. – ANGELIQUE MYBURGH

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa