Huisgenoot

’N VRIENDIN DUISEND

-

Onlangs klim ek op ’n vliegtuig en gaan kruip weg by ou vriende sonder om my gesin te vertel.

Ek plaas hulle in ’n baie ongemaklik­e situasie, want hulle is ook vriende van my man. My vriendin vra nie vrae nie en behandel my soos ’n koningin – tot sy besluit: Nou praat ons.

Vriendin, dankie vir die preek wat jy my gegee het. Ek het dit nodig gehad. Dankie dat jy steeds my vriendin is, al het ek so baie druk op jou geplaas. Jy is kosbaar en onvervangb­aar. BEV, WINDHOEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa