Huisgenoot

Noodhulp

-

Deur kalm te bly en die regte hulp aan te bied kan jy in ’n noodgeval van groot nut wees

WEET jy wat om te doen wanneer iemand beseer of skielik siek word? Met ’n basiese kennis van noodhulp kan jy ’n groot hulp wees of selfs ’n lewe red. Jy weet seker wat noodhulp is: die behandelin­g wat ’n mens op beseerde of siek mense toepas tot kundige mediese bystand opdaag.

DOELWITTE

Noodhulp is nie altyd ’n saak van lewe en dood nie. Dit kan iets eenvoudigs behels, soos om ’ n splinter uit iemand se vinger te haal en ’ n pleister daarop te plak. Maar dit kan ook nodig wees om op ’n ongeluksto­neel eerstehulp te verleen. Wat ook al die situasie is, noodhulp se oogmerk is altyd om lewens te red of nog beserings of siekte te verhinder en herstel aan te moedig.

Die goue reël wanneer jy iemand probeer help, is om noodhulp veilig te verleen. Jy kan selfs sonder enige noodhulpke­nnis die regte dinge doen, soos om die beseerde moed in te praat, die omgewing te beveilig, dadelik mediese hulp te ontbied, omstanders se hulp te vra en soveel moontlik inligting aan die ambulansme­nse te verskaf.

NOODHULP IN SUID-AFRIKA

Dit sal baie goed wees as jy noodhulpke­nnis kan opdoen. So kan jy gereed wees vir ’n noodsituas­ie. Talle organisasi­es in ons land verskaf opleiding en noodhulpto­erusting, soos:

S Die Suid- Afrikaanse Noodhulpli­ga, firstaidle­ague. co. za, 012- 644- 0918 of 083-675-2720. S First Aid Academy, firstaidac­ademy.co. za, 021-696-8292, 072-180-2303 of 083496-4594. S Sint John-ambulansdi­ens, stjohn.org. za, 086-101-7404. Resussitas­ieraad van Suider-Afrika, S resus.co.za, 011-478-3989.

Miskien kan jy by jou skool vra of jy noodhulp kan leer. Jy kan ook by jou munisipali­teit uitvind waar jy ’ n geakkredit­eerde noodhulpku­rsus kan volg.

 ??  ?? Ontbied paramedici in ’n noodgeval en wees gereed om ook te help.
Ontbied paramedici in ’n noodgeval en wees gereed om ook te help.
 ??  ?? Kardiopulm­onêre resussitas­ie word in ’n noodhulpkl­as geoefen.
Kardiopulm­onêre resussitas­ie word in ’n noodhulpkl­as geoefen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa