Huisgenoot

VEL WAT AFDOP VAN SONBRAND

-

Vel wat ná sonbrand afdop, is ’n normale proses in die helingstyd. Aangesien sonbrand enige deel van die vel kan aantas, kan vel wat agterna afdop op sigbare dele voorkom. Dit kan ’n hewige gejeuk en brandgevoe­l veroorsaak. Gevolglik kan jy in die versoeking kom om van die velletjies wat loskom ontslae te raak deur dit af te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa