Huisgenoot

HOEKOM SONSKERM SO BELANGRIK IS

-

’n Sonskerm tree soos ’n baie dun koeëlvaste baadjie op om die ultraviole­t-(UV-)strale te keer voor dit die vel kan bereik en skade aanrig. Dit bevat organiese sonskermmo­lekules wat UVstrale absorbeer en anorganies­e pigmente wat die strale absorbeer, versprei en weerkaats.

WAT IS SBF?

Die afkorting SBF staan vir sonbeskerm­ingsfaktor. Sonskerms kombineer verskeie bestanddel­e wat help voorkom dat die son se UV-bestraling die vel bereik. UVB is die hoofskuldi­ge agter sonbrand. UVA-strale, wat die vel dieper binnedring, word verbind met plooie, leeragtigh­eid, afsakking en ander uitwerking­s van verouderin­g weens lig. Sonskerms se vermoë wissel om jou teen UVA en UVB te beskerm. Die meeste sonskerms met ’n SBF van 15 of hoër bied uitstekend­e beskerming teen UVB. So werk dit: As dit 20 minute duur voor jou onbeskermd­e vel begin rooi word, sal ’n SBF-15-sonskerm teoreties 15 keer so lank verhoed dat jy rooi word – sowat vyf uur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa