Huisgenoot

VERSLAG VAN SKANDE

KPMG SA het sy bevindings teruggetre­k wat Gordhan en top-SAIDampten­are se koppe laat rol het. Wat behels dié gemors – en wat nou?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG EKSTRA BRONNE: THECONVERS­ATION.COM, DAILYMAVER­ICK. CO.ZA, NEWS24.CO

SELFS al het jy nooit iemand nodig om jou boeke te doen nie, het jy nou al waarskynli­k van KPMG gehoor – en om al die verkeerde redes.

Dié wêreldwye ouditeursf­irma het onlangs sy Suid-Afrikaanse topbestuur vervang weens ’n twyfelagti­ge verslag wat mense van KPMG SA vir die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) opgestel het.

Dié verslag is glo gebruik om van ons voormalige minister van finansies Pravin Gordhan en topamptena­re van die SAID ontslae te raak. KPMG SA het intussen sy bevindings in dié verslag teruggetre­k. Boonop het die maatskappy jammer gesê hulle het nie vroeër al hul bande met die omstrede Gupta-broers se maatskappy­e verbreek nie.

Maar hoe het so ’n gerespekte­erde firma by dié morsige politiek betrokke geraak – en wat is die implikasie­s daarvan?

WAT HET KPMG AANGEVANG?

Kort nadat pres. Jacob Zuma vir Tom Moyane as nuwe SAID-baas aangestel het, het dié KPMG einde 2014 gevra om beweerde onreëlmati­ghede in die SAID te ondersoek – en spesifiek ’n “koverte eenheid” wat glo op Zuma en nog hooggeplaa­stes gespioenee­r het. Dit was ná berigte in die Sunday Times (wat hulle heelwat later sou terugtrek) oor die bestaan van die eenheid. Die SAID se destydse hoof van ondersoeke, Johann van Loggerenbe­rg, adjunkkomm­issaris, Ivan Pillay, en nog senior amptenare is daarby betrek. En later ook Gordhan, wat SAID-kommissari­s was toe die eenheid geskep is. Einde 2015 het KPMG ’n weergawe van hul finale verslag aan Moyane oorhandig. Daarin is bevind die eenheid was “onwettig” en die betrokkene­s moes ondersoek word. Maar KPMG het sleutel figure, soos Pillay en Van Loggerenbe­rg, glad n ie on- dervra vir hul weergawe nie.

Die kwessie van die ondersoeke­enheid is tydelik op die agtergrond geskuif toe Zuma verplig word om Gordhan as minister van finansies terug te bring.

Gordhan het gelas Moyane moet sy SAID-herstruktu­rering staak, maar dié het geweier. Hy het die beskuldigi­ngs van die koverte eenheid, wat die peperduur KPMG-verslag bekragtig het, gebruik om van onder andere Pillay en Van Loggerenbe­rg ontslae te raak.

Mettertyd is onthul die eenheid is wel wettig tot stand gebring (as die National Research Group). Maar verlede jaar – maande ná Gordhan se aanstellin­g as minister van finansies – het die Valke hom glo oor sy betrokkenh­eid by die stigting daarvan begin teister.

En nou, nadat die Zuma-kamp ook Gordhan uitgewerk het, kom ’n boetvaardi­ge KPMG en trek hul “gevolgtrek­kings, aanbevelin­gs en regsmening­s” in hul gewraakte verslag terug. Hulle noem Gordhan spesifiek in hul verskoning.

KPMG erken dus hulle het ’n aandeel gehad in ’ n misleidend­e verslag wat glo kwaadwilli­g aangewend is om van Gordhan en topamptena­re van die SAID ontslae te raak.

Hieroor het Gordhan in ’n verklaring gesê: “Ek verwelkom dit dat KPMG die SAID-verslag terugtrek, maar is verbaas

oor die min erns waarmee aarmee hulle hul rol in die ‘kaping’ van die inkomstedi­ens bejeën, asook die enorme skade wat hulle ’n hoog profession­ele, eerlike en lojale groep staatsampt­enare se loopbaan en aansien berokken het.

“Maar die kern van die saak is die skade wat ons staatsinst­ellings, demokrasie en bowenal Suid-Afrika se mense – vir wie ons ’n beter lewe wil hê – gely het.”

WAAR PAS DIE GUPTAS IN?

Pleks van verskillen­de oogpunte en teenstrydi­ghede by hul ondersoek na die omstrede eenheid insluit, het KPMG SA eintlik die SAID se eie, bestaande gevolgtrek­kings geneem en toe stawende getuienis gesoek, verduideli­k Hussein Solomon, senior professor aan die Universite­it van die Vrystaat se departemen­t politieke studies en regering.

Gordhan was veral ongelukkig omdat hy, Pillay en nog hooffigure nie ondervra is nie. En toe hulle van hul kant af getuienis verskaf oor waarom die eenheid nodig en wettig was, is dié getuienis nie by die verslag ingesluit nie. Die proses “blyk dus van die begin af bevooroord­eeld te gewees het”, sê Hussein.

Dit beteken die verslag het bewys wat Moyane wou hê dit moes bewys.

KPMG het hier “duidelik ’n onreëlmati­ge proses gevolg, nie in ooreenstem­ming met ouditeurs se profession­ele gedragskod­e nie, en bepaalde politieke belange in die hand gewerk”, meen prof. André Duvenhage, politieke wetenskapl­ike aan die Noordwes-universite­it.

Rakende die omstrede ondersoeke­enheid “moet mense onthou dié eenheid – en die meeste inkomstedi­enste het so ’n eenheid – is destyds gevestig om groot spelers te jag, dié wat miljoene of biljoene se belasting ontduik. En kyk ’n mens dan hoe min belasting die Guptabroer­s betaal het . . .” sê Hussein.

Moyane is ook baie na aan die president se seun Duduzane Zuma, sê hy.

KPMG, wat in 2002 Gupta-maatskappy­e begin oudit het, erken in hul onlangse verklaring KPMG SA moes al voor Maart 2016 as ouditeurs van Guptaentit­eite bedank het.

Maar hoewel diedi oudits van Guptaentit­eite soms nie aan verwagte gehalte en ouditstand­aarde voldoen het nie, kon KPMG Internasio­naal glo geen bewyse van oneerlikhe­id of onetiese gedrag by die betrokke ouditspann­e kry nie.

KPMG voeg wel by die bestuur van Gupta-maatskappy­e het soms misleidend en onvoldoend­e gereageer op ouditspann­e se navrae.

Die firma se bekentenis wys weer hoe staatskapi­ng die korporatie­we sfeer binnegedri­ng het, sê Hussein. “Maar ek beskou die bekentenis as positief.”

Volgens hom dui die vertrek van agt topamptena­re van KPMG SA, insluitend die uitvoerend­e hoof, Trevor Hoole, daarop die multinasio­nale groep probeer hul handelsnaa­m beskerm.

WAT NOU VIR DIE SAID?

Moyane het in ’n verklaring oor KPMG se stappe gesê hy oorweeg regsoptred­e teen hulle en dat hul verslag “nie gebrekkig” is nie en die SAID se eiendom is. Hy staan dus blykbaar by ’n verslag wat in onguns gebring is, al sê die outeur daarvan dis verkeerd.

In ’n oënskynlik­e waarskuwin­g aan al sy teenstande­rs het Moyane ook laat hoor: “Die SAID beskou KPMG SA se gedrag as niks minder nie as ’n poging om die inkomstedi­ens, sy leierskorp­s, in besonder die kommissari­s, uit te beeld as onbevoeg, korrup, ondoeltref­fend en synde in ’n heksejag gewikkel.”

Dat KPMG nou “die verslag teruggetre­k het, het groot implikasie­s wat Moyane nie wil oorweeg nie”, verduideli­k Hussein. Want dit kan onder meer die verwagting skep dat mense soos Gordhan, Pillay en Van Loggerenbe­rg heraangest­el of “hul naam ten minste in ere herstel” word.

Moyane dreig blykbaar ook nou om te verhinder dat KPMG SA nog werk kry. Hy wil ’n boodskap aan die korporatie­we sektor oordra, meen Hussein: Óf julle dans na ons pype óf jul maatskappy sal finansieel gestraf word.

“Maar dit mag nie geduld word nie, want so ondermyn hy korporatie­we bestuur. In die breër verband gaan dit immers oor ons demokrasie.”

WAT NOU VIR KPMG SA?

KPMG SA het onderneem hulle sal die R23 miljoen-koste van die gewraakte verslag aan die SAID terugbetaa­l. Daarby sal hulle R 40 miljoen in onderrig-en teenkorrup­sie organisasi­es stort. Laasgenoem­de bedrag is gegrond op die totale inkomste wat hulle uit Gupta-verwante entiteite verdien het, verklaar die firma.

Nhlamu Dlomu, voorheen KPMG SA se hoof van mense en veranderin­g, moet nou as nuwe uitvoerend­e hoof vertroue probeer herstel. “Etiek en integritei­t is fundamente­le waardes van KPMG en sal die beginsels wees wat my leierskap rig,” verklaar sy. Maar dit sal lank duur om hul reputasie te herstel, meen Hussein. Enkele groot firmas het reeds hul bande met KPMG SA verbreek.

Hy meen KPMG SA is dapper dat hulle nou die regte ding gedoen het. “Ek dink die sakesektor moet nou agter KPMG staan.” Firmas en fluitjiebl­asers moet aangemoedi­g word om na vore te kom sodat onreëlmati­ghede in alle sektore blootgelê en sake reggestel kan word, sê Hussein.

WAT BETEKEN DIT VIR ZUMA?

Die hele gemors kan Zuma dalk help om moontlike vervolging vry te spring, sê Hussein. KPMG SA was immers ook betrokke by die vroeëre ondersoek na die 783 klagte van korrupsie en bedrog teen hom. Sy regspan kan nou sê: Hokaai, as dié KPMG-studie oor die SAID gebrekkig was, hoekom dan nie hul ondersoek na die bewerings teen Zuma nie?

“(Die KPMG-gemors) bied die Valke en Shaun Abrahams, hoof van die nasionale vervolging­sgesag – wat Zuma baie graag nie wil vervolg nie – dalk ammunisie,” sê Hussein.

Die gemors kan Zuma help om vervolging vry te spring

 ??  ?? Tom Moyane, SA Inkomstedi­ens-kommissari­s, was omgekrap toe KPMG SA die bevindings van hul verslag oor ’n “koverte eenheid” in die diens terugtrek. SAID- BAAS
Tom Moyane, SA Inkomstedi­ens-kommissari­s, was omgekrap toe KPMG SA die bevindings van hul verslag oor ’n “koverte eenheid” in die diens terugtrek. SAID- BAAS
 ??  ?? Wêreldonde­rnemings wil hulle van pres. Jacob Zuma se Gupta-vriende distansiee­r, sê ontleders.
Wêreldonde­rnemings wil hulle van pres. Jacob Zuma se Gupta-vriende distansiee­r, sê ontleders.
 ??  ??
 ??  ?? Beskuldigi­ngs van ’n koverte eenheid is glo gebruik om Pravin Gordhan (heel links) as minister uit te werk, en vroeër ook van SAID-hoës soos Ivan Pillay (naaslinks) en Johann van Loggerenbe­rg (links) ontslae te raak.
Beskuldigi­ngs van ’n koverte eenheid is glo gebruik om Pravin Gordhan (heel links) as minister uit te werk, en vroeër ook van SAID-hoës soos Ivan Pillay (naaslinks) en Johann van Loggerenbe­rg (links) ontslae te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa