Ons plannet: aarde
Die aarde lyk dalk soos ’n soliede bal wat in die ruimte sweef, maar hy het ’n fassinerende binnekant en vyf lae atmosfeer
DIE aarde is sover bekend al planeet in ons sonnestelsel en dalk ons hele sterrestelsel wat lewe kan onderhou. Water bedek die grootste deel van ons pragtige woonplek – die planeet bestaan uit meer water as land. Wanneer ruimtevaarders vanuit die ruimte terugkyk, laat al die water die aarde blou lyk. Dit is waarom dit ook die Blou Planeet genoem word.
Uit die ruimte gesien, lyk die vastelande bruinerig terwyl wit wolke in die atmosfeer sweef.
DIE ATMOSFEER
Lug is een van die belangrikste vereistes vir lewe op aarde. Maar wat is dit, en het alle planete daarvan?
Lug is ’n ander woord vir atmosfeer. Ons atmosfeer bestaan uit verskillende gasse, waarvan die belangrikstes stikstof (78%) en suurstof (21%) is. Allerhande klein deeltjies soos stof, water, rook en stuifmeel sweef ook in die atmosfeer rond.
Die meeste ander bekende planete het ook ’n atmosfeer, maar dis baie anders as die aarde s’n.
Die atmosfeer beskerm ons planeet onder meer teen die son se skadelike bestraling en giftige gasse. Dit bestaan uit vyf lae: troposfeer, stratosfeer, mesosfeer, termosfeer en eksosfeer.
Die troposfeer is die naaste aan die aarde en sowat 15 km hoog. Dit is die laag waarin ons woon en waarin vliegtuie vlieg. Dit bevat die meeste van die suurstof in ons atmosfeer. Feitlik alle weerstoestande word hier gevorm. Water verdamp om reën, hael, dou of sneeu te word. Winde kan warm of koue weerstoestande meebring.
Die stratosfeer lê bo dit, tot sowat 50 km bokant die aarde. Die osoonlaag, g, wat ons teen die skadelike ultravioletstrale van die e son beskerm, is hierr geleë en dit is waar jy weerballonne sal aantref Volgende is die
mesosfeer, wat tot sowat 85 km bo die aarde strek.trek Hierdie laag van die atmosfeer is baie koud – temperature daal tot selfs -120 °C. Die gasse in die mesosfeer beskerm ons teen meteore wat die atmosfeer binneskiet deur dit te laat uitbrand voor dit die aardoppervlak bereik.
Die termosfeer strek tot 600 km bo die aarde. Dié laag is baie dun, maar die temperatuur neem ietwat toe vanweë die uitwerking van bestraling. Die atome en molekules daarin word ook deur sonbestraling elektries gelaai, en ons gebruik dit om radioseine te stuur en ontvang. Dié elektriese laag veroorsaak ook die poolligte en huisves die Internasionale Ruimtestasie. Die verste laag van die atmosfeer is die
eksosfeer, wat tot sowat 10 000 km bo ons planeet strek. Die boonste grens van die eksosfeer is die oorgangsone tussen die aarde se atmosfeer
en die gewiglose ruimte.
AARDE SE BOU
Ons leef op die aarde se oppervlak, wat die buitekant van die planeet is. Die aarde is nie net ’n soliede bal wat dwarsdeur dieselfde lyk nie. Nes die atmosfeer bestaan dit uit verskillende lae, byna soos ’n ui.
Elke laag wat jy aftrek, word uit verskillende dinge saamgestel wat elkeen ’n unieke doel dien.
Die planeet bestaan uit drie hooflae, naamlik die kors, mantel en kern.
Die kors is die aardoppervlak. Mense kon nog nooit baie diep in die aarde afgaan nie, maar wetenskaplikes het allerhande maniere om uit te vind wat onder die oppervlak aangaan.
Die kors bestaan uit rots en grond, en dit is waarop plante, diere en mense leef.
Op sommige plekke is die kors dikker as ander – onder die oseane is dit dalk net 8 km dik. Ons noem dit die oseaankors. Maar onder ’n vasteland is dit sowat 40 km dik. Ons verwys daarna as kontinentale kors.
Onder die kors is die mantel, wat sowat 2 900 km dik is. Dit bestaan uit halfgestolde rotse en dra sowat 85% van die aarde se algehele gewig by. Sogenaamde mantelrots word in dié laag gevorm. Hierdie rots is so warm dat dit op party plekke so sag soos jellie is.
Wanneer daar ’n swak plek in die kors is, stoot die warm rots boontoe en kan dit uitbars. Dit is hoe vulkaniese uitbarstings gebeur.
Dieper as die mantel is die kern. Dit is on- gelooflik warm en bestaan hoofsaaklik uit yster.
As gevolg hiervan strek ’n groot magneetveld om ons planeet. Dit help onder meer om ons en die atmosfeer teen allerhande skadelike deeltjies en sonwinde te beskerm.
Die kern het twee dele: die soliede binneen die vloeibare buitekern.
Die binnekern bestaan uit soliede yster. Dit is witwarm, maar kan vanweë die uiters hoë druk nie smelt nie. Dit het ’n deursnee van sowat 2 400 km.
Die temperatuur in die binnekern wissel tussen 5 000 en 7 000 °C. Dis net so warm soos die oppervlak van die son!
Die vloeibare buitekern is nagenoeg 2 300 km dik.