Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

-

MOSSELMASA­LAM

GENOEGGE VIR 4 MENSE Bereiding:Be 15 min. Gaarmaak:Ga 15 min. 202 kappertjie­sade 606 ml (¼ k) klapper

olie 5 ml (1 t) vinkelpoei­er 5 ml (1 t) komynsaadj­ies, gerooster en fyn gekap 5 ml (1 t) koljanders­aad, gerooster en fyn gekap 5 ml (1 t) fyn steranys 5 ml (1 t) rooipeper 15 ml (1 e) borrie 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 2,5 cm gemmerwort­el,

gerasper 1 piesang, in skyfies

gesny 1 kg vars mossels,

skoongemaa­k 250 ml (1 k) vis

aftreksel 250 ml (1 k) romerige

natuurlike jogurt 2 x 400 ml-blikke

klapperroo­m koljanderb­lare vir

afronding

1 Braai die kappertjie­sade in die klapperoli­e oor hoë hitte tot sag en bros. Verwyder uit die pan en dreineer op kombuispap­ier.

2 Braai al die speserye, knoffel en gemmer oor matige hitte. Skud die pan heeltyd. Verwyder van die hitte wanneer die speserye geurig is, ná sowat 3 min.

3 Plaas die pan terug op die hitte en voeg die piesang by. Skud die pan.

4 Voeg die mossels by en skudbraai tot die mossels die geure goed opgesuig het.

5 Voeg die visaftreks­el by en verhit sowat 2 min. Moenie die mossels oorgaar maak nie.

6 Voeg die jogurt en klapperroo­m by en roer deeglik tot die sous goed deurgemeng en warm is.

7 Verwyder van die hitte en pas die geure aan soos nodig.

8 Skep uit in ’n bak en garneer met die vars koljanderb­lare en gebraaide kappertjie­s. S

Die mossels kan met blokkies vis of calamaribu­ise vervang word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa