Huisgenoot

Hoekom INvesteer as jy kan OUTvesteer?

Die maatskappy wat versekerin­g op sy kop gekeer het, bied nou OUTvest aan. Dis ’n nuwe, opwindende digitale beleggings­produk wat jou van raad voorsien om jou doelwitte te verwesenli­k deur die beleggings­proses te vereenvoud­ig en jou geld te spaa r

-

NS het almal iets waarvoor ons graag wil spaar: jou kind se opvoeding, ’n eie ondernemin­g, die oorsese reis waaroor jy al so lank droom of ’n deposito vir ’n nuwe huis. Ongelukkig bly dit meestal net by drome en praatjies, want dis moeilik om getrou te spaar en die meeste mense verstaan nie die beleggings­proses nie.

OUTvest wil dit verander. Volgens Grant Locke, medestigte­r van OUTvest, is daar konkrete bewyse dat spaar vir groot aankope pleks van lenings aangaan ’n beduidende uit- werking op ’n huishoudin­g se welvaart het.

Smee nou die spreekwoor­delike yster terwyl dit warm is. Hoe vroeër jy begin, hoe beter – en hoe kleiner die bedrag wat jy sal moet bydra om jou doelwit te bereik.

WAT IS DIT?

OUTvest is ’n digitale beleggings­platform wat die jongste en beste beleggings­tegnologie, adviesstel­sels en fantasties­e aanlyn begrotings­hulpmiddel­s benut om jou te help met die beplanning, daarstelli­ng en verwesenli­king van jou doelwitte. Besluit wat jy wil bereik en OUTvest sal jou daardeur lei. Die

digitale platform maak dit maklik om jou belegging te bestuur. Jy kan aanlyn of deur die OUTvest-app op die hoogte bly van hoe jou planne vorder.

WIE KAN DIT GEBRUIK?

Enigeen kan ’n OUTvesteer­der wees, want ons almal het doelwitte. Of jy nou ’n maklike en lonende manier soek om ’n belastingv­rye spaarreken­ing oop te maak of spesifieke toekomspla­nne het waarvoor jy wil spaar, al wat jy nodig het, is ’ n droom en die dissipline om so min soos R100 per maand te spaar. Jy het nie eens beleggings­ervaring nodig nie. Die digitale OUTvest-adviesstel­sel en spaardoelw­itberekena­ars sal jou help bepaal hoeveel jy moet wegsit en ook ’ n fonds voorstel om jou die doelwitte te help bereik.

WAT GAAN DIT KOS?

OUTvest se fooie is baie min en mededingen­d vergeleke met die bedryfstan­daard. Dit beloop tot so min as 0,8%, alles ingesluit, van jou belegging, na gelang van hoeveel jy belê. Die gebruikers­vriendelik­e prysaanwys­er op die OUTvest-webtuiste sal jou help om OUTvest se fooie te vergelyk met die gemiddelde koste wat op beleggings gehef word.

WAAROM OUTVEST?

OUTvest wil mense se denkwyse oor beleggings verander deur die profession­ele beleggings­proses te vereenvoud­ig. Die voordeel is dat jy sonder die dienste van ’n finansiële adviseur ’ n profession­ele beleggings­plan kan saamstel. Die webtuiste en app word gerugsteun deur gevorderde beleggings­tegnologie en jou geld word belê in unieke fondse, waarvan sommige net deur OUTvest beskikbaar is. Kundiges by ’n inbelsentr­um sal jou help om enige struikelbl­okke te oorkom en jou die nodige raad gee.

“Ons glo OUTvest sal die deursneeme­ns se toegang tot betroubare, profession­ele finansiële raad vergemakli­k,” sê Niel de Bruin, medestigte­r van OUTvest.

IS JOU GELD VEILIG?

Enige belegging hou risiko’s in. Maar die gemoedsrus wat OUTvest jou bied, is die versekerin­g dat jy oor die regte tydperk die regte bedrag in die regte fonds belê het. Dis ook nie noodwendig veiliger om jou geld in ’n bankrekeni­ng te hou as jy oor lang termyn wil belê nie. “Die waarde van die geld wat jy in ’n bankrekeni­ng hou, kan oor ’n langer tydperk nie tred hou met inflasie nie,” sê Grant. Jy moet jou swaarverdi­ende geld belê by maatskappy­e, soos OUTvest, wat deur die Raad op Finansiële Dienste gereguleer word. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa