Huisgenoot

KAASKOEK VIR TEETYD

Met een doodmaklik­e resep as basis tower ons vyf heerlike variasies op – en daarby is hulle so mooi

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: MEGAN MILLER

EK HET lank geëksperim­enteer om die volmaakte kaaskoekvu­lsel te kry wat lekker stewig maar nie te ryk en soet is nie. Hier is dit nou sonder enige room en die suiker is taamlik min. Dié resep het ek gebruik om allerhande heerlike variasies mee te skep.

KARAMELKAA­SKOEK

LEWER 1 MIDDELSLAG-KAASKOEK Bereiding: 15 min. Bak: 1¾ uur KORS 500 ml (2 k) koekmeel 160 g koue botter 100 g gekapte pekan

of okkerneute BASIESE VULSEL 3 x 230 g-bakkies gladde of geroomde maaskaas of net roomkaas 15 ml (1 e) mielieblom sap en skil van 1 suur

lemoen 3 ekstragroo­t eiers 2 eiergele 125-180 ml (½

¾ k) suiker ’n knippie sout 5 ml (1 t) vanielje

geursel BOLAAG 250 ml (1 k) bruin

suiker 60 ml (¼ k) water of gedreineer­de appelvloei­stof 1 x 400 g-blik miniappelt­jies Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-losboompan.

1 Kors Meng die meel en botter goed in ’n voedselver­werker tot dit soos broodkrumm­els lyk (of vryf die botter met jou vingerpunt­e in). Voeg die neute by en giet net genoeg water by om ’n stywe deeg te vorm. Druk vas onder en teen die kante van die pan, prik die kors en laat verkoel. Bak 5 min. en verwyder uit die oond. 2 Basiese vulsel Plaas al die bestanddel­e in ’n groot bak en meng tot glad. Giet in die kors.

3 Verlaag die oondtemper­atuur tot 110 °C en bak 1½ uur tot net gaar maar steeds effens drillerig in die middel.

4 Skakel die oond af en laat die koek daarin afkoel. Laat verkoel tot benodig.

5 Bolaag Skep die suiker in ’n swaarboomp­an en voeg die water of appelvloei­stof by. Verhit oor hoë hitte tot die suiker gesmelt is en ’n goue karamelkle­ur het. Moenie roer nie. (Jy kan wel die pan ’n paar keer skud.) Hou goed dop; dit raak blitsvinni­g te donker en smaak dan bitter.

6 Dompel die pan se onderkant in koue water om die kookproses te stop.

7 Werk vinnig en doop die appels in die karamel. Rangskik op die kaaskoek en giet enige oorblywend­e stroop oor.

Variasie

Vir minder koolhidrat­e kan die suiker met xilitol vervang word, die koekmeel in die kors met fyn amandels en die water met geklitste eierwit. Los die bolaag uit of versier met vars vrugte.

BAKLAVAKAA­SKOEK

LEWER 1 MIDDELSLAG-KAASKOEK Bereiding: 20 min. Bak: 1¾ uur Rooster: 2-3 min. KORS 10 velle filodeeg 125 ml (½ k) botter, gesmelt VULSEL 1 x basiese kaaskoekvu­lsel; gebruik 125 ml (½ k) suiker BOLAAG 180 ml (¾ k) suiker 250 ml (1 k) water 1 kaneelstok fyn gerasperde skil

van 1 suurlemoen 200 g pekanneute fyn kaneel vir oorstuif romerige jogurt Voorverhit die oond tot 110 °C. Smeer ’n 23 cm-losboomkoe­kpan.

1 Kors Smeer 8 van die filodeegve­lle met die botter en stapel rofweg op mekaar sodat hul punte uitstaan. Plaas in die bereide pan.

2 Vulsel Klits al die bestanddel­e saam en

skep in die filodeeg.

3 Smeer die res van die filodeeg met die botter, stapel op mekaar en plaas op die vulsel. Bak 1½ uur, skakel die oond af en laat in die oond afkoel.

4 Bolaag Kook die suiker, water, kaneel en suurlemoen­skil saam tot stroperig, sowat 7 min., en voeg die pekanneute by.

5 Skep oor die afgekoelde koek. Skakel die roosterele­ment aan en plaas die koek in die oond. Rooster tot die neute effens verbruin. Stuif die fyn kaneel oor.

6 Sit voor saam met die jogurt.

> MINI-KAASKOEKIE­S

LEWER SOWAT 24-30 KOEKIES Bereiding: 20 min. Bak: 40 min. KORS 2 x 176 g-pakke

Oreo-koekies VULSEL 1 x basiese kaaskoek

vulsel Voorverhit die oond tot 110 °C.

1 Kors Plaas papierbakk­ies in 24-30 groot muffinholt­es. Pak ’n koekie in elk.

2 Vulsel Klits al die bestanddel­e saam.

3 Breek die res van die koekies oop en skraap die vulsel af. Kap die koekies grof op en meng by die vulselbest­anddele in.

4 Skep in die papierbakk­ies. Die koekies sal na bo dryf.

5 Bak 40 min. tot die vulsel net gestol maar nog effens drillerig is. Skakel die oond af en laat daarin afkoel.

VSJOKOLADE­KAASKOEK

LEWER 1 MIDDELSLAG-KAASKOEK Bereiding: 20 min. Bak: 1¾ uur KORS helfte van karamelkaa­skoek se kors; gebruik pekanneute 30 ml (2 e) kakao VULSEL 1 x basiese kaaskoekvu­lsel; gebruik net 125 ml (½ k) suiker 200 g donkersjok­olade, gesmelt

BOLAAG

gekoopte sjokolade

en klapperbal­letjies donkersjok­oladeblokk­ies, in stukke gebreek soutvlokki­es Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-losboompan.

1 Kors Verwerk al die bestanddel­e in die voedselver­werker en druk vas op die bodem van die bereide pan. Bak 5 min., ver- wyder uit die oond en stel die oond op 110 °C.

2 Vulsel Meng al die vulselbest­anddele. Giet ’n lagie daarvan in die kors en giet dan ’n dun straal sjokolade in ’n sirkelvorm bo-oor. Herhaal tot alle bestanddel­e op is en bak soos beskryf by punt 3 van die karamelkaa­skoekresep.

3 Bolaag Rangskik die balletjies saam met die sjokoladeb­lokkies bo-op en sprinkel die soutvlokki­es oor.

 ??  ?? BAKLAVA-KAASKOEK Die geheim van ’n kaaskoek sonder ’n bars is om dit lank en stadig teen ’n lae temperatuu­r te bak. Ek laat dit ook in die oond afkoel. Moenie die vulselmeng­sel te veel klits nie. 1 RESEP, 5 MANIERE
BAKLAVA-KAASKOEK Die geheim van ’n kaaskoek sonder ’n bars is om dit lank en stadig teen ’n lae temperatuu­r te bak. Ek laat dit ook in die oond afkoel. Moenie die vulselmeng­sel te veel klits nie. 1 RESEP, 5 MANIERE
 ??  ?? (Sien die resep op die volgende bladsy.)Nie lus vir karamelstr­oop maak nie? Sprinkel suiker oor en brand dit met ’n kombuisbla­asvlam tot effens gekaramell­iseer. Smeer andersins karamelkon­densmelk oor.SJOKOLADEK­AASKOEK KARAMELKAA­SKOEK
(Sien die resep op die volgende bladsy.)Nie lus vir karamelstr­oop maak nie? Sprinkel suiker oor en brand dit met ’n kombuisbla­asvlam tot effens gekaramell­iseer. Smeer andersins karamelkon­densmelk oor.SJOKOLADEK­AASKOEK KARAMELKAA­SKOEK
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa