Huisgenoot

KITSKOS BY DIE HUIS

Vermy duur wegneemete­s; maak eerder ons weergawes tuis. Dit is gesonder en goedkoper

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

HOENDERBUR­GER MET BYT

Ons marineer die hoender oornag vir ekstra sappigheid. Die koolslaai kry lekker skop met vars brandrissi­e en geurige koljanderb­lare. LEWER 4 STAPELBURG­ERS Bereiding: 30 min. Marineer: 1 uur of oornag Gaarmaak: 25-30 min. 4 hoenderbor­sfilette olie vir vlakbraai MARINADE 500 ml (2 k) karring

melk 4 knoffelhui­sies,

gekneus 1 brandrissi­e, gekap 60 ml (¼ k) vars kol

janderblar­e, gekap 1 ui, gekap KRUMMEL 250 ml (1 k) meel 5-10 ml (1-2 t) rooi

peper 5 ml (1 t) witpeper 10 ml (2 t) sout KOOLSLAAI 80 ml ( k) mayon

naise 80 ml ( k) natuurlike

volroomjog­urt 2 brandrissi­es,

fyn gekap 60 ml (¼ k) koljander

blare, gekap ½ kopkool, in dun

repies gesny 1 rooi-ui, in baie dun

skyfies gesny sout en vars gemaalde

peper BURGERS 4 velle cheddar 4 broodrolle­tjies,

oopgesny 1 Kap die hoender platter met ’n vleis- hamer of die palm van jou hand. Plaas in ’n marineerba­k.

2 Marinade Meng alles goed en giet oor die hoender. Maak seker dis bedek met die marinade. Plaas die deksel op en marineer minstens 1 uur of verkieslik oornag in die yskas.

3 Krummel Meng die bestanddel­e goed. Haal die hoender uit die marinade, skud die meeste van die marinade af en rol in die meel. Doop weer in die marinade en rol weer in die meel.

4 Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Braai die hoender in sarsies oor matige hitte tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispap­ier.

5 Koolslaai Meng al die bestanddel­e en geur met die sout en peper. 6 Burgers Sny die borsies in 2 gelyke dele. Stapel die koolslaai, hoender en kaas op die rolletjies en sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa