Huisgenoot

DIE HEREHUIS

-

In 1971 het Hugh sy luukse Playboy Mansion in Los Angeles gekoop. Die e huis met 29 vertrekke het bekend geword vir wilde partytjies waar vrouegaste aangesê is om net onderklere te dra. Sterre soos Leonar- rdo DiCaprio, Jack Nicholson, Owen Wilson en Colin Farrell is gereeld op die makieties gesien.

Die rockkoning, Elvis Presley, het t eenkeer in die herehuis oornag en ’n n bed met agt Playmates gedeel.

Dit is die enigste privaat woning in Los Angeles met ’n vuurwerkli­sensie en een van net ’n paar in die stad wat toestemmin­g het om wilde diere aan te hou. Hugh se dieretuin het albino-poue, Afrika-kraanvoëls, slingerape en kaketoes ingesluit.

In die ses seisoene van die werklikhei­dsreeks The Girls Next Door (ook bekend as The Girls of the Playboy Mansion) het TVkykers ’n intieme blik op sy bisarre wêreld gekry. Die program het sy ongewone saamwoonre­ëlings met sy meisies gedokument­eer, onder andere Holly Madison, Bridget Marquardt en Kendra Wilkinson, wat almal tegelyk by hom gewoon het en sy bed soms moes deel. Met tye was tot sewe van hulle onder een dak, en op ’n kol was hy in ’n verhouding met twee susters.

Maar die lewe in die herehuis was geensins so weelderig soos wat uitgemaak is nie. In 2006 het Hugh se eksmeisie Izabella St. James uitgepraat. “Alles het oud en muf gevoel, en Archie die huishond het gereeld sy been binne gelig, wat ’n sterk urineklank­ie tot die reuk van verval bygedra het,” skryf sy in haar memoires, Bunny Tales: Behind Closed Doors at the Playboy Mansion.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa