Huisgenoot

SKAKERINGS-VAN-GROEN-SLAAI

-

Die eenvoudige bestanddel­e word verhef tot iets spesiaals deur die gebruik van aioli en ’n neuterige strooisel.

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10 min.

KRUIE-AIOLI 3-4 knoffelhui­sies 2,5 ml (½ t) seesout ’n hand vol vars gemengde kruie soos grasuie, salie en pietersiel­ie, fyn gekap 2 groot eiergele, kamertempe­ratuur sap van ’n klein suurlemoen 2,5 ml (½ t) mosterdpoe­ier 250 ml (1 k) ekstrasuiw­er olyfolie STROOISEL 3 groot, rou nori-velle (seegras), grof gekrummel 60 ml (¼ k) elk vlas-, chia-, sonneblom-, pampoen- en sesamsaad 60 ml (¼ k) heuning SLAAI 230 g langsteelb­roccoli, in boompies gebreek 400 g murgpampoe­ntjies, in linte gesny met ’n groenteski­ller 1 groen soetrissie, in blokkies gesny 1 selderysti­ngel, gekap 125 g suikerertj­ies 100 g radys, in dun skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei en voer met bakpapier uit.

1 1Kruie- Kruie-aioli aioli Stamp die knoffel saam met die sout in ’n vysel fyn tot ’n pasta vorm. Plaas die knoffelsou­tpasta in ’n lang beker saam met die vars kruie en pols met ’n staafmenge­r tot fyn. Voeg die eiergele, suurlemoen­sap en mosterdpoe­ier by en pols weer. Giet die olie stadig in terwyl jy pols tot ’n dik, glansende aioli bereik word.

2 Strooisel Meng al die bestanddel­e met die heuning tot alles goed bedek en effens klewerig is. Druk die saadmengse­l in ’n dun laag op die bakpapier en bak 8 min. tot bros en goudbruin. Plaas eenkant om af te koel. Wanneer dit heeltemal afgekoel het, breek of kap in ’n strooisel.

3 Slaai Plaas die broccoli in ’n glasbak en bedek 2 min. met kookwater. Plaas onmiddelli­k in yskoue water tot afgekoel. Haal uit en sit op kombuispap­ier.

4 Verhit ’n roosterpan en rooster die murgpampoe­ntjielinte ’n paar sekondes weerskante, plaas op kombuispap­ier en sit eenkant.

5 Plaas al die slaaibesta­nddele op ’n opdienbord, giet die aioli oor en rond af met die strooisel.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa