Huisgenoot

VERLIEF OP VRIENDIN SE PA

-

Ek is 18 jaar oud, in matriek en verlief op my beste vriendin se pa. Sy is die enigste kind. Ek verwonder my aan hul verhouding. Dit bestaan uit soveel omgee. Hulle leef vir mekaar. Boonop lyk hy nog so jonk. My gevoel raak ál sterker vir hom. Hy is nie op die oomblik in ’n ernstige verhouding met iemand nie. Niemand weet hiervan nie. Ek kom dikwels by hulle aan huis. Gee asseblief raad.

PD op LF

As jou vriendin daarvan te wete kom, kan dit natuurlik beteken dat jy haar kan verloor. Plaas jouself in haar skoene as sy daarvan sou uitvind. Sy kan moontlik voel jy het nooit opreg in ’n vriendskap met haar belanggest­el nie en net by haar gaan kuier om haar pa te sien.

Dikwels kom mense wel so iets agter, maar praat net nie daaroor nie. Dan beweeg jy eintlik reeds op dun ys.

Vra jouself of jy werklik op hom verlief is en of jy nie dalk liewer hulle hul hegte verhouding as pa en dogter beny nie. Hoe is jou verhouding met jou eie pa?

Op 18 kan ’n mens maklik ’n vlietende verliefdhe­id ervaar wat met tyd en afstand weer maklik verdwyn.

Dit is waarlik nie die risiko werd om jou aan die ouer man se teenwoordi­gheid bloot te stel net om die vuur in jou hart telkens te laat opvlam nie.

Nooi eerder jou vriendin na jou huis toe of gaan in ’n groep uit sodat jy ook ander mense van jou ouderdom kan ontmoet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa