Huisgenoot

Fliek maak Reeva se ouers briesend

June en Barry se swaar lewe ná hul dogter se dood word vererger deur ’n nuwe film wat haar as koketterig uitbeeld

- Deur PIETER VAN ZYL

‘VERKRAG. Geskend.” Dis hoe June Steenkamp voel. “Elke keer dink jy die stof gaan lê, dan gebeur iets soos dié,” sê haar man, Barry, en vat nog ’n trek van sy Winston Red. Hulle was onlangs in hul restaurant­kroeg, The Barking Spider, in Groenbossi­es, Port Elizabeth, toe iemand vir Barry ’n Facebook-boodskap stuur oor ’n Amerikaans­e rolprent oor die skietdood van hul dogter, Reeva Steenkamp.

Barry het die lokprent van Oscar Pistorius: Blade Runner Killer op sy foon oopgemaak. En daar moes die Steenkamps dit aanskou: tonele wat wys hoe hul oorlede dogter koketterig, geklee in net ’n bra en broekie, in die bed flankeer met die man wat haar ure later sou doodskiet. “Ek kon nie die hele lokprent kyk nie,” sê Barry skerp. “Die slaapkamer­toneel . . . ”

June is ewe heftig. “Dit maak my smoorkwaad. Reeva was suiwer, wonderlik en ’n Christenvr­ou. Sy sou nie so uitgebeeld wou word nie. Hulle beeld haar as sekskatjie uit. Sy is dood. Ons het haar altyd probeer beskerm. Dié mense het nie die reg om haar op so ’n manier uit te beeld nie. Dis ’n leuen.”

Vir die Steenkamps het die lewe in die jare sedert hul dogter se dood nie makliker geword nie. Barry sukkel met sy gesondheid, hulle het nie meer geld vir hul mediese fonds nie, en hulle gaan dalk binnekort hul geliefde restaurant moet verkoop; daarom is die fliek, wat deur die Amerikaans­e firma Lifetime Films gemaak is en op 11 November oorsee uitgereik word, soos growwe sout in hul wonde. Dis nog nie seker wanneer dit in Suid-Afrika te sien sal wees nie.

DIE 77-jarige Barry Steenkamp sit in die son en rook met ’n wit panamahoed op sy kop. Die Steenkamps is in die binnehoffi­e van hul prokureur, Tania Koen, se huis in Somerstran­d, Port Elizabeth.

Barry gesels gemoedelik oor die Bokke wat vanaand weer die kans kry om hul staal teen die All Blacks te wys. “Die Kaap rou seker reeds,” spot Barry. En hy is opgewonde daaroor om volgende week saam met sy vriende ’n week lank langs die Gamtoosriv­ier vis te vang. Tog broei ’n stille woede steeds in hom. ’n Man het June onlangs in ’n winkel hier voorgekeer. “Iemand kom een van die dae uit die tronk,” het die man June gekoggel. Boonop wou die vreemdelin­g hê sy moet Oscar vergewe.

“Ek sal vergewe as ek die waarheid weet oor hoekom my dogter gesterf het,” sê Barry. “Dalk sal die staat se appèl help.”

Op 3 November is Oscar se saak weer in die hof. Dié keer appelleer die staat teen die hooggeregs­hof se vonnis wat Oscar ses jaar tronk toe gestuur het. Die staat vra dat die vonnis tot 15 jaar verleng word. Net June beplan om die hofverrigt­inge by te woon.

En nou word hul pyn nog deur die nuwe rolprent vererger.

Hulle is veral beswaard dat Lifetime sê die fliek vertel die storie uit die perspektie­f van Reeva en haar ma. Hoe kan dit wees? Die vervaardig­ers het dan nooit eens die Steenkamps vir hul insette genader nie.

Barry het ernstige hartproble­me, en June vrees sy ontstelten­is oor die rolprent kan sy doodskoot wees. Hy is in Februarie verlede jaar hospitaal toe vir ’n prostaatbi­opsie. Die narkotiseu­r kom toe agter daar is fout met sy hart; dus moes hulle hom uit die teater stoot en die operasie kon nie voortgaan nie.

Sy regterbeen pla met swak bloedsomlo­op, en hulle vrees dit sal geamputeer moet word.

Met hul sukkelende geldsake moes hulle boonop onlangs hul mediese fonds kanselleer.

Maar ten spyte daarvan sou hulle dit nooit oorweeg om geld van die fliek se vervaardig­ers te aanvaar as dit aangebied sou word nie. “Mense dink ons maak geld uit die fliek,” sê June. “Dit laat my siek voel. Dis bloedgeld. Om ons dogter te verkoop? Nooit.”

Tania beaam hulle verken alle regsroetes en oorweeg al hul opsies. As ’n fliek gemaak word, moet dit met deernis, respek en menswaardi­gheid gedoen word, vertel Barry en June.

June sal graag wil sien dat Charlize Theron Reeva speel. “Sy is ook iemand wat opstaan teen mishandeli­ng en geweld.”

Wat dink sy van die aktrise wat Reeva uitbeeld? June se gesig spreek boekdele.

“Moet niks sê nie,” probeer Barry waarsku. Nog altyd die diplomaat, met min woorde.

“Kom ons sê maar net niemand sal so mooi wees soos Reeva nie,” sê June.

DIE dood het nie ’n einde aan Reeva se swaarkry gemaak nie, vertel haar ma. “Reeva kan nie in vrede rus nie. Sy weet wat aangaan en sy is nie gelukkig daaroor nie.” Minstens nege boeke is deur verskeie mense oor die saak geskryf; daarom wou June ook haar kant vertel in Reeva: A Mother’s Story. Sy het die laaste jaar of twee na Engeland, Nieu- Seeland en Australië gereis op uitnodigin­g om die boek te bemark en voorbrand te maak vir die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation against Abuse of Women and Children.

Hulle doen hul bes om iets konstrukti­efs in haar naam tot stand te bring.

“Die fokus is op die positiewe,” sê Tania. “Die stigting in Reeva se naam is die belangriks­te.” Dit is begin om Reeva se werk voort te sit.

Mense in nood bel June in die middel van die nag wakker. “Ek weet nie waar hulle my nommer in die hande kry nie, maar dis oukei. Ek maak altyd seker die mens of haar kinders is nie in gevaar nie en kry hulle by die regte plek,” vertel June.

Sy wil ’n plek van veilige bewaring langs hul huis in Groenbossi­es bou, maar Tania skop vas. Sy meen dit gaan veroorsaak dat June nooit kan afsluit en terugtree nie. June is vasbeslote om sulke skuilplekk­e oor die land heen oop te maak waar ook basiese benodigdhe­de vir verkragte vroue te kry is: toiletware, skoon klere, handdoeke, ’n skoon en geborge slaapplek.

“Ons wil lewens red,” vertel June. “Dis wat Reeva sou wou hê.”

DINGE by hul restaurant is nie meer altyd lekker nie, sê die Steenkamps. Nuuskierig­e agies daag gereeld daar op en stel oor en oor dieselfde vrae oor wat werklik op die aand van Reeva se dood gebeur het, en: “Kon iemand dit gekeer het?”

Vir ’n bykomende inkomste help Barry deesdae om renperde te versorg.

Tania, wat die Steenkamps sedert 2014 verteenwoo­rdig, is hul beskermeng­el wat verseker hul geldsake veroorsaak nie trauma nie.

Intussen ervaar die Steenkamps hul verlies daagliks.

“Ons is ook ontneem van haar toekoms, haar loopbaan, haar kans op ’n trourok en ’n baba; ons kleinkind,’’ vertel June.

Barry se stem is hees. “Ek sal nooit my kleinkinde­rs ken nie. Ek het my al probeer verbeel hoe hulle sou lyk.”

Daardie aand, ondanks Barry se pessimisme, verloor die Springbokk­e met net een punt teen Nieu-Seeland.

En ’n mens wonder onwillekeu­rig wat die toekoms vir die Steenkamp-egpaar inhou. Gaan hulle altyd so sukkel of sal hulle eendag tog die punt bereik war hulle sal voel hul geliefde Reeva kan eindelik ook rus?

‘Ek sal vergewe as ek die waarheid weet oor hoekom my dogter dood is’

 ??  ??
 ??  ?? Reeva Steenkamp en die Paralimpie­se atleet Oscar Pistorius, wat haar op Valentynsd­ag 2013 doodgeskie­t het.
Reeva Steenkamp en die Paralimpie­se atleet Oscar Pistorius, wat haar op Valentynsd­ag 2013 doodgeskie­t het.
 ??  ?? L LINKS en HEEL LINKS: Barry en June Steenkamp is geskok en met afgryse vervul oor die lo lokprent Dammvir die en Amerikaans­eToni Garrn in fliek tonele Oscar uit Pistorius:die omstrede Blade fliek. Runner Killer. BO: Die akteurs A Andreas
L LINKS en HEEL LINKS: Barry en June Steenkamp is geskok en met afgryse vervul oor die lo lokprent Dammvir die en Amerikaans­eToni Garrn in fliek tonele Oscar uit Pistorius:die omstrede Blade fliek. Runner Killer. BO: Die akteurs A Andreas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa