Huisgenoot

Opgaar bespaar ma van twee fortuin

Ncumisa Ndelu rits die wêreld vol met die geld wat sy danksy winskopiej­agtery spaar. Hier vertelel die ma van twee hoe sy haar rande rek

- Deur NADIM NYKER ER

VAKANSIES in Hongkong, Doebai en China asook ’ n besoek aan Disneyland saam met haar dogter. Teen die koers dat Ncumisa Ndelu die afgelope paar jare rondgerits het, sou ’n mens meen sy moet superryk wees. Maar nee, sy is ’ n doodgewone beroepsvro­u en ma van twee wat luukse vakansies kan bekostig omdat sy geleer het om geld op ’n voor die hand liggende manier te spaar: Sy gaar op. Trouens, sy kan waarskynli­k Suid-Afrika se koningin van opgaar genoem word.

Ncumisa se huis lyk soos ’n pakhuis en is amper beter toegerus as party supermarkt­e.

Soek jy gou twee bottels Handy Andy, ’n pak toiletroll­e en ’n blikkie boontjies? Ncumisa kan op die ingewing van die oomblik na die vertrek langsaan glip en vir jou daarvan kry.

Anders as die meeste van ons wat suinig-suinig in die winkel rondsluip en net genoeg dinge koop om ons deur die week te kry, koop sy omtrent alles in grootmaat en dit boonop lank vooruit.

Enorme pakke toiletware en skoonmaakm­iddels staan haar huis vol. Sy gebruik net soveel soos die res van ons, maar omdat sy in grootmaat koop en artikels langer hou, kos dit haar op die ou einde veel minder.

Ncumisa (40) werk as woordvoerd­er vir KwaZulu-Natal se lid van die uitvoerend­e raad vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, maar dit is net haar dagwerk.

Haar eintlike passie is opgaar, en ’n mens sal glad nie oordryf as jy sê dit het haar hele lewe verander nie.

DIT was nooit haar doel om ’n opgaarkoni­ngin te word nie, vertel sy. “Ek het net altyd geweet ek hou nie daarvan om volprys vir enigiets te betaal nie.” Ncumisa was nog altyd lief daarvoor om niebederfb­are goedere op spesiale aanbieding in grootmaat te koop en dit in elke beskikbare ruimte te bêre.

Sy het haar gewoonte grotendeel­s vir haarself gehou tot sy in 2014 by ’n vrouegroep op Facebook aangesluit het waar hulle oor huishoudel­ike sake gesels.

“Ons het gepraat oor hoe om ’n beetvlek te verwyder, daardie soort ding,” vertel sy.

“Ek het besef my bydrae tot die groep was altyd om vir vroue te sê watter artikels is op uitverkopi­ng en hoeveel hulle kan bespaar deur in grootmaat te koop.

En mense het toe sowaar aandag gegee aan my bydraes.”

Ncumisa het toe in Februarie verlede jaar haar eie Facebook-groep, 1 Family 1 Stockpile, gestig. “Toe ek my weer kom kry, het Facebook vir my ’n kennisgewi­ng gestuur dat die groep ’n mylpaal van 1 000 lede bereik het en in Junie vanjaar het ek 4 000 gehad. Ek is dol daaroor. Minder betaal laat my goed voel,” sê sy.

Haar raad aan mense is om altyd spesiale aanbieding­s van niebederfb­are produkte te soek en dan te koop, selfs al het jy die goedere nie op daardie tydstip nodig nie. Deur droë kosse, skoonmaakm­iddels en toiletware op te gaar, verminder jy nie net op lang termyn jou maandeliks­e inkopierek­ening nie; jy bring ook minder tyd in die winkels deur.

Haar kinders, Chumile (16) en Chumasande (drie maande), trek ook voordeel uit hul ma se spaargewoo­nte. Toe sy swanger was met Chumasande, het sy die vervaardig­ers van babaproduk­te gebel om uit te vind wat hul produkte se raklewe is sodat sy dit kon begin opgaar.

“Teen die tyd dat sy gebore is, was dit nie vir my nodig om winkel toe te gaan nie, want alles wat ek nodig gehad het, was reeds in my huis. Ek gaan net na die vertrek langsaan en kry wat ek nodig het.

“Wanneer Chumile van die skool af kom, hoef ons ook nie winkels toe te gaan nie; sy gaan bloot by die pakkamer in en kry die seep, versagmidd­el, room, deodorant of wat sy ook al soek.”

VOORHEEN het Ncumisa sowat R3 500 per maand aan inkopies bestee. Nou is haar rekening tussen R2 000 en R2 500 per maand.

“My laagste rekening was R1 146 vir die maand,” spog sy.

Verlede maand het haar voorraad opgeraak en moes sy dit aanvul, maar deur koepons te gebruik en vir spesiale aanbieding­s rond te snuffel, het sy haar rekening steeds tot R3 500 beperk.

Die geld wat sy bespaar, gebruik sy vir haar ware liefde: reis. En dit maak haar gesin ook gelukkig, want hulle kry dikwels die kans om saam met haar te gaan.

Waar bêre sy al die voorraad? Ruimte kan altyd gevind word, sê Ncumisa. “Ek het ’n ongebruikt­e vertrek in die huis waar ek alles hou.” Maar selfs sonder ’n spesiale vertrek kan jy ’n plan maak, sê sy. Raak van oortollige goed ontslae of bêre voorraad onder beddens en bo-op kaste. Dit is die moeite werd.

 ??  ?? HOOFFOTO: Ncumisa Ndelu is goed met opgaar en geld spaar. ONDER: Sy het eenkeer meer as R600 gespaar omdat sy in grootmaat aankoop.
HOOFFOTO: Ncumisa Ndelu is goed met opgaar en geld spaar. ONDER: Sy het eenkeer meer as R600 gespaar omdat sy in grootmaat aankoop.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa