Huisgenoot

Watter melk is die gesondste?

’n Mens kry deesdae baie soorte melk. Hoe verskil hulle van mekaar, en watter is die gesondste?

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY

VRA jou lewensmaat deesdae jy moet ’n liter melk van die winkel af saambring, is dit nie so eenvoudig soos dit klink nie. Want pleks van doodgewone vars volroomkoe­imelk kreun die winkelrakk­e deesdae onder ’n groot verskeiden­heid – en selfs melk wat met ’n koei niks te doen het nie, soos soja- en klappermel­k.

Dié plantgegro­nde melksoorte se gewildheid neem toe, sê kenners. “Ál meer mense volg ’n veganistie­se leefstyl en plantgegro­nde melk is al wat hulle kan gebruik,” sê Chanelle Retief, ’n dieetkundi­ge van Kempton Park.

Die vraag na klappermel­k het baie toegeneem, vertel prof. Salome Kruger, ’n voedingsku­ndige van die Noordwes-universite­it, “maar dis hoofsaakli­k vir gebruik in resepte”, voeg sy by.

Maar hoe gemaak wanneer jy voor die winkelrakk­e staan en kopkrap? Is laevetmelk dalk beter as volroommel­k? Of is sojamelk die beste raad? Hoe verskil al die uitlopende soorte “melk” van mekaar? Melkkoeie word met meganiese vakuummelk­masjiene gemelk, waarna die “rou” melk in ’n tenk by die melkery afgekoel en geberg word, sê Lusani Vhangani, ’n dosent in voedselche­mie en -tegnologie aan die Kaapse Skiereilan­duniversit­eit van Tegnologie.

Die melk word dan van die tenk by die melkery na ’n verkoelde tenk op ’n vragmotor oorgetap en na die fabriek vervoer. Daar word dit deur ’n pomp gevoer om die bottervet en melk te skei.

“Die vetinhoud van die melk kan beheer word deur die pomp te verstel,” sê Lusani. “Die oortollige vet word tot room of botter verwerk.” Die melk word dan teen ’n hoë temperatuu­r gepasteuri­seer om skadelike mikroorgan­ismes te vernietig, en dan gebottel.

1 VOLROOMMEL­K

Dié melk se vetinhoud is tussen 3,3 en 4,5%, sê Vusi Mshayisa, ’n voedselteg­noloog van die Kaapse Skiereilan­d-universite­it van Tegnologie.

Volroommel­k is ’n voed- same produk wat proteïen, koolhidrat­e en vet betref, sê Salome. “Melk is een van die beste bronne van kalsium, die B-vitamiene en riboflavie­n, en verskaf ’n verskeiden­heid vitamiene en minerale.”

Volroommel­k word vir babas en jong kinders aanbeveel, want dit bevat meer vetoplosba­re vitamiene as afgeroomde melk.

2 LAEVETMELK

Dié é melk se vetinhoud is volgens Vusi tussen 0,5 en 1,5%. 5%. “Laevetmelk het byna dieselfde eselfde voedingswa­ardearde as volroommel­klk wat kalsium, proteïen, laktose, vitamiene en minerale betref, maar dit het minderinde­r vet,” sê Salome. “Dit is daarom ’n voedsame edsame produk en baie mense raak gewoond oond aan die smaak van an melk met effens minderinde­r vet.

“Laevetmelk etmelk word vir volwassene­s assenes en tieners aanbeveel beveel wat hul vet innameme moet beperk.”

3 VETVRYE OF AFGEROOMDE MELK

Dié melk mag ’n vetinhoud van hoogstens 0,5% hê, sê Vusi. “Dis melk waarvan feitlik alle room verwyder is. Dit het byna dieselfde voedingswa­arde as volroommel­k wat kalsium, proteïen, laktose en vitamiene betref, maar het minder vet,” sê Salome.

4 LANGLEWEME­LK

Melk se rakleeftyd word teen ’n ultrahoëul­trah temperatuu­r verleng. Ska Skadelike bakterieë wat kan v veroorsaak dat die melk bederf,bede word so uitgeuit wis. DaaromDaar hou die melkm dan langer,langer sê Lusani. LangLan gl e eww e - melk kan ses tot 18 maan maande in ’n verseë verseëlde houer op die rak bly, maar nadat dit oop oopgemaak is, m moet dit soos vars m melk hanteer word,word sê sy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa