Huisgenoot

SPAGHETTI EN GEVULDE FRIKKADELL­E >

- 1 2 3 4

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 15 min. 500-600 g boerewors,

uitgedruk 80 ml ( k) broodkrumm­els 5 ml (1 t) sout 2,5 ml (½ t) vars gemaalde

swartpeper 2,5 ml (½ t) knoffelpoe­ier 2,5 ml (½ t) droë origanum 1 eier 200 g mozzarella,

in blokkies gesny 500 g spaghetti, gekook 1 x 810 g-fles pastasous, verhit in ’n bak in die mikrogolfo­ond 100 g parmesaan, gerasper vars pietersiel­ie, gekap Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Plaas die boerewors, broodkrumm­els, sout, peper, knoffelpoe­ier, origanum en eier in ’n bak en meng goed deur.

Neem ongeveer 30 ml (2 e) van die vleismengs­el en rol dit in ’n balletjie. Druk ’n blokkie kaas daarin en maak seker die vleis bedek die kaas. Plaas die frikkadel op die bakplaat en herhaal met die oorblywend­e vleis en kaas.

Spuit kossproei op die bokant van die frikkadell­e (dit laat hulle mooi bruin bak). Bak 12 min. en rooster 3 min. Moenie dit oorgaar maak nie, anders drup die kaas dalk uit.

Skep die spaghetti in ’n bak, plaas ’n paar frikkadell­e bo-op en giet die pastasous daaroor. Strooi die parmesaan en pietersiel­ie oor en sit dadelik voor.

Meng liewer al die spaghetti met die sous en frikkadell­e in ’n groot bak voor jy dit voorsit, eerder as om alles apart in te skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa