Huisgenoot

KWAAI JUFFROU ONTSTEL DOGTER

-

My dogter is nege jaar oud en sukkel om te konsentree­r. Sy vaar nie goed op skool nie. Ek het haar by ’n sielkundig­e gehad. Sy het ook senuproble­me. Die juffrou skree gedurig op haar en sê dinge wat haar ontstel. Hoe kan ek haar leer om te konsentree­r? Moedeloos op A Op twee fronte moet jy sterk staan: by die huis en wanneer jou kind by die skool is. Jy het reeds een uitdaging begin oorwin deur meelewend, kalm en ferm met jou kind te wees.

By die skool raak sy dalk angstig omdat sy daar dikwels iets bo haar vuurmaakpl­ek moet doen. Angs kan daartoe lei dat sy ’n taak wil vermy.

Skep moed, want met ’n paar tegnieke kan jy haar selfvertro­ue opbou sodat sy by die skool beter kan vaar.

Leer haar wanneer jy haar met huiswerk help om ’n groot opdrag in kleiner take op te breek. Laat haar haar huiswerk elke dag op dieselfde plek en tyd doen. Stel ook vir haar ’n tyd wanneer ’n opdrag wat jy vir haar gegee het voltooi moet wees. Laat haar altyd net een ding op ’n slag doen.

Vind geskikte oefeninge wat sy voor skool kan doen om van haar energie ontslae te raak, al beteken dit selfs julle moet soggens vroeër opstaan. Leer haar om by die skool diep asem te haal sodat haar hartritme stadiger kan word en sy meer gefokus kan wees. Moedig haar ook aan om altyd ’n bottel water by haar te hê en ’n sluk te neem wanneer sy angstig voel.

Wees betrokke by haar skoolaktiw­iteite, maar sorg vir proaktiewe en positiewe kommunikas­ie met haar onderwyser­es.

Liefdevoll­e en ondersteun­ende ouers wat met onderwyser­s saamwerk, kan in enige kind se lewe ’n groot verskil maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa