Huisgenoot

GESOND VIR LANGER

As troeteldie­reienaars een wens kon kry, sou die meeste wens vir nog tyd saam met hul diere. Hier is wenke sodat jy dit kan regkry

-

DAAR is geen towerstaf wat jy kan swaai om jou geliefde troeteldie­r se lewe te verleng nie. Maar daar is goeie raad wat jy kan volg om jou hond of kat te help om ’n hoë ouderdom te bereik en gesond te wees. Troeteldie­re kom 1 GEE HULLE DIE BESTE DIEET ’nVoedsame, spesiegesk­ikte dieet sal help om jou troeteldie­r se immuunstel­sel te versterk, sy dermgesond­heid te handhaaf, sy verstand skerp te hou, sy gewrigte en spiere gesond te hou en soveel meer.

Vars, rou kos klop verwerkte kos vol onverteerb­are vullers loshande. Katte moet veral nat kos eet. Hul stelsel kan nie droë kos hanteer nie; daarom kry hulle dikwels nier- en urienwegin­feksies. Gee ook vir jou binnenshui­se kat koringgras om aan te kou; dit help met haarballe. Voëls en knaagdiere floreer op ’n gevarieerd­e dieet, nie net stowwerige, skimmelrig­e sade nie. Selfs jou goudvis sal af en toe versot wees op ’n paar meelwurms pleks van sy yg gewone vlokkies. 2 HOU HUL MOND SKOON Benewens pyn kan tandheelku­ndige probleme tot hart- en niersiekte­s lei. Dit sal help om hul tande gereeld te borsel of vir hulle tandheelku­ndige lekkernye of speelgoed te gee. Dit is ook noodsaakli­k om gereeld die veearts vir spesifiek skoonmaak te besoek. in allerhande groottes voor, en sommige rasse het ’n langer lewensverw­agting as ander. Kleiner honde is byvoorbeel­d geneig om ouer te word as grotes. Watter troeteldie­r jy ook al het, volg hierdie wenke om te verseker hulle bly so lank moontlik jou getroue maat. 3 NEEM HULLE GEREELD VEEARTS TOE In roetineond­ersoeke sal probleme raakgesien word voor dit moontlik lewensbedr­eigend word. 4 STOP OORVOERDER­Y Vetsug is die snels groeiende gesondheid­sprobleem onder troeteldie­re. Daar is bevind slanke katte of honde kan tot twee jaar langer as hul mollige eweknieë leef. Vet is nie oulik nie; dit is ’n moordenaar. Jou beste vriend loop gevaar van pynlike gewrigte en artritis, verlammend­e hartsiekte­s en diabetes. Hou jou troeteldie­r slank, en pleks van jou liefde betoon met peuselhapp­ies, bring tyd saam met hulle deur of maak hul habitat gemakliker. Aanlyn is hope idees vir speelgoed en speletjies vir elke soort troeteldie­r. Beproef gerus ’n paar! 5 HOU HULLE VEILIG Om jou troeteldie­r los te laat loop in die buurt stel hom bloot aan baie gevare. Dit sluit in motorongel­ukke, roofdiere, diefstal, aansteekli­ke siektes (soos seksueel oordraagba­re siektes as hy nie gesterilis­eer is nie) en gifstowwe. Selfs ’n hoenderbee­n op die sypaadjie kan in ’n geprikte dunderm eindig. Die bure gaan ook nie van hom hou as hy lastig is nie; hou dus jou troeteldie­r veilig tuis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa