Huisgenoot

DIERE SE BESTE VRIEND

‘Ouma Hond’ versorg nie net haar 32 honde en twee katte nie; sy wy haar lewe daaraan om na Upington en omtes se verwaarloo­sde vierpotige­s te kyk

- Deur MARLISE SCHEEPERS

ELKE oggend staan sy met haar seer rug op en maak die erf skoon. Sy deel dié netjiese woonplek met 32 honde en twee katte wat sy van die strate van Upington gered het. Dit is eintlik nou ses katte, vertel Louise van Schalkwyk (74), oftewel Ouma Hond, soos sy op dié Noord-Kaapse dorp bekendstaa­n. Haar een kat het onlangs vier kleintjies gekry.

Nadat sy soggens die erf skoongemaa­k het, vou sy al die diere se komberse op en begin hulle voer. In die kombuis sit Pollie die papegaai. “Hy ken almal se name en raas soms vreeslik met hulle,” sê sy en lag.

Sodra die honde, bont kat en gemmerkat met die vier kleintjies versorg is, begin Ouma Hond se dag met mening. Sy sit ’n roomysbak vol medisyne, ’n sak honde- en ’ n sak katkos, los kledingstu­kke en pakkies skyfies agterin haar ou wit bakkie. Dan klim sy in en vat die pad.

Louise, eens ’n maatskapli­ke werker, is die Moeder Teresa van die mishandeld­e en vergete weggooidie­re van Upington en sy informele nedersetti­ngs. Soggens doen sy haar rondtes en dan weer laatmiddag, van so halfvier af, voor sy saans ná sewe weer by die huis kom.

Soos Louise deur die strate ry, hou sy kort-kort stil by diere wat lyk of hulle hulp kort. Dit is nou al langer as 20 jaar dat sy so na die vierpotige­s op en om Upington kyk.

Die afgelope drie jaar is daar nie meer ’n Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) op die dorp nie en het sy die taak om na hawelose diere om te sien sommer op haar geneem, vertel Louise.

“Die DBV het altyd gesê ek bederf die mense deur hul honde te voer. Maar hoe kan ek dan anders?”

Louise se man, Jan, is jare gelede op die ouderdom van 45 weens ’n hartaanval oorlede. Sy het die familiepla­as buite Upington geërf, maar ná die vloed van 1 1988 het sy die grond verkoop en op die d dorp kom woon. Kort daarna het sy m met die diere begin werk.

Sy het twee kinders: Okkie (38), wat i in Londen woon, en Rolene (49), ’n l liggaamsbo­uer van Johannesbu­rg. D Daarby is sy die trotse ouma van vier k kleinkinde­rs en een agterklein­kind.

“Okkie kom kuier so elke twee jaar by m my. Dan huil hy verskrikli­k en sê ek vern niel myself. Hy sê ek moet die honde m minder maak,” sê Louise.

“Ek’t rugproblem­e – jy kan mos sien – van al die honde wat ek optel, bad en dip, maar kan ook nie ophou nie.”

ALMAL op Upington, mens en dier, weet van Louise. Die eerste plek waar sy vandag met haar wit bakkie stilhou, is die vakansieoo­rd Die Eiland. So in die ry druk Louise die toeter. Hordes katte kom uit alle rigtings aangehardl­oop. Sy hou stil, klim uit en haal katblokkie­s uit die sak agterop die bakkie en strooi dit voor hulle. Die katte vreet gulsig.

Sy skud haar kop met afkeur: “Mense laai hul katte hier af, want hulle weet ek gaan hulle voer.

“Ek het die gemmerkat hier gekry toe sy dragtig was en besluit dit is beter dat sy haar kleintjies daar by my kry,” vertel sy en vryf een van die wilde katte wie se vertroue sy lankal gewen het.

Nadat die katte genoeg geëet het, klim ons weer in die bakkie en ry na die volgende stilhouple­k, die informele neder-

setting Pabello Industria. Op pad hou sy stil by ’n rondloperb­rak en gee hom ’n hand vol hondeblokk­ies.

Terwyl sy met haar bakkie deur die strate van Pabello ry, skree die kinders agterna: “Hier kom Ouma Hond! Hier kom Ouma Hond!”

Ons doen ’n huis aan waar jy duidelik ’n wond aan die hond se lyf kan sien. Ouma Hond klim uit. Sy haal haar tuisgemaak­te salf agter uit die bakkie en stap na die beseerde brak. Sy eienaar sê hy het rondgeloop na die erf van ’n buurman wat hoenders aanhou. “Hy het die hond met kookwater gegooi,” vertel die vrou.

Louise smeer die wond met die wondsalf, soos sy dit noem, en die hond tjank van die pyn, maar Ouma Hond weet dit sal hom gesond maak.

’n Groep kinders staan nader en Louise deel pakke skyfies uit. Dan gee sy ’ n middeljari­ge vrou ’n paar kledingstu­kke wat iemand geskenk het.

By die volgende huis sit twee jong mans agter in die erf en bier drink. Hulle steur hulle nie aan haar nie, maar ’ n steekbaard­brak wikkel sy lyf en swaai sy stert verwoed toe hy Louise gewaar.

“Ag, hy is my hart se punt,” sê sy en buk om die hond te streel. Hy is vasgemaak aan ’n ketting wat vas is aan ’n draad, gespan oor die werfbreedt­e. “Hy kan darem nie rondloop nie, en hy het ’n huisie. Sien jy daar?” Sy wys na ’n houthok.

Sy draai ’n kraan oop en maak die hond nat om af te koel. Die steekbaard draai sy lyf alkant toe soos hy die lafenis geniet.

“Kyk net hoe vlieg die tyd,” sê sy nou, en ons draai terug dorp toe, huis se kant toe.

“Ek kan nie meer die goed aanskou nie. Hulle moet vir ons iemand stuur wat die siek en mishandeld­e diere kan uitsit.”

ELK van die 32 honde en twee katte by Louise se huis het ’n storie. Met haar wysvinger beduie sy na haar agterdeur, waar ’ n bruin basterbrak staan: “Ek het Jesse gekry waar sy langs die hoofpad sit en wag het vir haar mense wat haar afgelaai het.”

’n Mens kan sien Jesse is gelukkig hier op Louise se erf. Haar stert swaai die wêreld vol.

Eintlik swaai nie een hond op die werf nié sy stert nie. Daar is Lappies, die vriendelik­e Amerikaans­e veghond, Moppie, wat sy linkeroog verloor het, en Gesiggie, die bont brak met bruin vlekke aan haar lyf.

Partykeer plaas sy van die rondloperd­iere wat sy ingeneem en versorg het uit na ander mense. Maar sy maak goed seker die huis en die nuwe eienaars sal ’n goeie tuiste wees. “Ek plaas hulle nie maklik uit nie. Ek doen eers my huiswerk,” vertel sy.

Louise gebruik haar pensioen om vir die diere kos te koop. Net vir haar honde by die huis benodig sy elke maand amper 20 sakke 25 kg-hondekos, en die optelkatte in haar huis en die katte by Die Eiland verorber agt sakke kos van 25 kg elk per maand. Dan moet die res van die dorp se verwaarloo­sde diere nog gevoer word.

Soms kry sy ’n sak of drie hondekos by Checkers op die dorp. “Maar ek het omtrent nie genoeg kos nie en my begroting hou dit nie,” sê sy.

Louise vryf oor elke stertswaai­ende hond se kop: “Wat sal ek sonder hulle maak? Dis my lewe. Ek kan nie slaap wanneer ek weet een ly honger nie.”

‘Dis my lewe. Ek kan nie slaap wanneer ek weet een ly honger nie’

Meg Wilson, woordvoerd­er van die Nasionale DBV, sê dis duidelik Louise het ’n goeie hart en die beste bedoelings, maar die diere se eienaars kan afhanklik raak van haar. “Ons glo die eienaars moet ook ’n mate van verantwoor­delikheid aanvaar,” sê Meg.

 ?? Foto’s: SHARON SERETLO ??
Foto’s: SHARON SERETLO
 ??  ?? HOOFFOTO: Op Upington ken almal Louise van Schalkwyk as Ouma Hond. LINKS: Soggens versorg sy eers haar skare diere. BO: ’n Optelkat het onlangs vier kleintjies gekry. REGS: Louise voer ook talle straatkatt­e.
HOOFFOTO: Op Upington ken almal Louise van Schalkwyk as Ouma Hond. LINKS: Soggens versorg sy eers haar skare diere. BO: ’n Optelkat het onlangs vier kleintjies gekry. REGS: Louise voer ook talle straatkatt­e.
 ??  ?? LINKS en NAASLINKS: Louise hou kort-kort stil om aandag te gee aan verwaarloo­sde diere. Sy dokter selfs seerplekke.
LINKS en NAASLINKS: Louise hou kort-kort stil om aandag te gee aan verwaarloo­sde diere. Sy dokter selfs seerplekke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa