Huisgenoot

Ben en Jen staan saam

-

BEN AFFLECK en Jennifer Garner (albei 45) het midde-in sy jongste betastings­kandaal ’n verenigde front voorgehou. Die ekse het op ’n uitstappie in Santa Monica saam met hul twee dogters, Violet (11) en Seraphina (8), roomys gekoop, en Ben het ook die ma van sy kinders ’n drukkie en ’n soen op die voorkop gegee.

Maar volgens ’n ooggetuie het Jennifer “nie die liefkosery geniet nie”. Sy is glo woedend vir haar eks, wat van seksuele teistering beskuldig word – en dit nadat hy teen die beleërde rolprentve­rvaardiger Harvey Weinstein uitgevaar het. Dié word nou deur talle klagtes hieroor in die gesig gestaar.

Ben het die aktrise Hilarie Burton in die openbaar verskoning gevra nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy haar in 2003 aan die bors gegryp het terwyl ’n episode van die MTV-musiekprog­ram TRL verfilm is. Hy het bondig getwiet: “Ek het onvanpas opgetree en vra opreg verskoning.”

Daarna het nog ’n vrou, Annamarie Tendler, Ben op Twitter voor stok gekry: “Ek sou ook graag ’n verskoning wou hê van Ben Affleck, wat in 2014 by ’n Golden Globes-partytjie my sitvlak gegryp het. Hy het verby my geloop, aan my sitvlak gevat en sy vinger by my boudgleuf ingedruk.”

’n Bron na aan die akteur het tot sy redding probeer kom: “Ben het al as ’n grap dinge gedoen wat as onvanpas beskou kan word, maar sou nooit iemand opsetlik teister nie.”

 ??  ?? Ben Affleck en Jennifer Garner neem hul dogters, Seraphina (links) en Violet, vir roomys.
Ben Affleck en Jennifer Garner neem hul dogters, Seraphina (links) en Violet, vir roomys.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa