Huisgenoot

BEESVLEISP­AKKIES

- 1 2 3 4 5 (Blaai om)

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 10 min. 500 g beesmaalvl­eis 30 ml (2 e) braaivleis

speserye sout en vars gemaalde

swartpeper 6 meeltortil­las 250 g kaassmeer 250 ml (1 k) suurroom 1 klein kropslaai,

gesnipper 1 groot tamatie,

in blokkies gesny 125 ml (½ k) elk geel en wit cheddar, gerasper en gemeng Voorverhit die oond tot 200 °C en bespuit ’n bakplaat met kossproei. Verhit ’n kleefvrye pan oor matige hitte en braai die maalvleis tot ligbruin. Skep die olie af sodat die pakkies nie so ryk is nie. Geur die maalvleis met die speserye, sout en peper. Braai tot goed bruin.

Plaas die tortillas op ’n bord en smeer 30 ml (2 e) van die kaassmeer op elk. Skep ’n paar eetlepels maalvleis in die middel van elke tortilla.

Voeg 15 ml (1 e) suurroom by, gevolg deur van die kropslaai en tamatie. Strooi die kaasmengse­l bo-oor.

So vou jy ’n pakkie: Begin met die onderkant van die tortilla en vou die buiterand tot by die middel van die vulsel. Draai die tortilla effens en vou weer tot by die middel. Vou die tortilla op dié manier reg rondom.

Plaas die tortillapa­kkies op die bakplaat. Bak 8 min. Skakel die roosterele­ment aan en rooster 2 min. Sny in wiggies en sit voor saam met ekstra suurroom.

Die pakkies kan ook in ’n bietjie botter in ’n pan gebraai word pleks daarvan om dit in die oond te bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa