Huisgenoot

Wees weer jy

Lees hoe Eau Thermale Avène drie lesers se lewe verander het

-

AS JY of iemand wat jy ken ’n probleemve­l het, sal jy weet watter nadelige uitwerking dit op ’n mens se selfvertro­ue en -beeld kan hê. ’ n Probleemve­l is ongemaklik en pynlik en los fisieke en emosionele letsels. In Junie vanjaar het die gesogte dermokosme­tiese handelsmer­k Eau Thermale Avène drie Huisgenoot-lesers met ’n probleemve­l die kans gegee om hul selfvertro­ue terug te kry en weer gemaklik te wees in hul eie vel. Hoe? Elke leser het 45 dae lank ’n velsorgroe­tine gevolg met produkte van die Cleanance-reeks. ’n Dermatolog­iekenner het elke leser se roetine by hul unieke velbehoeft­es aangepas.

“Met net ’n paar weke se gebruik van die Eau Thermale Avène Cleanance-reeks is die terugvoer uiters positief,” sê dr. Kim Ansley, ’n dermatolog­ie- kliniese assistent in haar derde jaar by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria.

“Al die deelnemers het ’n verbeterin­g in hul veltoestan­d aangedui vergeleke met die begin van die veldtog.

“Die verbeterin­g is fisiek en emosioneel merkbaar en al die deelnemers praat van ’n toename in selfvertro­ue en ’n verbeterde sosiale lewe.”

Die Eau Thermale Avène Cleanance-reeks bied gespesiali­seerde produkte vir olierige velsoorte en dié wat geneig is tot puisies en merke. Beskikbaar by uitgesoekt­e Clicks- en Dis-Chemapteke, vanaf R149,95.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa