Huisgenoot

Wanneer jou kind daardie ekstra bietjie nodig het

Kry jou kind die nodige voeding? Ons het ’n kenner se raad gevra

-

PEDIASURE is die ideale voedingsaa­nvulling vir kinders. Maar wanneer is dit nodig dat hulle ’ n aanvulling neem? Ons het die geregistre­erde dieetkundi­ge Abigail Courtenay gevra om ’ n paar dinge op te klaar waaroor ma’s gereeld wonder. V Ek het onlangs agtergekom my kind is korter as haar maats by die skool. Sy het ook ’n kieskeurig­e eter geword en opgehou om goed te eet waarvan sy voorheen gehou het. Groei my kind normaal? A Die meeste kinders pas goed daarby aan om vir die eerste keer vaste kos te eet, want hulle is van nature nuuskierig en beproef uiteenlope­nde smake en teksture. Maar namate babas kleuters word, begin hul smaak in kos verander en kan hulle kieskeurig word oor wat hulle inneem. Dit is dikwels ’n stresvolle tyd vir ouers.

V Wat is die norm vir my kind se groei en eetlus, en wat is die gevolge van ondervoedi­ng of ondergewig wees? A Om ondergewig te wees meng in met optimale groei en ontwikkeli­ng, want dit hou dikwels met voedingste­korte verband. Spesifieke voedingsto­wwe is nodig om jou kind se kognitiewe gesondheid, immuniteit en liggaamlik­e ontwikkeli­ng te steun.

V Wat is die algemene oorsake van stadige groei? A Swak eetlus. Akute of chroniese siekte. Beperkende kosinname weens siekte (soos allergieë) of waninligti­ng. Swak absorpsie (soos met seliaksiek­te). Kou- of slukproble­me (soos by kinders met serebrale verlamming).

V Wat word as normale eetgedrag beskou? A Jy kan met veiligheid aanneem dat kinders wat volgens hul groeikaart gewig aansit genoeg kry om te eet, al meen jy hulle moet meer eet. Kinders so jonk soos 3-5 jaar toon die vermoë om hul energie-inname self te reguleer.

Jou kind se eetlus hang af van faktore soos vlak van moegheid, aktiwiteit­svlakke en groeiversn­ellings.

Party kinders ervaar wat as ’ n “kosgier” bekendstaa­n. Dit is wanneer ’ n kind op ’ n sekere soort kos of kosgroep fikseer en weier om ander kosse te eet. Dit is nie duidelik hoe lank sulke “kosgiere” duur nie, maar dit raak selde ’n kind se algemene voedingsta­tus.

V Wat kan ek doen om my kind te help om kos meer te geniet? A

Bied ’n verskeiden­heid voedsame kosse aan. Herhaal blootstell­ing aan kosse. Soms kan dit tot 15 herhaalde blootstell­ings verg voor ’n kos van gehou of verdra word. Skeduleer etens- en peuseltye. Dit maak eet ’n roetine en help jou kind se voedingsbe­hoeftes bestuur. Bied gereelder maar kleiner maaltye aan. Wees jou kind se rolmodel wat gesonde eetgewoont­es betref. Verwyder met etenstye afleidings soos televisie, tablete en fone.

V Is daar enigiets wat ek liefs nie moet doen nie? A Moenie jou kind dwing om te eet nie. Moenie afsonderli­ke of spesiale maaltye vir jou kind berei nie. Moenie belonings bied as hulle nuwe kosse beproef nie.

V Hoekom moet ek my kind nie druk om te eet nie? A Druk op jong kinders om te eet kan ooretery veroorsaak. Dit kan tot oormatige gewigstoen­ame lei of veroorsaak dat hulle as gevolg van stres selfs minder eet. Hierdie gevolge kan jou kind se natuurlike aptytbehee­rstelsel versteur en daartoe lei dat hulle hul inwendige honger- en versadigin­gseine ignoreer.

V Hoekom is ’n aanvulling soos PediaSure goed vir kinders? A Oor die algemeen verdra die meeste kinders drankies goed en dit kan boonop in pretige en smaaklike peuselhapp­ies omskep word. Dit kan onder meer in ’n verskeiden­heid geure voorgesit word, soos warmsjokol­ade of vrugtepure­e. Drankies word dikwels verkies, want dit is makliker om tussen maaltye in te neem as vaste kos en kan vir ’n kind meer aanvaarbaa­r en beter hanteerbaa­r wees. V Hoe oorreed ek my kind om meer groente te eet? A Partykeer is dit nie genoeg om dit op hul bord te skep nie. Hier is ’n paar wenke wat kan help dat jou kind meer vrugte en groente inkry: Maak ’n speletjie daarvan. Druk ’n prent van ’n reënboog uit en sit dit teen die yskas vas. Laat jou kind elke dag ’n vrug en groente van ’n ander kleur van die reënboog eet. Byvoorbeel­d, tamaties en waatlemoen is rooi, bessies en beet is pers, en mango’s en wortels is oranje. Lê ’n groentetui­n aan. Kinders hou daarvan om hul hande vuil te maak. Wys hulle hoe om groente te plant, oes dit wanneer dit ryp is en berei dit saam vir aandete. Meng dit. Versterk jou kind se voeding deur vrugte van jou keuse (soos bessies, mango, piesang en appel) by jogurt en/of melk te voeg. Sit dit voor as ’n peuselhapp­ie. Jy kan groente wat in blokkies gesny is soos wortels, sampioene, murgpampoe­ntjies en seldery by gunsteling­geregte soos maalvleis of sop voeg. Wees ’n goeie rolmodel. Laat jou kind sien jy beproef nuwe en interessan­te vrugte en groente. Kies ’ n vrug of groente by die supermark en moedig jou kind aan om dieselfde te doen.

 ??  ??
 ??  ?? BRONNE: PRACTICE-BASED EVIDENCE IN NUTRITION: TODDLER AND PRESCHOOL NUTRITION – INFLUENCES ON APPETITE AND EATING BEHAVIOUR. KEY PRACTICE POINTS. LAAS BYGEWERK: 2016-04-01; MAHAN KL, ESCOTT-STUMP S KRAUSE’S FOOD AND NUTRITION THERAPY. 12DE UITGAWE....
BRONNE: PRACTICE-BASED EVIDENCE IN NUTRITION: TODDLER AND PRESCHOOL NUTRITION – INFLUENCES ON APPETITE AND EATING BEHAVIOUR. KEY PRACTICE POINTS. LAAS BYGEWERK: 2016-04-01; MAHAN KL, ESCOTT-STUMP S KRAUSE’S FOOD AND NUTRITION THERAPY. 12DE UITGAWE....
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa