Huisgenoot

Hou jou spiere sterk

Hier is ’n paar maniere om jou spiere te beskerm terwyl jy ouer word – onder meer ’n minder bekende verbinding genaamd HMB

-

NAMATE ’n mens ouer word, voel jy dikwels weens spierverli­es swakker en minder energiek. Groot spierverli­es kan reeds in jou 40’s begin – tot 8% per dekade! Van die ouderdom van 70 jaar word dit meer drasties, met mense wat tot 15% spierverli­es per dekade ervaar.

’n Swak dieet of onaktiewe leefstyl kan daartoe lei dat jy nog vinniger verswak. Spierverli­es kan mettertyd jou krag, energie en beweging inkort, en dit hou ook verband met swakker immuniteit, ’n hoër risiko vir val en algehele swak gesondheid. Maar jy kan jou liggaam op praktiese, natuurlike maniere help spiere handhaaf en sterk bly – ongeag hoe oud jy is – deur goeie voeding, oefening en HMB.

EET MEER PROTEÏEN EN HOU OOK JOU VITAMIEN D-VLAK DOP

Elke spier in jou liggaam is van proteïen gemaak. Hoe ouer jy word, hoe meer proteïen het jou liggaam nodig om dieselfde getal spiere te bou omdat die liggaam dié voedingsto­f minder doel- treffend kan verwerk. Vitamien D help bou spiere en hou dit sterk. Rooivleis is een van die grootste bronne van proteïen, en dit word ook in lensies, soja, quinoa en neute aangetref.

WEES AKTIEWER

Sluit weerstands­oefeninge by jou roetine in om spierkrag te handhaaf en aërobiese aktiwiteit­e om jou spiere gesond en jou hart sterk te hou. Oefen ’n paar keer per week tussen 30 en 60 minute om jou spiere so gesond moontlik te laat bly.

VERHOOG JOU HMB-VLAKKE

Wat is dit? HMB, oftewel betahidrok­sie-betametiel­butiraat, is uiters belangrik vir spiergeson­dheid. Jou liggaam vervaardig hierdie natuurlike verbinding wanneer dit leusien, ’n aminosuur wat van proteïenry­ke kosse kom, afbreek. HMB kom ook van nature voor in kosse soos avokado en pomelo. Dit help die liggaam om spierselle te bewaar, veral wanneer dit onder druk verkeer, wat spierverli­es kan veroorsaak. Dit steun ook ekstra spiergroei en bevorder

spierherst­el ná weerstands-en aërobiese oefening.

Hoeveel het jy nodig? Altesaam 3 g per dag. Dis gelykstaan­de aan 6 000 avokado’s! Moenie moed verloor nie; drink twee keer per dag die NutriVigor-aanvulling om in jou HMB-voedingsbe­hoeftes te voorsien. Ensure NutriVigor is ’n voedingsaa­nvulling wat wetenskapl­ik ontwerp is om spiergeson­dheid en gesonde liggaamsge­wig te steun. Dit bevat unieke bestanddel­e, insluitend ActiHMB, proteïen en vitamien D, wat spiere en krag herstel wat mettertyd van nature kwyn.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa