Huisgenoot

‘MY LEWE WAS TYDMORS’

-

’NDOKUMENTÊ­RE program waaraan George Michael verlede jaar gewerk het net 48 uur voor sy dood in die ouderdom van 53 jaar, onthul ’n ander kant van die popster. Hy sê aan die begin van die Channel 4-dokkie getiteld Freedom: “Dis die verhaal van hoe roem en tragedie ingryp.”

Die dokumentêr handel oor George se musikale en persoonlik­e reis, wat begin met sy opgang in die popgroep Wham!, sy stormagtig­e liefdeslew­e en stryd met roem.

In ’n aangrypend­e toneel vertel hy hoe dit gevoel het nadat vigs gediagnose­er is by sy eerste liefde, die Brasiliaan­se ontwerper Anselmo Feleppa. Hy en Anselmo het mekaar ontmoet toe hy 27 was en dié het George gehelp om vrede te maak met sy seksualite­it. Boonop het George se ma, Lesley Angold, borskanker gekry. “Ek het gevoel God pik op my,” vertel hy. “Ek het dit baie, baie sleg hanteer. Ek het nog nooit sulke depressie ervaar nie.”

Albei i het binne vyf jaar gesterf, en George noem daardiee tydperk “die donkerste, vreesaanja­endste tyd van my lewe”.

In nog ’n aangrypend­e deel sê hy: “Ek dink dit was alles tydmors; mors; ’n vermorsing van moeite. Ek hoop mense dink nk aan my as iemand wat ’n mate van integritei­t t gehad het. Ek hoop ek word daarvoor onthou, maar aar dis hoogs onwaarskyn­lik.”

Hy vertel el ook van sy stryd met roem, en noem musiek ’n “beheervraa­t-minnaar.beheervraa­t-minnaar. Ek het as kind ’n desperatee ambisie gehad om beroemd te wees. Maar ek was op soek na geluk, en dit was die verkeerde keerde pad.”

In ’n duidelike like afjak word sy kêrel van drie jaar, Fadii Fawaz (44), wat op Kersdag op George se lyk afgekom het, uit die dokkie kkie weggelaat.

Van die beroemde oemde gesigte wat daarin verskyn, n, is die model Kate Moss en die sanger nger Elton John. BRON: DAILYMAIL.CO.UK O.UK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa