Huisgenoot

‘EK SAL MY LEWE VIR HOM OPOFFER’ - RIAAN MANSER

Ná ’n lang wag het die avonturier Riaan en sy Vasti eindelik ’n babaseun – en die mannetjie se eerste wêreldreis­e is klaar beplan

- Deur COLIN HENDRICKS

IN SY 44 jaar het Riaan Manser al eerstes ingeryg waarvan die meeste sterfinge net kan droom, soos toe hy alleen met ’n fiets kuslangs om Afrika gery en ’n paar jaar later alleen in ’n kajak om Madagaskar geroei het.

Ook saam met sy vrou, die advokaat Vasti Geldenhuys (39), het hy al groot avonture aangepak. In 2014 het die twee in ’n roeiboot oor die Atlantiese Oseaan geroei – van Agadir in Marokko tot in die Amerikaans­e stad New York.

Maar niks daarvan kan kers vashou by die droom wat pas vir hulle waar geword het nie: ouerskap.

“Die begin van my eie gesin is vir my iets nuuts,” sê Riaan. As kind het hy van die een kinderhuis na die ander geswerf en nooit ’n gesinslewe geken nie, verduideli­k hy. Oor daardie jare wil hy nie uitwei nie.

Eers op 13 het hy op Bettysbaai in die Suidwes-Kaap by ’n pleegma tot rus gekom. “Sy was vir my soos ’n ma,” sê hy van die 74-jarige vrou wat nou ook sy vreugde deel oor ’n baba in die huis.

Klein James Boy lê snoesig in sy babamandji­e en slaap in die sitkamer van Riaan en Vasti se knus drieslaapk­amerhuis op Bettysbaai, nie ver van waar Riaan by sy pleegma grootgewor­d het nie.

“Ek het nooit geweet wat onvoorwaar­delike liefde is tot ek hom die eerste keer vasgehou het nie. Ek sal my lewe vir hom opoffer,” sê die nuwe pa.

Hul eersteling is nog net twee dae oud. “Ons het nou net van die hospitaal op Somerset-Wes gekom en James Boy was heelpad stroopsoet. Hy het glad nie gehuil nie,” spog Riaan met ’n groot glimlag.

James is ’n Bybelnaam en Boy haar pa se naam, vertel Vasti met die hospitaal- armband nog om haar regterpols.

Die trane wel in haar oë op toe sy oor hul seun praat. “Ons het jare vir ’n baba gewag. Ons het aanhou probeer,” sê sy. “Dit is so ’n groot voorreg om hom te kry. Ons het so lank gewag en gedink ons sou nie kinders hê nie, en toe gebeur dit.”

RIAAN en Vasti loop al ’n lang pad saam. Hulle het in Mei vanjaar hul eerste huwelikshe­rdenking gevier, maar is al 18 jaar ’n paartjie. Op hul wittebrood verlede jaar het hulle saam-saam ’ n wêreldreko­rd opgestel toe hulle die 3 850 km soos die kraai vlieg van die Kalifornie­se kusstad Monterey na die Hawaise eiland Oahu in die Stille Oseaan in die vinnigste tyd (39 dae) roei.

Hul pad na ouerskap was nie sonder kronkels nie. Hulle het eerder “wetenskapl­ik as romanties” te werk gegaan, skerts Vasti. “Ons het lank dopgehou wanneer ek ovuleer,” verduideli­k sy.

Riaan is keer op keer apteek toe om swangerska­pstoetse te koop. En toe, op 22 Januarie, was dit eindelik positief.

’n Mens sou reken die avontuurlu­stige Vasti het geen bang haar op haar kop nie. Sy kan immers daarmee spog dat sy die

eerste vrou in Afrika was wat oor ’ n oseaan geroei het. Tog sê sy openhartig: “Ek was bang iets sou in die eerste drie maande skeefloop; veral vir ouer vroue is dit baie stresvol.”

Maar sy was verniet bekommerd; sy het ’n droomswang­erskap gehad. “Ek het geen oggendnaar­heid of geswelde voete gehad of baie gewig aangesit nie.”

Vasti het wel ’n suikertand ontwikkel, vertel Riaan. En Google was hul beste vriend. “Absoluut alles wat ons oor die swangerska­p wou weet, het ons eenvoudig gegoogle,” vertel Vasti en lag.

Tydens haar swangerska­p het sy steeds fietsgery en tuingemaak – tot die oggend van die bevalling op 10 Oktober. “Maar ek lê liewer 10 fietstoere agtereenvo­lgens af voor ek weer die lewe skenk,” meen sy.

“Ek was angstig, want dit was al ’ n week ná my bevallings­datum en ek het gewonder hoe die geboortepy­ne sou wees. Dit was erg. Ek het gevoel ek gaan dood,” vertel sy.

Boonop was sy met die natuurlike geboorte ’n volle 15 uur in kraam.

“Dit was erg om Vasti in soveel pyn te sien, maar toe James uitkom en hy op haar bors neergesit word, het ’ n onbeskryfl­ike vloed oor my gekom,” vertel Riaan. By geboorte het hul babaseun 3,8 kg geweeg. Met sy bos pikswart hare is hy sy avonturier-pa uitgeknip.

Riaan, wat ook al saam met ’n gestremde vriend, Dan Skinstad, met ’n kajak om Ysland geroei het, kan skaars ophou koer oor sy eersteling. “Ek weet mense sê hul kinders is die mooiste, maar ons dink ons kind is regtig baie mooi,” sê hy.

Vier maande van Vasti se swangerska­p het Riaan die land platgereis om sy Discovery Channel- program ( DStvkanaal 121), How to Adventure with Riaan Manser, te skiet.

SELFS al is hy en Vasti pas tuis met hul baba, moet hy oor ’n uur lughawe toe gaan om ’n vlug te haal na Durban, waar hy ’n motivering­spraatjie sal lewer. “Natuurlik gaan ek heeltyd aan my seuntjie dink. Maar ons kort ook geld vir doeke,” skerts hy.

Hy kan nie wag om avonture saam met sy kleinman aan te durf nie. James sal duidelik net so ’n stralerjak­ker wees. “Volgende week kry hy ’n paspoort. Hy gaan in Desember saam met ons Mauritius toe en in Januarie Marokko toe.”

Vasti voeg by: “Ons lewe is besig, maar ons wil hom deel maak van alles.”

“My kind moet die wêreld sien,” beaam Riaan. “Ek wil hê hy moet ook avontuurlu­stig wees, maar veilig. Van my avontuurre­ise was gevaarlik en ek kon gesterf het. Van nou af sal ek rustiger word.”

’n Droom bly wink: om die hoogste berg, Everest, uit te klim. “Ek sal hom nie toelaat om dit te doen nie,” sê Vasti gou. “Ek is te bang hy kom iets oor.”

Sy is met ses maande kraamverlo­f en moet nog besluit of sy daarna sal terugkeer na haar werk as advokaat in Kaapstad. “Maar ons moet ook geld maak om vir James Boy te sorg,” sê sy.

James is hul grootste avontuur, sê die nuwe ouers. Hulle wil hom leer om altyd opreg te wees. “My kind sal sterk wees,” sê Riaan. “En ’n goeie mens,” voeg Vasti by. Riaan loer by die babamandji­e hier op die vloer in en sê: “Hy is so mooi. Ek mis hom wanneer hy slaap.”

Hulle wil graag nog kinderstem­me hoor in hul huis met sy magdom troeteldie­re: drie honde, vier katte en ’n spekvet swart varkie. “Ons wil beslis ’n kind aanneem,” sê Vasti, “en ons wil nog een in die lewe bring, as ons so geseën is.”

 ??  ??
 ?? Foto’s: PEET MOCKE ?? Die avonturier Riaan Manser en sy vrou, Vasti, spog met hul eersteling, James Boy.
Foto’s: PEET MOCKE Die avonturier Riaan Manser en sy vrou, Vasti, spog met hul eersteling, James Boy.
 ??  ?? Riaan kan skaars wag om saam met sy kleinman avonture aan te pak, maar sê hy beplan nie om weer sy eie lewe in gevaar te stel nie.
Riaan kan skaars wag om saam met sy kleinman avonture aan te pak, maar sê hy beplan nie om weer sy eie lewe in gevaar te stel nie.
 ??  ?? LINKS: Die baba se kamer het ’n uitsig op die pragtige kusdorp Bettysbaai. LINKS ONDER: Dié bondeltjie se eerste naam, James, kom uit die Bybel en Boy is Vasti se pa se naam.
LINKS: Die baba se kamer het ’n uitsig op die pragtige kusdorp Bettysbaai. LINKS ONDER: Dié bondeltjie se eerste naam, James, kom uit die Bybel en Boy is Vasti se pa se naam.
 ??  ?? LINKS en REGS: Vasti en Riaan het op hul wittebrood ’n seevaartwê­reldrekord opgestel.
LINKS en REGS: Vasti en Riaan het op hul wittebrood ’n seevaartwê­reldrekord opgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa