Huisgenoot

Hof pluis Rohde-doodslegka­art uit

Stukkie vir stukkie ontvou die gebeure rondom Susan Rohde se dood nou in die hof – van ’n huwelik wat na bewering krake gehad het en ’n buite-egtelike verhouding tot forensiese getuienis van haar beserings

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY en JOANIE BERGH

OP DIE groot skerm in hof 22 word die grusame foto’s van die beeldskone vrou vertoon, die beserings aan haar naakte lyf gewys en in die fynste besonderhe­de bespreek. Almal behalwe die deftige man in die beskuldigd­ebank se oë is op die skerm vasgenael. Jason Rohde sit kop omlaag en bedek soms sy gesig met sy hand, maar na die gekneusde en lewelose liggaam van sy vrou, Susan, kyk hy nie.

Langer as ’n jaar nadat die voormalige uitvoerend­e hoof van die eiendomsag­entskap Lew Geffen Sotheby’s Internatio­nal Realty na bewering sy blonde vrou in hul hotelkamer op die Spier-landgoed vermoor en toe in die badkamer opgehang het om dit na selfdood te laat lyk, ontvou dié verhoor tans soos ’n riller in die hooggeregs­hof in Kaapstad.

Stadig maar seker word die Rohde- egpaar se verhouding­slewe uitmekaarg­ehaal en ontleed. Die prentjie wat vorm aanneem, is een van ’n huwelik wat agter die skerms nie so idillies en gelukkig was soos die Bryanston-egpaar met hul drie dogters op Susan (47) se Facebook-blad voorgehou het nie.

In die hof word ’n verhaal van spanning en konflik oor Jason (48) se buite-egtelike verhouding gehoor.

Volgens Susan se vriende was die voormalige laerskoolo­nderwysere­s sag en kreatief, dol oor haar gesin en iemand wat ander se belange eerste gestel het. Maar Jason, wat skuld ontken en volhou sy het haar eie lewe geneem, voer in sy pleitverdu­ideliking aan: “Ek glo, met respek, die spoed waarteen haar emosies gewisseli lh het en h haar onvermoë ë om reded te verstaan of haarself rasioneel te laat geld, het tot haar selfdood gelei.”

Stukkie vir stukkie word die legkaart nou gebou van wat werklik gebeur het in die vroeë oggendure van Sondag 24 Julie 2016, toe die Rohde-egpaar se oënskynlik­e sprokieshu­welik saam met Susan ’n dramatiese dood gesterf het.

Die lieflike lewe van Susan Rohde

Op Facebook was hulle die ideale paartjie, ’n aantreklik­e gesin met die volmaakte lewe. “Liefdesdui­fies,” koer een van Susan se vriendinne onder ’n foto van die fyn, blonde vrou en haar blouoogman wat styf teen mekaar sit. “Saterdagru­gby saam met Jason Thomas Rohde,” skryf Susan by die foto en sluit af met ’n soentjie-emotikon. “Oulike paartjie,” lewer nog ’n vriendin kommentaar. “Geniet dit, julle mooi mense,” sê ’n derde.

Maar net langer as ’n maand nadat Susan op 18 Junie verlede jaar hierdie

‘Mense wat naby hulle gewoon het, het dikwels ’n bakleiery gehoor’

fotof gedeeld lh het, was sy dood.d d

Susan se Facebook-profiel is sedert haar dood in ’n herinnerin­gsblad omskep. Inskrywing­s uit die verlede spreek steeds van haar op die oog af volmaakte huwelik van 23 jaar. Die nou reeds bekende gesinsfoto is steeds daar. “Lieflike gesin, Jason is seker baie trots op sy mooi dogters en beeldskone vrou,” skryf ’n vriend in Maart verlede jaar by die foto.

Op nog ’n foto, gedateer Mei 2016, staan twee glase rooiwyn op ’n tafeltjie in hul tuin in Bryanston, Johannesbu­rg. “Saam met Jason Thomas Rohde,” lui die inskrywing met ’n hartjie by. Oor dié spesiale plek in die tuin het Susan in 2015 aan die gemeenskap­stydskrif Get It Joburg North vertel: “Dis hier waar ek en my man goeie wyn geniet.”

Die leefstylar­tikel onthul ’n huis vol gesinsfoto’s en aandenking­s wat sy en Jason versamel het. “Ons plekmatjie­s is van Mexiko. My man het daarheen gegaan toe hy 26 was en dit teruggebri­ng. Ons het ook dié groen kosmosbak wat ons by ’n vlooimark gekoop het en ’n kis wat ons gekoop het toe ons begin uitgaan.”

In haar pienk kombuis was ’n Fly Me to the Moon-plakkaat, die titel van die lied wat gespeel het toe sy en Jason op hul troue die dansbaan open.

Volgens ’n vriendin was Susan ’n vriendelik­e mens wat versot was op haar dogters. Sy was ook betrokke by die Hearts of Hope-kinderhuis, het Deborah van Dongen, die direkteur van die organisasi­e, aan Huisgenoot gesê.

Tog het Jason in sy pleitverdu­ideliking, wat in die hof voorgelees is, vertel hul huwelik was allesbehal­we volmaak. Hulle het huweliksbe­rading ondergaan. “Susan se houding het gewissel tussen woede, afkeur, desperaath­eid en hartseer.”

Haar laaste dae en ure

“Ek het Susan ’n paar dae voor haar dood gesien en sy het baie maer gelyk. Ek dink nie sy was die toonbeeld van geluk nie,” het ’n vriendin vroeër aan Huisgenoot vertel. “Mense wat naby hulle gewoon het, het dikwels ’n bakleiery gehoor.”

Susan was in haar laaste dae saam met Jason in die Kaap, waar hy Lew Geffen Sotheby’s se jaarkonfer­ensie op die Spierlandg­oed bygewoon het. ’n Facebookfo­to verklap Susan het die Donderdag voor die konferensi­e, wat op 22 Julie geopen het, die Babylonsto­ren-wynland-

goed besoek. “Sien jou Saterdag?” het Tori Coughlan, Jason se suster, by die foto gevra. Dis nooit beantwoord nie.

Die naweek wat vir die eiendomsag­ente voorgelê het, was vol praatjies, partytjies en ’n prysuitdel­ing. Die agente het die Vrydagmidd­ag ’n wynmaakles­ing bygewoon en die aand is almal na ’n 1980’s-partytjie. Die Saterdagmi­ddag het Susan en Jason glo weggeglip vir ’n privaat middagete voor die galadinee.

Maar in die laaste ure van Susan se lewe het sy glo laatnag agter haar man aangehardl­oop toe hy in ’n ander agent se kamer wou kuier. Volgens Jason se verklaring het hulle gestry terwyl sy hom gevolg het, en het sy toe geval en haar voet en linkeroogb­ank gesny.

Die hof het gehoor Susan het in haar japon opgedaag by die Spier-hotelkamer van Brendan Miller, Sotheby’s-hoof in Seepunt. Jason het op die bed gesit langs Jolene Alterskye, die Seepuntse agent met wie hy toe al maande lank in ’n verhouding was, het Huisgenoot verneem. Hy is glo saam met Susan daar weg.

In sy handgeskre­we verklaring beweer Jason hy en Susan het toe gaan slaap en Susan het die oggend seweuur, steeds vies, opgestaan en is badkamer toe. Volgens Jason het hy toe verder geslaap voor hy Susan later gekry het waar sy leweloos aan die koord van ’n elektriese haartang in die badkamer hang.

Haar raaiselagt­ige dood

Op Vrydag 5 Augustus 2016 het die gemeenskap­skoerant Eikestadnu­us onthul Susan se dood word as ’n moord ondersoek en nie as ’n selfdood nie. En op 23 Augustus is Jason by hul huis in Bryanston van die moord aangekla.

Nou, langer as ’n jaar later, verskil die staatspato­loog dr. Akmal Coetzee-Khan, die eerste een wat Susan se lyk ondersoek het, se forensiese getuienis oor haar dood drasties van Jason se weergawe. En hy skets ’n grusame en ontstellen­de prentjie van hoe die fyn vrou gesterf het.

Akmal se bevinding is dat Susan die Sondag omstreeks 05:40 dood is en nie ná seweuur, soos Jason vertel, nie. Boonop glo Akmal Susan se beserings dui op ’n gewelddadi­ge geveg voor haar dood en dat die sterftonee­l gemanipule­er is om dit na selfdood te laat lyk.

Drie van Susan se ribbes was gebreek. Verskillen­de kleure bloed, wat aandui trauma het voor haar dood plaasgevin­d, is in haar ingewande gevind.

Tydens die lykskouing het Akmal ook vingermerk­e aan haar nek gevind, soortgelyk aan ’n duim aan die regterkant en uitgestrek­te vingers aan die linkerkant. Aan haar agterkop was ’n bloederige swelsel. En die beentjie in die skildklier in haar nek was gebreek.

Hy het voorts bevind Susan het sowat 100 ml van haar eie bloed opgehoes en gesluk. Daar was bloeding by die punt van haar tong, wat op versmoring dui, en by haar neus, asof iets oor haar mond of neus gehou is.

Skaafmerke aan haar liggaam dui daarop dat sy oor ’n ruwe oppervlak gesleep is, het Akmal getuig. Hy glo Susan is dood terwyl sy op haar rug gelê het en nie in ’n hangende posisie nie. Bloed het na die laagste gedeeltes van haar liggaam afgesak, wat tipies eers gebeur nadat die dood ingetree het.

Volgens Akmal is die elektriese koord eers ná Susan se dood om haar nek gebind. Dit het merke gelaat op ’n ander plek as wat dit sou indien sy dood is toe sy daaraan gehang het. Hy het verder getuig daar was bloed op die laken, duvet en kussing op die bed in die kamer. Hy meen sy is in die kamer dood en na die badkamer gesleep.

Volgens Akmal het Susan ook ou kneusplekk­e gehad wat besig was om te herstel. Dit het hom laat dink aan ’n vrou wat mishandel word.

Die patoloog wat deur Jason se regspan aangestel is, dr. Reggie Perumal, het bevind Susan is dood aan verwurging. Hy spesifisee­r egter nie die oorsaak nie en het ook nie melding gemaak van baie van Susan se beserings nie.

Wat werklik daardie tragiese nag gebeur het, sal net die tyd leer.

Die staatspato­loog glo Susan se beserings dui op ’n gewelddadi­ge geveg voor haar dood

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Jason Rohde se verhoor het onlangs in die hooggeregs­hof in Kaapstad begin. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Susan. ONDER: Hy kom vroeër in die saak by die Stellenbos­ch-landdrosho­f aan. REGS: Die egpaar tydens ’n rugbywedst­ryd ’n maand voor Susan se dood verlede jaar. Sy is in ’n hotelkamer op die Spierlandg­oedadgoed dood.
HOOFFOTO: Jason Rohde se verhoor het onlangs in die hooggeregs­hof in Kaapstad begin. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Susan. ONDER: Hy kom vroeër in die saak by die Stellenbos­ch-landdrosho­f aan. REGS: Die egpaar tydens ’n rugbywedst­ryd ’n maand voor Susan se dood verlede jaar. Sy is in ’n hotelkamer op die Spierlandg­oedadgoed dood.
 ??  ??
 ??  ?? Die egpaar het glo graag in hul tuin in Bryanston, Johannesbu­rg, ’n glasie wyn geniet. Die foto dateer uit Mei 2016.
Die egpaar het glo graag in hul tuin in Bryanston, Johannesbu­rg, ’n glasie wyn geniet. Die foto dateer uit Mei 2016.
 ??  ?? Die nou bekende gesinsfoto is steeds op Susan se Facebook-blad, wat intussen in ’n herinnerin­gsblad omskep is.
Die nou bekende gesinsfoto is steeds op Susan se Facebook-blad, wat intussen in ’n herinnerin­gsblad omskep is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa