Huisgenoot

Kry so jou plek gereed vir Airbnb

Oorweeg jy dit om jou blyplek op die moderne Airbnb-manier te verhuur? Hier is ’n paar wenke voor jy begin

- Deur MARELIZE POTGIETER

SEDERT dit die mark nege jaar gelede getref het, het dit gou veld gewen as ’n vindingryk­e manier om blyplek vir vakansies of sakereise te bespreek. Teen dié tyd is Airbnb deel van ons woordeskat en bied Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die bevolking kamers en woonstelle aan toeriste, vakansiega­ngers en sakelui wat êrens wil oornag sonder dat dit hulle ’n fortuin kos.

Volgens ’ n verslag van Airbnb het 620 000 oorslapers in Suid-Afrika in die 12 maande tot einde Augustus vanjaar daarvan gebruik gemaak. Dis ’n toename van 144% teenoor die vorige jaar. Hiervan was 269 000 plaaslike gaste, wat met ’n volle 204% teenoor die vorige jaar toegeneem het.

“Airbnb sal in Suid-Afrika bly groei en floreer,” voorspel Mariette du Toit-Helmbold, uitvoerend­e hoof van die toerismebe­markingsag­entskap Destinate.

Suid-Afrikaners oral op die maatskapli­ke spektrum het Airbnb-gashere en -vroue geword – ook in townships soos Soweto in Johannesbu­rg en Khayelitsh­a en Langa in die Kaap.

Dit gee die ekonomie ’ n hupstoot, meen Velma Corcoran, Airbnb se markkonsul­tant vir Suider-Afrika. “As Airbnb-gashere word townshipbe­woners deel van die toerisme-ekonomie. Dit sal ’n regstreeks­e uitwerking op hul lewe hê. Hul gemeenskap, plaaslike ondernemin­gs en winkels sal ook daarby baat vind. Airbnb kan uiteenlope­nde gemeenskap­pe help ontsluit wat nie tevore vir besoekers toeganklik was nie.”

Airbnb se aantrekkin­gskrag lê grotendeel­s daarin dat dit toeriste die kans bied om die plaaslike kultuur eerstehand­s te ervaar, sê Mariette. “Toeriste soos ons hulle ken, het verander. Hulle soek nie meer ’n tradisione­le, eendimensi­onele vakansie nie en wil nie bloot ontspan nie. Hulle soek egte, betekenisv­olle ervarings wat hul lewe sal verryk en hul uitkyk op die wêreld sal verbreed.”

WIE GEBRUIK DIT?

“Die Suid-Afrikaanse toerismebe­dryf lewer meer as R220 biljoen per jaar op, waarvan R20 biljoen aan verblyf bestee word,” sê prof. Daneel van Lill, hoof van die Universite­it van Johannesbu­rg se skool vir sake en ekonomie.

Met die koms van die Millenniër­s, die geslag wat tussen die vroeë 1980’s en vroeë 2000’s gebore is, het Airbnb ’n gaping in die mark raakgesien, sê Mariette. “Dit is een van die wêreldmark­te wat die vinnigste groei. Op die oomblik onderneem Millenniër­s 217 miljoen reise per

jaar, en dit sal na verwagting in 2020 tot 320 miljoen reise styg.

“Spoed, avontuur en ervarings waarmee hulle kan spog, dryf hulle, en ook die vryheid om met vakansie spontane besluite te neem. Hulle is goed met tegnologie en hou verskeie apps en sosialemed­iaplatform­s in die oog om hul vakansie te beplan.”

Millenniër­s is natuurlik nie al groep onder wie Airbnb gewild is nie; SuidAfrika­ners en buitelands­e toeriste van alle ouderdomsg­roepe gebruik dit nou.

HOE GEMAAK AS JY GRAAG ’N GASHEER WIL WORD?

Dit is belangrik om behoorlike navorsing te doen as jy eiendom wil koop wat jy uitsluitli­k vir Airbnb wil gebruik of as jy jou hele huis daarop wil verhuur, sê Ashley James, medestigte­r van die aanlyn eiendomsag­entskap Property Fox.

Ook as jy net ’n spaarkamer in jou huis of die kothuis op jou erf wil verhuur, is dit ongetwyfel­d die moeite werd om eers jou huiswerk te doen.

Gaste soek óf verblyf onder een dak saam met plaaslike inwoners óf ’n blyplek waar hulle privaathei­d kan geniet.

Kies vyf of ses plekke met soortgelyk­e verblyf as wat jy moontlik kan bied. Werk dan die gemiddelde koste uit om jou tarief te bepaal. Jy kan ook ’n raps minder as jou mededinger­s vra.

As die eiendom naby ’n stasie of bushalte is, kan jy jou tarief opstoot, en ook as dit naby ’n lughawe of gewilde besienswaa­rdighede is. Hoe aanloklike­r die ligging, hoe meer kan jy vra.

WATTER REGULASIES MOET JY IN AG NEEM?

Maak seker Airbnb is volgens jou huidige munisipale soneringsr­egulasies by jou huis toelaatbaa­r.

As jy ’n deeltitele­iendom het, moet jy uitvind of die beheerligg­aam jou sal toelaat om verblyf aan te bied.

Vind ook uit of jy by die munisipali­teit goedkeurin­g moet kry om oornagplek in jou huis op Airbnb aan te bied. Dit verskil van gebied tot gebied. Vra by jou munisipali­teit inligting oor hul regulasies.

Airbnb bied versekerin­g aan gashere om hulle onder meer te beskerm teen skade wat ’n gas kan aanrig of eise wat ’n gas weens ’n besering kan instel.

Onthou ook jy sal jou bykomende huurinkoms­te aan die belastingg­aarder moet verklaar.

UITGAWES

Sodra jou eerste Airbnb-gaste opdaag, sal jy ekstra uitgawes hê, soos ’n weeklikse skoonmaakd­iens en verwelkomi­ngsgeskenk­e wat jou goeie resensies op Airbnb sal help kry en maak dat die gewildheid van jou plek toeneem. Jy kan die skoonmaakd­iens by jou fooi inreken.

Jy sal items soos koffie, seep en toiletpapi­er moet aanvul en gereeld wasgoed moet doen. As jy ’n afsonderli­ke wooneenhei­d verhuur, kan jy oorweeg om dit met ’n wasmasjien toe te rus. Onthou om gebruiksaa­nwysings daarvoor te gee en waspoeier te verskaf.

Elektriese toestelle soos ’n mikrogolfo­ond en tuimeldroë­r sal jou eenheid nog aanloklike­r maak vir gaste, maar jou uitgawes moontlik opjaag.

Hoe beter jou eenheid toegerus is, hoe aanloklike­r sal dit vir gaste wees.

MAAK JOU BLYPLEK SO AANLOKLIK

Bied jou gaste veilige parkeerple­k, indien moontlik, veral vir oorsese gaste wat motors huur, sê Property Fox. Linne van goeie gehalte is wenslik. Bied Wi-Fi, wasgoeddie­nste, televisie en ’n video-op-aanvraag-diens, soos Showmax of Netflix. Koop ’n goeie koffiemasj­ien. Sorg vir goeie kommunikas­ie. Verwelkom jou gaste ’n dag voor hul aankoms met ’n e-pos. Gee goeie aanwysings na jou tuiste en probeer hulle self ontvang. Vertel hulle van alles wat ’n mens in die omgewing kan sien en doen. Hou kaarte van die omgewing byderhand waarop jy hulle kan wys watter uitstappie­s jy aanbeveel.

Gee hulle ’n lys met reëls oor hoe laat hulle hul kamer of eenheid moet ontruim, wanneer vullis uitgesit moet word en wanneer geraas taboe is. EKSTRA BRON: HUFFINGTON­POST.CO.ZA

‘Toeriste soek egte, betekenisv­olle ervarings’

 ??  ??
 ??  ?? Die moderne manier waarop toeriste verblyf deur die Airbnbapp bespreek, is so reg in baie Suid-Afrikaners se kraal.
Die moderne manier waarop toeriste verblyf deur die Airbnbapp bespreek, is so reg in baie Suid-Afrikaners se kraal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa