Huisgenoot

Laan se feekse eintlik groot maats

Wanneer die kameras meras ophou draai, is Amor en Deirdree dik pelle – anders as hul karakters in die Laan

- Deur MARISA FOCKEMA

NWITWARM RM vrytoneel is op pad d in 7de Laan. En die een n wat die kwik so laat stygyg en boonop in ander vroue se slaai kom krap? p? Dis natuurlik tuurlik Zelda wat terugug is, daardie flerrie wat laas selfs vir haar ar ouer suster se man flikkers gegooi het. . In Hillside het die matriargri­arg Mariaan Welman, gespeel deur Deirdre rdre Wolhuter, min ooghare vir haar kleinsus, insus, Zelda. Dié, gespeel deur die sangeres ngeres Amor Vittone, het dan met haarar vorige verskyning in die Laan selfs flankeer met Deirdre se man, Chris (Davidavid Rees).

Maar wanneer die kamerasmer­as ophou draai, verskil Deirdre (51) en Amor (45) se verhouding hemelsbree­d d van Mariaan en Zelda s’n; trouens, hullele het vir mekaar soos regte susters geword. word.

Hier waar hulle met Huisgenoot­genoot gesels, heers ’n aansteekli­ke en vrolikerol­ike energie tussen die sepiesuste­rs.

“Ek kon nie ’n beter ‘suster’ ter’ gevra het nie,” sê Deirdre, wat in diee regte lewe ’n enigste kind is. “Amor is altydltyd ’n verrassing. Wanneer sy ’n vertrekk binnestap, is dit asof iemand ’n bottel sjampanje ampanje oopmaak. Sy is borrelend en vrolik.” rolik.”

Toe Zelda einde verledee jaar ’n paar weke lank amok gemaak het in Hillside, was dit Amor, ook die aanbiederb­ieder van VIA (DStv-kanaal 147) se kookprogra­mmekprogra­mme Skoonma-Se-Tong en Skoonpa-Se-Tong, onpa-Se-Tong, se debuut as aktrise. Sy sêê Deirdre het haar soos ’n ware suster bygestaan. ygestaan.

“Ek was eers ’n bietjie geïntimide­erd om teenoor so ’n ervare aktrisektr­ise te speel, maar sy het my dadelik gemaklik laat voel. Zelda praat sonder ophou, en dis soms uitdagend om al haar aar woorde te memoriseer. Deirdre help p my om die konsepte op te breek en so o te onthou.” Hulle het pret op die stel. l. “Ons verfilm sulke ernstige nstige tonele; daarom lag ons baie wanneereer die kameras nie draai nie. Amor singng en dans vir ons in die grimeerkam­er,” vertel Deirdre.

“Sy daag met soveel positiewe energie op. Ons het dieselfde optimistie­se lewensuitk­yk.”

Tog verskil hulle. “Ek is stil en eintlik skaam,” sê Deirdre. “Amor is sprankelen­d. Ek sal die een wees wat op ’n partytjie in die hoek sit; Amor sal in die middel wees, the belle of

the ball. ball.” ” Zelda is van 23 tot 30 Oktober weer in die Laan te sien.

“Sy kom dié keer baie subtiel in,” sê Amor. “Toe ek haar dialoog lees, het ek aanvanklik gedink: ‘ Siestog, Zelda het regtig verander.’ Maar toe lees ek verder en besef dis wensdenker­y.”

AGTTIEN maande het verloop vandat Deirdre ná 32 jaar in Kaapstad Johannesbu­rg toe getrek het om aan 7de Laan te werk.

“Ek was nogal bang vir Johannesbu­rg,” bieg sy. “Die groot stad, die verkeer, en ’n mens hoor van die gevaar.” Maar toe sy op die stel kom, het al haar bedenkings verdwyn.

“Die atmosfeer waarin ons werk, is net so lekker. Almal op die stel is baie heg en ondersteun­end,” vertel Deirdre, wat ook bekend is vir haar spel in flieks soos Pawpaw vir My Darling en televisier­eekse soos Soutmansla­nd, Meeulander­s en Fluiters.

Deirdre en Amor berei verskillen­d voor vir tonele.

“Omdat Zelda borrel, moet ek op en af spring, aërobiese oefeninge doen en energie opbou om haar te speel,” vertel Amor.

Deirdre sonder haarself weer ’n paar minute af om in karakter te kom. “Ek en Mariaan kan skaars meer verskil. Dat nie een van ons kan kook nie, is die enigste ding wat ons gemeen het,” vertel sy.

“Die fisieke transforma­sie van grimering en hare doen is vir my deel daarvan om in my karakter in te klim. Wanneer ek klaar geskiet is, my grimering verwyder en weer in my eie geskeurde jeans, verfbevlek­te hemp en plakkies klim, raak ek weer myself.”

Deirdre geniet dit juis om Mariaan te speel omdat hulle baie verskil.

“Mariaan sou my tien teen een nie by haar voordeur inlaat nie. Terwyl sy goed versorg en in beheer is, is ek die girl met die verslete jeans wat hou van selfdoenpr­ojekte.

“Tuis sal jy my kry waar ek verf of ’n rak opsit. My T-hemde is vol verf; ek dra meestal plakkies en jeans. Jy sal my nooit in ’n boetiek vind nie, maar wel in ’n ysterwarew­inkel.”

Haar karakter se huwelik is tans in stormagtig­e waters nadat haar man uitgevind het hul jongste dogter, Amorey (Kristen Raath), is nie syne nie. Maar Deirdre is ongetroud en het nie kinders nie.

Vir Amor is dit opwindend om die rol van Zelda te vertolk omdat die karakter soveel fasette het.

“Sy is manipulere­nd, straatslim en koketterig en sal enigiets doen om te kry wat sy wil hê, maar sy het ook ’n kant wat kwesbaar is.

“Jy weet nooit wat om van haar te verwag nie. Die een oomblik dink jy sy doen iets uit die goedheid van haar hart; die volgende kan jy nie glo hoe sy iemand in die rug steek nie.”

Amor sê sy slaap maar min wanneer sy aan 7de Laan werk. “Al is jy van seweuur soggens tot seweuur saans op die stel, begin ’n sepieakteu­r se werk eintlik saans by die huis. Dan sal ek eers tyd deurbring saam met my kinders, Jordan (13) en Kylie (11), hulle met huiswerk help en sorg dat hulle in die bed kom.”

Jordan en Kylie is die kinders uit Amor se huwelik met die voormalige Springbok Joost van der Westhuizen, wat op 6 Februarie sy stryd teen motorneuro­nsiekte verloor het.

Amor het die afgelope paar maande swaargekry en moes voor en ná Joost se dood groot uitdagings trotseer, maar vandag wil sy nie praat oor die moeilike tyd nie. Sy moet immers vorentoe kyk en ’n lewe bou vir haar kinders.

Sy vertel: “Wanneer hulle slaap, gaan lê ek in die bad en leer woorde. Ek studeer tot eenuur soggens en sal vieruur wakker word om weer deur my dialoog te gaan voor ek die kinders sesuur vir skool begin regkry.”

Haar ouers, Dario en Delyse Vittone, trek in 7de Laan-tye by haar huis in om te help met die kinders.

En wat sê Jordan en Kylie van Zelda? “Aan die begin was ek vir hulle snaaks. Maar namate Zelda ál meer manipulere­nd geraak het, sou hulle vra: ‘Mamma, hoe kan jy so gemeen wees?’ Nou kan hulle nie wag om te sien wat Zelda volgende gaan aanvang nie.

“Kylie speel soms teenoor my wanneer ek my woorde oefen. Sodra ek my dialoog ken, sê sy: ‘ You’re good to go.’ ”

AMOR is op die oomblik te sien as ’ n beoordelaa­r in Dans in Jou Taal, ’n danskompet­isieprogra­m op kyk NET NOU! ( DStvkanaal 146). Sy werk ook saam met die musiekverv­aardiger Marius Bouwer aan ’ n splinternu­we album. Die eerste enkelsnit, As die Wêreld Stil Gaan Staan, is onlangs uitgereik.

“Dit gaan goed met my. Daar was die laaste tyd groot veranderin­gs in hoe ek elke oomblik aanpak. Ek vat dit happie vir happie, soos ek my woorde leer.”

Anders as Deirdre het Amor in die regte lewe susters: Ilana Agrette (42) is ’n dokter in Kanada en die jongste een, Loren de Villiers (40), besit ’n skoonheids­alon in Johannesbu­rg. “Hulle is saam met my ma my beste vriendinne en die vroue wat ek met my lewe vertrou,” vertel Amor. “Ons is met baie liefde grootgemaa­k en het altyd alles saamgedoen – van dansklasse tot atletiek.

“Ons het baie gelag en net so baie baklei. Ons verskil baie, maar saam is ons ’n span.

“En nou het ek ook ’n sepiesuste­r,” voeg Amor opgewonde by. “Ek deel dieselfde dinge met Deirdre as met my regte susters.

“Ek kon dadelik daai band voel toe ons saam begin werk. Ek kan haar vertrou en sy vir my.”

Deirdre knik instemmend. “Amor is my sussa.”

‘Ek deel dieselfde dinge met Deirdre as met my regte susters’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Amor Vittone (links) en Deirdre Wolhuter is in die regte lewe soos susters. BO: In 7de Laan het hulle as onderskeid­elik Zelda en Mariaan nie ooghare vir mekaar nie. By hulle is Johan Baird. Hy speel Zelda se kêrel, Bulla.
HOOFFOTO: Amor Vittone (links) en Deirdre Wolhuter is in die regte lewe soos susters. BO: In 7de Laan het hulle as onderskeid­elik Zelda en Mariaan nie ooghare vir mekaar nie. By hulle is Johan Baird. Hy speel Zelda se kêrel, Bulla.
 ??  ?? Bulla en Zelda het albei ewe min tyd vir Mariaan.
Bulla en Zelda het albei ewe min tyd vir Mariaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa