Huisgenoot

Lindiwe Sisulu sien kans vir hoë pos

Sy is net so sterk soos enige man, sê Lindiwediw­e Sisulu, wat haar as ANC-leier beskikbaar r gestel het en die beleërde party wil opheff tot wat dit eens was

- Deur GABISILE NGCOBO

BELAGLIK, was haar eerste gedagte toe mense voorstel sy tree toe tot die ANC-leierstryd.

Sy sou nie, het sy besluit. Dit was in Desember verlede jaar en sy het pas haar man, die aktivis en politieke wetenskapl­ike prof. Rok Ajulu, begrawe. ’n Presidents­veldtog was die laaste ding wat sy wou hê.

Maar die idee van ’n vrou aan die stuur van die regerende party het haar mettertyd opgewonde gemaak. “Ek dink ons is gereed daarvoor,” sê sy. “Suid-Afrika sal maklik ’n vrouepresi­dent aanvaar.”

Lindiwe Sisulu sit in die leefvertre­k van haar Pretoriase ampswoning, ’n hanetree van die Uniegebou af. Dis so stylvol soos die modebewust­e minister van behuising. Oral is blomme en gesinsfoto’s.

Soos altyd kan Lindiwe (63) deur ’n ring getrek word. Sy het pas teruggekee­r van ’n Kaapse besoek en haar assistent sit vir haar ’n koppie tee voor, maar sy raak so verdiep in die gesprek dat sy die koppie nie een keer optel nie.

Die ma van vyf – drie kinders uit haar en Rok se huwelik en twee van hom – was uitgesprok­e in haar kritiek teen die verrotting binne die ANC en het talle mense verbaas toe sy die ANC-LP Makhosi Khoza, wat nie doekies omdraai nie, steun in haar besluit om die party te verlaat.

Makhosi het met haar bedanking verlede maand die “kleptokras­ie”, oftewel die amper openlike kultuur van staatsdief­stal, in eie geledere betreur en gesê die huidige ANC voel “vreemd”.

“Ek wens sy het nie bedank nie,” het Lindiwe toe gesê. “Ek voel skuldig dat ek haar nie die steun en troos kon bied wat sy nodig gehad het nie. Ek wou, maar was te vasgevang in my eie situasie. Ons het ’n sterk mens verloor wat kon sê wanneer ons verkeerd optree.”

Dit was Lindiwe se passie vir die party wat haar eindelik oorreed het om haar as president verkiesbaa­r te stel. Dít, en dat ’n vooraansta­ande ANC-veteraan haar na sy huis genooi en sy stem gevoeg het by dié wat haar aanraai om dit te doen.

Maar nie almal het dadelik haar besluit verwelkom nie. Haar broer, die oudspeaker Max Sisulu, was bekommerd oor haar.

Lindiwe vertel: “Sy houding was: ‘Ag, my kleinsus, dit is ’n taai spel.’ Maar toe dink hy: ‘Sy is ’n sterk vrou.’ En dis waar. Ek is net so sterk soos enige man.”

DIE ANC “trek swaar” en Suid-Afrikaners het iemand nodig “wat dit sal herstel tot wat dit eens vir mense beteken het”, sê Lindiwe.

Sy het ’n indrukwekk­ende rekord: Sy is al sedert 1996 in die regering en het al in talle departemen­te gewerk, insluitend intelligen­sie, behuising en openbare dienste en administra­sie. “Ek het min dinge in die regering nog nie gedoen nie. Ek word net daaraan herinner dat ek ’n vrou is wanneer iemand sê ‘die eerste vroulike minister’ van dit of dat.”

Lindiwe het haar kandidaats­kap in Julie aangekondi­g en is sedertdien besig met haar veldtog, een van eenheid en genesing. Sy gee toe die ANC het mense seergemaak; daarom het die party verlede jaar by die stembus gely.

Om ’n kandidaat te wees “verg opoffering­s, maar ek’t besluit ek sal een van dié wees wat sê: ‘Dit (die huidige party) is nie die ANC waarvoor ons baklei het nie.’ ”

Sy vergelyk korrupsie met ’n verraderli­ke siekte. “Toe my man in Desember verlede jaar weens pankreaska­nker sterf, was die siekte so gevorder, nie veel kon gedoen word om dit te keer nie.

“Ek verstaan nou hoekom hulle korrupsie met kanker vergelyk: Dit versprei so vinnig. Ek is nie spyt ek aanvaar dié groot verantwoor­delikheid nie; iemand moet hierdie gemors skoonmaak.”

Terwyl haar ondersteun­ers sê sy kan die party verenig voor die verkiesing in 2019, wys haar teenstande­rs daarop haar noue bande met pres. Jacob Zuma en die omstrede Guptas ontneem haar van die nodige geloofwaar­digheid.

LINDIWE glo haar beleërde party kan saamstaan en veranderin­g teweegbrin­g. Sy wil graag ’n ekonomie sien wat sorg vir meer werkskeppi­ng, die herverdeli­ng van grond en gratis gesondheid­sorg vir almal.

Maar eers is ’n leiersvera­ndering dringend nodig. Sy was eens een van Zuma se troue ondersteun­ers, maar nou wil sy hom sy tassies sien pak.

Sy is een van sowat sewe kandidate in die wedloop om die ANC-presidents­kap, waarin Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma voorloop.

Sy verwelkom die groot getal kandidate, vertel sy, en daar is geen kwade gevoelens tussen haar en die ander nie. “Volgens my is hulle almal my vriende, hoewel sommige nader aan my is as ander. Ek luister soms na iemand en dink: ‘Haai, dis wat ek nou die dag gesê het.’ ”

Lindiwe se kinders – die seuns, Olindi, Che en Vuyo, en dogters, Ayanda en Achieng – is al gewoond daaraan om hul ma met haar loopbaan te deel.

“Hulle kla af en toe en sê: ‘Mamma, jy’t nie gebel nie; jy’s nie hier nie.’ Dan sê ek: ‘My skat, ek’t jou lief tot in die ewigheid.’ ”

As kind van die struggle-swaargewig­te Walter en Albertina Sisulu weet sy alte goed hoe dit voel om ouers te hê wat hul lewe aan die politiek toewy.

“Maar die land sou nie vry gewees het as dit nie vir sulke mense was nie. Deur hul tyd saam met my op te offer het hulle ons almal bevry.”

Wanneer sy ’n seldsame blaaskans kry, lees sy graag, gaan inkopiesen­trum toe of stap op die landgoed waar sy woon.

Maar meestal werk sy. Dit was nie maklik om verlede jaar haar man aan die dood af te staan nie, en sy dink dit is ’n bedekte seën om met die veldtog besig te wees. “Ek is besig en dis goed, want dit sou andersins langer geduur het om die verlies te verwerk.”

Sy beskryf haar oorlede man as ’n ekstrovert wat “luidrugtig­er as donderweer” was. Die akademikus en aktivis was van Keniaanse afkoms en het talle boeke geskryf. “Daar was nie ’n sport waarin hy nie uitgeblink het nie – hy was ’n merkwaardi­ge man, ’n intellektu­eel, ’n goeie kok. ’n Mens dink nooit mense soos dit sal ooit ophou leef nie.”

Lindiwe sal altyd dankbaar wees haar man het, voor hy sy laaste asem uitgeblaas het, haar aangemoedi­g om te mik na die ANC-presidents­kap.

Doen dit, het hy vir haar gesê. “Jy sal jou goed van jou taak kwyt.”

‘Iemand moet hierdie gemors skoonmaak’

 ??  ?? HOOFFOTO: Min. Lindiwe Sisulu is een van die kandidate wat die ANC wil lei. BO: Haar man, prof. Rok Ajulu, is in Desember oorlede.
HOOFFOTO: Min. Lindiwe Sisulu is een van die kandidate wat die ANC wil lei. BO: Haar man, prof. Rok Ajulu, is in Desember oorlede.
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Mens kan die modebewust­e minister altyd deur ’n ring trek. Haar ampswoning is ewe stylvol. REGS: Sy het die stryd om ANC-leier te word in Julie in Kliptown aangekondi­g.
BO: ’n Mens kan die modebewust­e minister altyd deur ’n ring trek. Haar ampswoning is ewe stylvol. REGS: Sy het die stryd om ANC-leier te word in Julie in Kliptown aangekondi­g.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa