Huisgenoot

Swierige partytjie vir Kurt se Kade

Kurt en Dunay, wat klein Kade se eerste verjaardag saam met hom gevier het, vertel van hul besluit om weer noorde toe te trek

- Deur MARISA FOCKEMA

SKUGTER vir die kamera – wie, hy? Kan nie wees nie; die sanger moes met die jare dan al soveel kere vir voorbladfo­to’s poseer? Maar dit is eintlik nou eers dat Kurt Darren geduldig vir foto’s regstaan, veral wanneer sy vrou, Dunay, die kamera uithaal. Daar is immers twee paar blou ogies in sy lewe, en Kurt weet foto’s van die tweejarige Kyrah en Kade, wat onlangs een jaar oud geword het, se grootwordj­are sal eendag kosbaar wees. “Dunay voel baie sterk daaroor om al les met ’n kamera vas te vang,” vertel Kurt. “Sy sê altyd: ‘Eendag gaan jy dankie sê, want hulle word so vinnig groot.’ “Ek sien dit klaar,” gee hy toe. “Di t is skrikwekke­nd. Waar is die tyd heen toe jy gewonder het of hulle ooit gaan praat? Toe kom die eerste woord, en later Kyrah se eerste sinne. Nou kan sy al gebedjies opsê en liedjies sing,” vertel hy. Elke keer dat hy ná sy musiekreis­e by die huis terugkom, sien hy iets nuuts. “Al is dit net Kade se hare wat ’n bietjie langer is. Elke oomblik is so kosbaar.” Vandag kan Kurt en Dunay skaars glo Kade, wat verlede jaar op 4 Oktober gebore is, is al ’n volle jaar oud. Om dit te vier, hou hulle ’n prettige partytjie vol vermaak wat enige kind van plesier sal laat kraai. Natuurlik is die kamera ook hier om die spesiale oomblikke te verewig. Hulle het besluit op ’n karnavalte­ma. “Kade is so ’n prettige seun, en dis presies hoe ons sy verjaardag

wou vier,” vertel Dunay van die geleenthei­d wat deur die partytjieb­eplanner Sanette van Rensburg van Berry & Flambé gereël is. “Die afgelope jaar saam met hom was regtig ’n karnaval. Hy is die vrolikste, liefdevols­te en maklikste kind.”

Stuk-stuk daag die familieled­e, vriende en maats by C’est La Vie in Centurion op.

Die speelterre­in lyk kort voor lank soos ’n kinderdroo­mland, met kleingoed wat op plastiekmo­tors by ’n glybaan afry, gesigte wat uit die vensters van plastiekhu­ise loer en klein lyfies wat in ’n balput baljaar.

’n Ballonkuns­tenaar deel sy skeppings in die vorm van honde, dinosourus­se, blomme, harte en bere uit terwyl ’n grimeerkun­stenaar die kindergesi­gte met waterverf omtower in vlinders, eenhorings en dié van strokieska­rakters soos Spider-Man.

Waar Kade saam met die gaste rondbaljaa­r, is hy duidelik vol liefde vir almal.

“Hy het die mooiste geaardheid,” sê Kurt. “Ek dink daar is baie van Dunay in ons kinders. Sy is saggeaard en liefdevol. Ek is meer sakegeorië­nteerd en soms ’n bietjie ongeduldig.”

Dunay lag in sy rigting. “Hulle lyk albei na hul pa; dit sal goed wees as hulle darem iets van my gekry het.”

Dis vir hulle veral belangrik om vandag Kade se gesondheid te vier. “Ons weet hoe dankbaar ons kan wees dat ons ’n gesonde seun het. Dit is die grootste genade en voorreg.

“Ek sê gereeld vir mense wat sê hy gaan ’n regte hartebreke­r wees dat hy nie harte gaan breek nie; hy mag net harte steel,” sê Dunay.

Hier op sy kind se partytjie sien ons ’n ander kant van Kurt as die een wat ons op die verhoog ken.

“Ek weet ek is geseën. Ek is voorsitter van die overachiev­ers- klub,” terg hy trots. “My vriende spot altyd daaroor. Ek het ’n pragtige vrou, twee ongeloofli­ke kinders en my loopbaan is op dreef. Ek kon nie beter gevra het nie.”

Die sanger Arno Jordaan is ook hier om saam met sy twee seuns, Milan (3) en Luka (1), aan die partytjiep­ret deel te neem. Sy vrou, Lizanie, is naby met die selfoonkam­era.

Courtney (3), dogter van die sanger Tony Campbell en sy vrou, Michelle, is onder die ander kleingoed van bekendes op die gastelys. Sy word ook binnekort soos Kyrah ’n ousus, want Michelle en Tony se seun word in Januarie gebore.

Die sanger Adam Tas se vrou, Caren, het met hul dogter, Klara- belle ( 5), saam kom partytjie hou.

DIS vir Kurt en Dunay heerlik om ouers van ’n dogter en seun te wees.

“Ons is geseën met die beste van albei wêrelde,” vertel Dunay. “Dis wonderlik om een van elke geslag te beleef. ’n Mens beleef alles anders, want vir ’n seun koop jy ander klere en dinge,”dinge, vertel sy.

Die dinamika in die gesin is nog nie baie anders noudat hulle ook ’n seunskind in die huis het nie.

“Hy is nog so klein; daar is nog nie duidelik ’n belangstel­ling in seuntjiedi­nge nie,” vertel Dunay. “Vir eers is hy nog ’n baba en hou hy meestal van alles waarvan sy sussie hou.”

Kyrah en Kade deel hul pa se liefde vir musiek. “Kyrah sing graag en hou selfs beter as ek noot,” vertel Kurt. “En wanneer Kade musiek hoor, begin sy armpie so saam in die lug beweeg.”

Ons kry vandag ’n klein blik op sy musiekwaar­dering toe die 20 maatjies almal aan ’n lang wit tafel met houtstoele aansit om vir Kade Veels Geluk, Liewe Maatjie te sing. Hy lag te lekker.

Langs hulle pryk ’n buffettafe­l wat versier is soos ’n speelpark. Dis omring met ballonne in wit en sagte pastelkleu­re, en die lekkernye is getooi met onder meer mallemeule­perde.

Die vrolike kinderstem­me styg skielik tot vreugdekre­te toe dit tyd word om hul swembroeke aan te trek en hulle na hartelus in fonteine op die terrein kan baljaar.

Kade maak nie ’n oog toe gedurende die partytjie nie. “Hy aard baie na sy pa. Hy wil ook niks misloop nie,” sê Dunay.

NÁ TWEE jaar in die Kaap beplan die gesin om volgende jaar terug te trek Pretoria toe. “In die Kaap is dit mooi, daar is pragtige wynlande en dis taamlik veilig. Vir ’n kind is die leefstyl ook lekker. Ons het ongeloofli­ke mense daar ontmoet, maar die meeste van ons vriende en familie is hier bo,” verduideli­k Kurt.

Sy werk is ook hoofsaakli­k in die noorde, wat sy tyd saam met sy gesin minder maak.

“Ek wil volgende jaar beslis ’n verskil maak en meer by die huis wees.”

Hy gaan eersdaags tussen sy musiek deur ook by ’n ontwikkeli­ngsmaatska­ppy in Gauteng as bemarkings­direkteur betrokke raak.

“Die sielkundig­e besluit om terug te trek is al geneem, maar ons werk nog aan die fisieke deel daarvan,” sê hy oor die verhuising wat voorlê.

Sy kinders het hom geleer om soveel situasies anders te hanteer.

“Jy dink anders oor alles wat jy in die lewe aanpak en doen. Dis ’n sagter benadering, maar ook meer vasbeslote.”

Om ma te wees was nog altyd een van Dunay se grootste drome. “Vir my het hulle daai stukkie in my legkaart kom voltooi,” vertel die mooi donkerkop.

Dit gaan maar woelig in ’n huis met twee kleingoed wat albei onder drie jaar oud is, erken sy. “Dis bedrywig, maar ongeloofli­k.

“Ek probeer dit makliker maak deur dinge gelyk te doen. Ek sit hulle sommer saam in die bad en probeer dat hulle op dieselfde tyd eet. Hulle slaap nie altyd gelyk nie. Wanneer dit dus gebeur, voel dit of ek die grootste prys gewen het. Dit help ook dat hulle nou daardie fase bereik waar hulle mekaar begin besig hou en goedjies saam doen.”

Haar ma, Marinda Nortjé, het ook twee jaar gelede Kaap toe getrek en help baie, en Kurt sit graag hand by wanneer hy by die huis is. Hy help met hul bottels en hou die kleingoed besig. Hy kyk graag saam met hulle kinderstor­ies soos die Barney-reeks en die fliek Trolls.

Maar hulle draai hom lekker om die pinkie.

“Dunay raak so vies vir my wanneer ek ná ’n ruk weg weer by die huis kom. Kade sal soggens om vyfuur met sy groot blou oë en oulike kuiltjies oor die reling van sy bababedjie loer en dan wil ek hom dadelik gaan haal. Kyrah sal terselfder­tyd begin rondbeweeg en deur die slaap klein gesprekkie­s voer. Dan begin ek saampraat.”

Dit werp Dunay se roetine heeltemal omver. Sy ken al die kleingoed se roetine en weet in dié stadium van die oggend het sy en Kurt nog tyd om albei kinders ’n bietjie te los en self so ’n paar minute te slaap voor hulle heeltemal wakker is.

“Wanneer ek vyf dae aaneen saam met hulle is, verstaan ek weer Dunay se kant van die saak en sal ek hulle ’n bietjie langer laat slaap,” sê Kurt laggend.

KYRAH is op die oomblik meer skugter as haar boetie. “Hy is openliker met almal,” sê Dunay. “Maar ek dink dit het te doen met die ouderdom waarop sy nou is. “Hulle is in baie opsigte ook eenders. Hulle het albei ’n sagte hartjie en is lief vir diere, Kade spesifiek vir voëls.”

In die voortuin van hul huis op Val de Vie, ’n spoglandgo­ed naby die Paarl, is ’n boom met blomme waaruit die voëls

nektar drink. “Wanneer ons uitgaan, sal sy gesig ophelder terwyl hy na die voëls wys en sê: ‘Da.’ ”

Kom die sussie goed oor die weg met haar boetie?

“Aan die begin het dit goed gegaan. Alles was nuut en dit was soos ’n maatjie ie wat kom kuier het. Maar ek dink die besef dat hy nie ‘ huis’ toe gaan nie het later ingetree,” vertel Dunay.

“Sy sal na hom toe gaan en hom oor sy koppie vryf en sê: ‘Hallo, Boetie.’ Hyy is nou in daardie stadium waar hy be- weegliker is; hy kruip en wil aan al haar r speelgoed vat. Sy hou nie daarvan nie.

“Maar wanneer ek vir haar ’n speel- ding of lekkerny koop, vra sy altydd waar Boetie s’n is. Sy neem hom dus tog g in ag,” vertel sy.

Omdat Dunay ’n enigste kind is, is dit it haar droom dat hulle eendag lekker salal saamspeel.

Kurt sê: “Ons sê gedurig vir haar: ‘Ontnthou, hy sal nog jou beste maatjie word en jou beskerm.’ ”

Dunay veg soos talle mammas somsms teen daardie moederlike skuldgevoe­l. el. “Voor Kade se geboorte was ek bang dat at Kyrah nie die nuwe liefde in ons lewe sou verstaan nie. Ek was maar bang vir die aanpassing en onsekerhei­d.

“Daardie druk is nog sommige dae vir my erg, soos wanneer hy huil en sy my terselfder­tyd iets vra. Ek probeer ’n balans handhaaf en dink dis ook goed vir hulle, want dit leer hulle ’n bietjie wag. Maar dit bly moeilik,” erken sy.

DIS ’ n maand vol vierings. Benewens Kade se verjaardag vier ousus Kyrah op 10 November haar derde verjaardag. Kurt se nuwe album, Laat die Dansvloer Brand, word toevallig op dieselfde dag uitgereik. Tussen die ligte danssnitte deur is ook ernstige liedjies wat die hartsnare roer.

Hy dra die liedjie Jy’s ’n Legend op aan Kade, asook sy pa, Koot van Heerden, en Dunay se pa, Barry Nortjé. Koot is in Desember 2012 weens emfiseem dood en Barry ses maande tevore as gevolg van dieselfde toestand.

“Die liedjie handel daaroor om eer te betoon aan iemand wat ’n positiewe rol in jou lewe speel. Kade is net ’n legend, ” vertel Kurt.

Hy het vir Kyrah die liedjie Warrelwind­kind geskryf.

“Dis wie sy vir my is. Wanneer ek by die huis kom, is dit: ‘Pappa, kom ons gaan speel. Kom ons gaan kyk die voëltjies. Kom ons gaan kyk die maan.’ ”

Vir die gewilde sanger is sy vrou die allerbeste klankbord. “Ek sal haar vra oor alles in die lewe – oor my musiek of voor ek ’n twiet of belangrike e-pos uitstuur. Sy sal vir my sê of dit sal werk. Ek vertrou haar oordeel 100%.”

Die egpaar se grootste wens is dat hul kinders hul drome sal nastreef.

“Vir my is dit belangrik om nie ons eie drome op hulle af te dwing nie,” vertel Dunay. “Ons wil hê hulle moet hul eie identiteit ontdek.”

Dit is vir haar ook belangrik dat hul kinders die Here sal dien.

Kyrah sê reeds voor ete haar tafelgebed op, vertel Kurt trots.

Sy sing dit, vertel Dunay, en val sommer met ’n deuntjie weg: “Dankie, Jesus, dankie, Jesus, vir my kos. Baie, baie dankie. Amen. Amen.”

Dan sê sy: “’n Vriendin het eenkeer vir my gesê: ‘If you have a daughter, you have a daughter for life. And if you have a son, you have a son until he finds a wife.’

“Daardie woorde het my seergemaak, want ek wil hê dat ons kinders altyd sal weet hulle het ’n veilige vesting by ons. Natuurlik sal hulle elkeen hul eie lewe lei, maar ek wil hê dat hulle ons altyd deel van hul lewe sal wil hê,” sê sy.

As dit so plesierig is met twee kleintjies in die huis, kan ons seker ’n derde een verwag?v “Dit sal wonderlik wees,” sê Kurt,K maar voeg by dat hulle eers hul huish in Pretoria sal moet bou en inrig.

Dunay stem saam. “Ek sê nooit nee nie, m maar dis ook nie ’n besliste ja nie. My h hart sal altyd kans sien vir nog een.

“Ek is baie lief vir kinders. Maar jou k kop moet ook in ’n stadium kom waar jy s sê: ‘Nou moet ek verantwoor­delik wees en alles in ag neem.’

“Ons wil vir ons kinders altyd alles kan gee wat hulle verdien.”

‘Wanneer ek vir haar ’n speelding of lekkerny koop, vra sy altyd waar Boetie s’n is’

 ??  ?? Die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, se seun, Kade, het onlangs een geword. Sy sussie, Kyrah, het ook in die partytjiep­ret gedeel.
Die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, se seun, Kade, het onlangs een geword. Sy sussie, Kyrah, het ook in die partytjiep­ret gedeel.
 ??  ?? Kurt straal van trots terwyl hy die verjaardag­seun vashou. Dunay vertel Kade is ’n prettige knapie.
Kurt straal van trots terwyl hy die verjaardag­seun vashou. Dunay vertel Kade is ’n prettige knapie.
 ??  ?? BO: Die partytjie het ’n karnavalte­ma gehad. REGS: Dunay het al Kade se mylpale tot dusver op ’n swartbord aangebring. HEEL REGS: Die gaste is met dié geskenke bederf.
BO: Die partytjie het ’n karnavalte­ma gehad. REGS: Dunay het al Kade se mylpale tot dusver op ’n swartbord aangebring. HEEL REGS: Die gaste is met dié geskenke bederf.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Dunay sit hand by terwyl Kade en Kyrah sy geskenke bekyk. REGS: Hulle is veral dankbaar dat Kade gesond is, vertel Dunay.
LINKS: Dunay sit hand by terwyl Kade en Kyrah sy geskenke bekyk. REGS: Hulle is veral dankbaar dat Kade gesond is, vertel Dunay.
 ??  ?? LINKS: Kade maak ’n draai in die balput. Kyk net die verjaardag­hempie! REGS: Die sanger Arno Jordaan was een van die bekendes wat ook die gesellighe­id bygewoon het. Hier help hy en Kurt Kade om teen ’n glybaan met hobbels af te ry. Arno se jongste seun, Luka, hou ’n ogie.
LINKS: Kade maak ’n draai in die balput. Kyk net die verjaardag­hempie! REGS: Die sanger Arno Jordaan was een van die bekendes wat ook die gesellighe­id bygewoon het. Hier help hy en Kurt Kade om teen ’n glybaan met hobbels af te ry. Arno se jongste seun, Luka, hou ’n ogie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dunay en Kyrah baljaar in die fonteine op die partytjiep­lek se speelterre­in.
Dunay en Kyrah baljaar in die fonteine op die partytjiep­lek se speelterre­in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa