Huisgenoot

Hoop spruit uit kruisboogm­oord

Jennifer se pa was die slagoffer van ’n moord wat 25 jaar gelede die land geruk het. Nou inspireer sy geharde misdadiger­s om nie weer mense seer aan te doen nie

- Deur MARELIZE POTGIETER

VOOR haar sit rye en rye gevangenes in oranje oorpakke, geharde manne van wie party ’n vonnis uitdien vir gewapende roof, verkragtin­g of moord. Tog is die donkerkopv­rou oortuig sy kan ’n verskil maak aan hul lewenspad. Want dan sal haar pa, Graham Chatburn, se dood 25 jaar gelede in die opspraakwe­kkende kruisboogm­oord nie vergeefs wees nie.

“Al kan ek net een mens oortuig om dwelms en bendes te los en sy wapen weg te gooi en hom inspireer om nie langer ’n misdadige lewe te lei nie, is dit genoeg,” sê Jennifer Chatburn (47), ’n ma van twee, later aan Huisgenoot.

Juis om hierdie rede het sy betrokke geraak by die Hope-gevangenis­bediening se program vir herstellen­de geregtighe­id, waardeur die slagoffers van misdaad by oortreders se rehabilita­sie betrek word. (Sien die kassie.)

Sy spreek van tyd tot tyd gevangenes toe in die hoop dat hulle insig sal kry oor die uitwerking van geweld op slagoffers en hul familie, en het ingestem dat Huisgenoot kyk na die video van een van haar praatjies.

“Ek wil julle voorstel aan iemand wat vir my baie spesiaal is,” klink Jennifer se stem helder op in die video wat van haar besoek aan die gevangenis gemaak is. “My pa, Graham.”

’n Foto van ’n glimlaggen­de donkerkopm­an verskyn op die skerm agter haar.

“Ek was ’n regte daddy’s girl,” vertel Jennifer in die video aan die gevangenes. “Ek was bitter lief vir hom. Hy was glad nie volmaak of ’n engel nie.

“Soms was ek kwaad vir hom en soms was ek stout. Maar ek was baie lief vir my pa.”

Dit is stil in die vertrek. Die mans kyk stip voor hulle.

Jennifer se stiefma, Louisa (toe 32), is in November 1992 skuldig bevind aan die moord op Graham (49) en 25 jaar tronkstraf opgelê.

Hy is op 16 Februarie daardie jaar in hul huurhuis in Kraaifonte­in met ’ n kruisboogp­yl in die kop geskiet. Volgens die getuienis het hy nog geleef toe hy in die Liesbeekri­vier gegooi is.

Destyds was die Chatburn-familie ver- pletter en bitter, maar nou, ’n kwarteeu later, staan Jennifer as ’n heel mens voor haar gehoor in die gevangenis en bring aan hulle ’n boodskap van hoop, genesing en vernuwing.

“Dit gaan nie oor my nie,” verduideli­k sy agterna.

“Daar is duisende mense wie se geliefdes elke dag vermoor, verkrag of gemartel word, en ek is net vir daardie oomblik ’n verteenwoo­rdiger van dié mense,” verduideli­k sy.

“Dit is nie lekker om die slegte herinnerin­gs op te haal nie,” gee Jennifer toe, “maar ek is daar omdat ek weet dit maak ’n verskil.”

JENNIFER het op 16 Februarie 1992 – Graham se sterfdag – die laaste keer met hom gepraat, maar hul gesprek het op ’n rusie uitgeloop. “Ek het verskrikli­k met hom oor die telefoon baklei en die foon in sy oor neergegooi omdat ek so kwaad was,” vertel sy in die video.

Sy het dadelik sleg gevoel daaroor. Later sou sy lank daaroor wroeg dat sy hom nie dieselfde aand teruggebel het om te sê sy is jammer nie.

Die volgende dag het Graham se ouers by sy huis opgedaag vir middagete, maar hy was nie daar nie.

‘Al kan ek net een mens inspireer om nie meer ’n misdadige lewe te lei nie, is dit genoeg’

Louisa het hulle toe vertel hy het ’n ent gaan stap nadat hy en Jennifer ’ n meningsver­skil gehad het.

Drie dae later het ’n munisipale werker iets in die Liesbeekri­vier opgemerk.

Graham se ontbinde lyk is met ’ n kruisboogp­yl nog deur sy kop uit die rivier gehaal.

’n Paar dae later het ’n seun die kruisboog in die omgewing opgetel en na die polisie geneem.

Kort daarna is Louisa in hegtenis geneem.

Vir Jennifer was dit die begin van ’n baie moeilike pad, vertel sy aan die groep mans wat in die video vasgenael na haar storie luister.

Haar pa se begrafnis het vir haar geen troos gebring nie.

“Hoekom het sy dit gedoen? Het hy gely? Hoekom het sy hom nie net vir ons teruggegee toe sy hom nie langer wou hê nie?” was van die vrae wat by haar bly spook het.

Die hofsaak het geen antwoorde op haar vrae gebring nie.

Jennifer, wat as haarkapper opgelei is, het ná die hofsaak voltyds kriminolog­ie aan die Universite­it van Pretoria studeer. “Dit was in die hoop om antwoorde te kry oor wat in ’n moordenaar se kop aangaan,” verduideli­k sy.

Tydens haar studie het sy van herstellen­de geregtighe­id gehoor.

Omdat die program dialoog tussen die slagoffer en oortreder bewerkstel­lig, het sy gedink dit sal haar en haar familie help berusting vind.

“Ons was reg om Louisa se hand te neem en die seer hoofstuk af te sluit.”

Daarom het Jennifer haar vier keer saam met past. Jonathan Clayton van die Hope- bediening in die gevangenis besoek voor Louisa in 2007 op parool vrygelaat is.

Kon sy Louisa al vergewe? “Dis ’n proses, en daar is geen towerstaf daarvoor nie,” sê Jennifer.

Sy voeg by dat vergifnis op die ou end nie gaan oor die mens wat jy vergewe nie, maar oor jou eie genesing.

SY ONTHOU haar pa se onvoorwaar­delike liefde; hoe sy hom altyd op sy voorkop gesoen het terwyl sy op sy skoot gesit het. “Hy het die mooiste vel gehad en altyd baie lekker geruik,” vertel sy. “Ek sal hom altyd mis, en hy is elke traan werd wat ek al oor sy dood gestort het en nog sal stort.

“Ek het ’n besluit geneem: Graham Chatburn se dood was nie verniet nie; sy dood moet lewe skep vir ander.”

Aan die mans voor haar in die oranje oorpakke sê Jennifer in die video: “Met jou geboorte is jou lewe soos ’n oop boek met skoon blaaie waarop jy elke dag aan jou storie skryf.

“Hoe sal jy kies om die boek af te sluit? Sal jy net aangaan met jou lewe? Of sal jy die storie anders skryf?

“Dis amper soos ’n sokkerweds­tryd. In die eerste helfte speel jy met alles in jou. Wanneer dit rustyd is – waar julle nou is – kan jy gaan sit en dink oor die foute wat jy gemaak het en hoe jy die wedstryd moet speel om te wen.

“Weet julle wat? Gelukkig word die spel eers in die tweede helfte gewen.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Jennifer Chatburn se pa is in 1992 vermoor. LINKS: DeesdaeD is sy by herstellen­de geregtighe­id in tronke betrokke. Sy deeld met die gevangenes haar hartseer toe haar pa dood is. REGS, REGS ONDER en REGS HEEL ONDER: Sy het al beleef hoe van hulle huil wanneer hulle die pyn besef wat hul daded veroorsaak het.
HOOFFOTO: Jennifer Chatburn se pa is in 1992 vermoor. LINKS: DeesdaeD is sy by herstellen­de geregtighe­id in tronke betrokke. Sy deeld met die gevangenes haar hartseer toe haar pa dood is. REGS, REGS ONDER en REGS HEEL ONDER: Sy het al beleef hoe van hulle huil wanneer hulle die pyn besef wat hul daded veroorsaak het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa