Huisgenoot

China, ontwakende wêreldreus

Verbreed jou kennis oor dié reuseland in Asië, die tuiste van amper een uit vyf van die mense op aarde

-

DIE Chinese noem hul land Zhongguo – Middelland – omdat hulle dit deur die eeue as die middelpunt van die beskaafde wêreld beskou het. China se ou beskawing was lank afgesonder van die res van die wêreld, maar vandag is dié reusagtige land met die grootste bevolking van alle lande op aarde in die middelpunt van internasio­nale gebeure. Hier is interessan­te feite oor dié fassineren­de Asiatiese land.

UITVINDSEL­S

Antieke China was ’n land van uitvindsel­s. Baie eeue lank was die ChineseChi­ne e ver voor ander lande wat tegnologie­se,logg astronomie­se en wiskundige ontwikkeli­ng betref. Die Chinese het met talle belangrike uitvindsel­s vorendag gekom, soos papier, die magnetiese kompas,kompp die drukpers, porselein, fyn symateriaa­l,matee buskruit en vuurwerk. HetHee jy geweet hulle gebruik eetstokkie­s al langerlan as 4 000 jaar? Hulle is ook die eersteeers­t mense wat tee begin drink het, al het hullehu dit eers net as medisyne gesluk.

BEVOLKING

Geen ander land het soveel mense soos China nie. Byna ’n vyfde van al al die mense op aarde is in dié land. DaarD is meer as 1,3 biljoen inwoners. Die helfte van hulle woon in stede en daar is enorme metropole. Sjanghai het meer as 24 miljoen inwoners en Beijing, die hoofstad, meer as 21 miljoen. Hul tradisione­le godsdienst­e sluit Confuciani­sme, Taoïsme en Boeddhisme in.

Al praat hulle baie verskillen­de Chinese tale (soos Mandaryns, Yue, Wu, Minbei, Minnan, Xiang, Gan en Hakka), word dieselfde geskrewe taal vir almal gebruik. Dit beteken hulle gebruik logogramme of karakters wat in al die tale dieselfde woorde of frases voorstel. Almal kan dus mekaar se geskrewe taal lees, al kan hulle nie mekaar se gesproke taal verstaan nie. Dis baie nuttig, of hoe?

Die land see mense is baie interessan­t. Sommige vann hulle eet kos wat vir ons vreemd is, soos os voëlnessop, ëlnessop, paddas, slange, ge, skerpioene­ske erpioene en selfs hond.d. Dit sal dalk nie vir ons so o lekker smaak k nie, maar alle Chinese nese eet dit ook nie. e. Dié porseleinf­les nfles uit die 15de eeu beeld ’n draakk en die naam vann keiser r Xuande van die MinMingngd­inastie uit.

GEOGRAFIE

China is ’n land in Asië en is geografies die wêreld se derde grootste land naas Rusland en Kanada. Dit is ongeveer agt keer so groot soos Suid-Afrika en strek oor 5 000 km van oos na wes en 5 500 km van noord na suid. Tifone teister die land elke jaar en vloede, tsoenami’s, aardbewing­s en droogte kom ook daar voor. Die land is vol riviere en woestyne en sowat ’n derde van China is bergagtig. Het jy al van die berg Everest gehoor? Dis die hoogste berg op aarde. Die piek van Everest is op die grens tussen China en Nepal.

Die derde langste rivier (naas die Amasone en Nyl), die Jangtse, vloei deur China en is 6 380 km lank.

China se bekendste dier is die reusepanda, wat in die natuur naby die Jangtseriv­ierbekken voorkom. Dié diere was jare lank bedreig, maar danksy bewaringsp­ogings is hul status nou verbeter tot “kwesbaar”.

Omdat dié land soveel mense het, het die staat van 1979 tot 2015 ’n eenkindbel­eid toegepas. Baie egpare het dus net een kind, want hulle is beboet wanneer hulle meer as een gehad het. Vandag mag elke paartjie hoogstens twee kinders hê.

MODERNE CHINA (TWEE LANDE)

China kan vandag na twee lande verwys. Die reuseland op die Asiatiese vasteland is die Volksrepub­liek van China (vroeër ook Rooi China of Kommunisti­ese China genoem) en die ander een (op die eiland Formosa) die Republiek van China, oftewel Taiwan. Die Volksrepub­liek beskou Taiw Taiwan as ’n afvallige provinsie, terwyl Taiwa Taiwan hom as die ware China ag. Taiwan mmeen meen die groot China op die vasteland is ’n’ n gruwelland­gruw wat deur die kommuniste oorg oorgeneem is. Hierdie situasie be bestaan staan al sedert 1950 en duur vand dag no nog voort.

’n M Mens wonder hoekom daar twee Chinas is. Die rede hiervoor is dat die keiserryk in 1912 tot ’n einde gekom en China ’n republiek geword het. Maar konflik het tussen die Nasionale Party en die kommuniste ontstaan. Dit het tot burgeroorl­og gelei. Die kommuniste se leier, Mao Zedong, het die oorhand gekry en die Volksrepub­liek in 1949 gestig. Die nasionalis­te het na Taiwan gevlug.

EKONOMIE

Deesdae het die land die naasgroots­te ekonomie ná Amerika. Baie dinge wat ons koop, word in China vervaardig. Het jy geweet ongeveer 80% van alle speelgoed word daar gemaak?

China het ook hul eie ruimteprog­ram van stapel gestuur. In 2003 het hulle die derde land geword wat ’ n mens suksesvol die ruimte kon instuur.

Benewens die ruimteprog­ram is China ook in die alledaagse lewe toegespits op tegnologie­se prestasie. Het jy geweet die wêreld se vinnigste trein word in Sjanghai aangetref? Dit ry teen ’ n ongeloofli­ke 431 km/h. Dit is blitsvinni­g!

 ??  ?? Die Jangtseriv­ier is 6 380 km lank. Hier loop dit deur Sjanghai, China se grootste stad en die een met die grootste bevolking ter wêreld: meer as 24 miljoen inwoners.
Die Jangtseriv­ier is 6 380 km lank. Hier loop dit deur Sjanghai, China se grootste stad en die een met die grootste bevolking ter wêreld: meer as 24 miljoen inwoners.
 ??  ??
 ??  ?? Die nuwe blitstrein op die Sjanghai-Beijing-roete. Fabriekswe­rkers maak speelgoed.
Die nuwe blitstrein op die Sjanghai-Beijing-roete. Fabriekswe­rkers maak speelgoed.
 ??  ??
 ??  ?? Die reusepanda, China se nasionale dier.
Die reusepanda, China se nasionale dier.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa