Huisgenoot

Geldsake: Prokureurs­gelde

-

’ NLESER was onder die indruk sy berg skuld sou vinnig krimp toe hy met sy skuldeiser se prokureurs ’n afbetaling­sooreenkom­s aangaan. Maar al het hy in drie jaar R36 000 afbetaal op die aanvanklik­e lening van R32 000, skuld hy steeds R20 000. Hy dink prokureurs­fooie was die oorsaak. Ons kyk hoe dié fooie werk en wat nog tot sy skuldlas kon bydra.

ANDER WET VIR PROKUREURS

Prokureurs wat by die Prokureurs­orde geregistre­er is, mag skuld invorder. Hulle is nie onderworpe aan die Wet op Skuldinvor­deraars nie, maar wel aan die Wet op Landdrosho­we; daarom verskil hul heffings van gewone skuldinvor­deraars s’n.

INVORDERIN­GSKOMMISSI­E

’n Prokureur mag invorderin­gskommissi­e van 10% hef plus BTW (as hy vir BTW geregistre­er is) op elke betaling wat ingevorder word. Gestel ’n prokureur moet maandeliks R500 invorder; dan kan hy sy 10% (R50) plus R7 (14% BTW) vra. Vir elke maand se R500 wat ingevorder word, vra die prokureur ’n ekstra R57. Dan betaal jy R557, benewens ander koste wat bygevoeg kan word.

REGSKOSTE

Voorgeskre­we fooie: Die regskoste hang af van die skuldbedra­g en hoeveel werk gedoen word om die skuldenaar te laat betaal. Charl Marais van JS Marais Ing. Prokureurs verduideli­k die heffings, wat deel is van die Reëls van Landdrosho­we, werk op ’n glyskaal: Hoe meer die skuld is, hoe hoër is die tarief vir die

prokureur se werk. Om ’n vonnis te oorhandig kan byvoorbeel­d tussen R121 en R654 kos, en net die basiese opstel van ’n dagvaardin­g tussen R121 en R779. Skuldenaar­s is vir ’n magdom dinge aanspreekl­ik wanneer die invorderin­g na ’n prokureur gaan. As jy nie betaal nie, kan jy verplig word om hof toe te gaan sodat ’n ondersoek na jou omstandigh­ede gedoen word. Dit kan tussen R300 en R500 kos.

Ooreengeko­me fooie: Prokureurs kan met hul kliënte ooreenkom dat hulle ten spyte van die voorgeskre­we fooie teen ’n ander, meestal hoër, tarief werk. Dit word prokureur-en-kliënt-fooie genoem. Gestel die voorgeskre­we tarief is dat ’n telefoonop­roep met ’n skuldenaar R23,50 kos. Die prokureur mag dan met sy kliënt ooreenkom dat hy byvoorbeel­d R100 per oproep sal vereis. As die skuldenaar iets geteken het waarin hy tot hierdie tarief toestem, sal hy dit moet betaal.

Wanbetalin­g: Die koste kan ophoop as die skuldenaar nie betaal nie, want dan sal die prokureur byvoorbeel­d kennisgewi­ngs of lasbriewe moet uitreik. Elke heruitreik­ing kos geld en die baljutarie­f kom ook elke keer by. Die regskoste word by die skuldbetal­er se skuldbedra­g gevoeg.

WAAR KAN JY DAAROOR KLA?

As jy die prokureur wat die skuld invorder se kostereken­ing wil bevraagtek­en, kan jy óf die Prokureurs­orde (www.lssa.org.za) vra om die rekening te takseer óf die hof wat die vonnis opgelê het.

WAT DRA NOG BY TOT DIE SKULDLAS?

Dit is onduidelik of dit werklik prokureurs­fooie is wat die leser se skuld so opgejaag het. Hy moet ook kyk of die regte rentekoers op sy skuld gehef is. Die rente kan hoog wees en word benewens invorderin­gsfooie gevra. Daar is twee soorte rentekoers­e:

1. As ’n kredietgew­er soos ’n bank vir jou geld leen, word gewoonlik op ’n rentekoers ooreengeko­m waarteen die lening terugbetaa­l word. Die prokureur wat skuld invorder, moet daarby hou en mag nie ’n ander rentekoers daarop hef nie, sê Sunél Beeselaar van SP Beeselaar-prokureurs.

Volgens die Nasionale Kredietwet is die maksimum rentekoers wat op korttermyn­lenings gehef mag word die repokoers x 2,2 + 10%. Dit het teen druktyd 24,85% beloop.

2. Dit kan gebeur dat mense geld leen by ander mense of ondernemin­gs wat nie geregistre­erde kredietver­skaffers is nie. As ’n prokureur ’n skuldenaar dagvaar namens ’n kliënt wat nie ’n kredietver­skaffer is nie, geld die mora-rentekoers. Dit kan verander, maar was teen druktyd 10,25%. Die mora-rente begin oploop vanaf die datum dat die skuldenaar agterstall­ig raak en die skuldeiser formeel betaling van die agterstall­ige skuld eis.

WAT IS DIE IN DUPLUM- REËL?

Die heffings op skuld van kredietgew­ers wat wettige lenings bied, word deur die in duplum- reël van die Nasionale Kredietwet beperk. Dit behels kortom dat ’n kredietver­skaffer nie rente en fooie mag hef wat die agterstall­ige bedrag oorskry nie. As jy R1 000 skuld, mag die rente en fooie nie meer as dit wees nie.

Dié reël geld vir kredietver­skaffers, maar nie noodwendig vir die regskoste van prokureurs wat skuld invorder nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa