Huisgenoot

Local Is Lekker

- w g

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, pak al amper haar koffers; skaars ’n maand is oor voor sy die pad vat Las Vegas toe om aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem. Maar eers het die pragtige donkerkop saam met Soviet Denim haar eie denimreeks bekendgest­el. Kyk ’n mens na haar Instagram-foto’s, sien jy onmiddelli­k hoe mal sy oor die mode is. Ons het by die Demi Denim-bekendstel­ling in Johannesbu­rg die kans benut om haar hieroor uit te vra.

Wat het jy die graagste gedra toe jy klein was?

Ek was ’n regte meisietjie; dus was dit rokkies en pienk tutu’s.

Wat dink jy is ’n groot stylfout?

Ek hou nie baie van ’n pak met ’n los snit nie, en daardie borrelrokk­e! Dit doen nie veel vir ’n vrou se figuur nie.

Wat is die drie items wat in jou klerekas moet wees?

’n Swart baadjie, ’n goeie leerbaadji­e en denim.

As jy enige modeontwer­per ter wêreld kan ontmoet, wie sal dit wees?

Olivia Culpo, wat in 2012 Mej. Heelal was. Sy het ’n klerereeks begin en ek is versot daarop.

Wat dra jy maklik van die dag tot die aand?

Die klassieke swart nommertjie of ’n wit rok werk altyd. Jy kan dit maklik vir die aand optof met ’n mooi halssnoer, oorbelle, baadjie of jas.

As jy na ’n geheime bestemming geneem word en net een uitrusting kan inpak, wat sal dit wees?

’n Sarong omdat ’n mens dit op soveel maniere kan dra – as ’n rok, top en selfs kopband.

k Wat is die duurste item in jou kas?

My egte leerbaadji­e wat ek gekoop het toe ek as Mej. Suid-Afrika my R1 miljoen-prysgeld ontvang. Ek het alles belê en eintlik net die baadjie gekoop. Dis iets wat ek nog altyd wou hê.

 ??  ?? BO: Die donker- kop kan altyd deur ’n ring getrek word. “Ek iss eintlik ’n baieplain Jane. By die huis dra ek my denim, tek- kies en truitjie,” e” sê Demi-Leigh. REGS: Die aand tydens haar denimbeken­dstelling met haar welige hare in ’n hoë poniestert vasgebind.
BO: Die donker- kop kan altyd deur ’n ring getrek word. “Ek iss eintlik ’n baieplain Jane. By die huis dra ek my denim, tek- kies en truitjie,” e” sê Demi-Leigh. REGS: Die aand tydens haar denimbeken­dstelling met haar welige hare in ’n hoë poniestert vasgebind.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Demi-Leigh Nel-Peters in jeans uit haar eie reeks, Demi Denim. REGS:: In ’n pienk pakkie deur Gert-Johan Coetzee.
BO: Demi-Leigh Nel-Peters in jeans uit haar eie reeks, Demi Denim. REGS:: In ’n pienk pakkie deur Gert-Johan Coetzee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa