Huisgenoot

WIE IS JASON ROHDE?

-

Jason is in Engeland gebore, maar het op vierjarige ouderdom saam met sy ma, Brenda, na Suid-Afrika gekom.

Hy het aan die King Edward VII-skool in Johannesbu­rg gematrikul­eer en met sy B.Com.-studie in Midrand begin, maar dit in 1991 gestaak om by ’n versekerin­gsmaatskap­py as klerk te werk.

Volgens Jason se hofverklar­ing is hy in 1993 met Susan getroud.

In Februarie 1994 het hy en Susan verhuis na Perth, Australië, waar Jason as ’n eiendomsko­nsultant gewerk het.

Twee jaar later was hulle terug in SuidAfrika en het Jason onder meer by ’n reisagents­kap gewerk voor hy en sy ma saam ’n eiendomsag­entskap gestig het. Dit is later deur Sotheby’s Internatio­nal Realty oorgekoop.

In 2010 is hy as die uitvoerend­e hoof van Lew Geffen Sotheby’s Internatio­nal Realty aangestel.

Die Rohde-gesin het in 2012 in hul spoghuis in Bryanston ingetrek.

Die huis is verlede jaar in Mei vir R10,3 miljoen in die mark gesit, maar die koopbedrag is later tot R9,8 miljoen verlaag.

Jason het kort nadat hy verlede jaar van Susan se moord aangekla is tydelik by sy suster, Tori Coughlan, en haar man in Morningsta­r, naby Melkbosstr­and, gewoon.

Sy ma het toe na sy dogters omgesien. Sy oudste dogter studeer vanjaar en die minderjari­ge tweeling is op kosskool.

Tori het verlede jaar aan Huisgenoot gesê hul familie gaan deur “’n baie moeilike tyd”. Sy het gesê sy glo in haar broer se onskuld.

Eiendomsag­ente by Lew Geffen Sotheby’s is aangesê om nie met die media te praat nie.

Jason is intussen as uitvoerend­e hoof ontslaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa