Huisgenoot

WAT IS HERSTELLEN­DE GEREGTIGHE­ID?

-

Die Hope-gevangenis bediening bied al sedert 2000 met kapelane se hulp in 46 gevangenis­se in die Wes-Kaap programme vir herstellen­de geregtighe­id aan.

Hulle volg die internasio­nale beginsels van herstellen­de geregtighe­id, maar het self die struktuur van hul program ontwikkel, vertel past. Jonathan Clayton. Hy het die Hope-bediening in die Pollsmoorg­evangenis in 1991 saam met sy vrou, Jenny, begin.

Die eerste ses dae word beradingse­ssies van ses uur elk gehou. Daarna volg een sessie per week vir agt weke.

Dit verg baie tyd en geduld om ’n misdadiger se denkwyse te verander, sê Jonathan. “Baie van die gevangenes was self kleintyd ’n slagoffer van geweld. In die eerste paar uur help ons hulle verstaan waar hul pyn vandaan kom, en ons verseker hulle verstaan die terminolog­ie, soos ‘verant- woordbaarh­eid’. Baie van hulle het geen benul wat dit beteken nie omdat hulle nooit ’n rolmodel gehad het nie.”

Op die sesde dag van die kursus word die oortreders se familie betrek sodat ook hulle antwoorde op hul vrae kan kry.

Aan die einde van die kursus word die slagoffers of hul naasbestaa­ndes genader om te hoor of hulle die oortreder graag wil ontmoet.

“Die slagoffers het altyd vrae,” sê Jonathan. “Hulle wil weet hoekom die mens hulle so iets aangedoen het. Antwoorde soos ‘ek het dwelms gebruik’ of ‘ek het verkeerde vriende gehad’ word nie aanvaar nie. Hulle moet dieper delf en kan erken hulle was hardkoppig en is gewaarsku oor hul leefstyl, maar het nooit hulp gevra nie.”

Al die slagoffers wat aan die program deelneem, ervaar ’n mate van genesing, is Jonathan se ervaring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa