Huisgenoot

DÍT KRY BY MY ’N HALLELUJA

Na aanleiding van Steve se Feeslied sê bekendes wat hul hart warm laat klop

- Deur MARIZKA COETZER, MARELIZE POTGIETER en MARLISE SCHEEPERS

DIT het Pretoria byna tot stilstand gedwing toe hy onlangs uit sy motor klim, ’n mikrofoon nader trek en agterop die bak van ’n vragmotor met sy nuwe treffer lostrek. Daar weergalm die refrein van Steve Hofmeyr se lied toe terwyl motors om hom toeter: My hart klop halleluja, iemand sê amen!

Die vragmotor, wat dwarsoor die kruising by die Zambezi Junctionwi­nkelsentru­m geparkeer was, het die verkeer in Sefako Makgatho- rylaan (voorheen Zambesi- rylaan) in die noorde van Pretoria laat ophoop, tot groot vermaak – en verwarring – van ’n stroom mense in hul motors.

Sommige het uitgeklim en video’s geneem. Straatverk­opers het saam met hom begin dans. Ná sy vertoning is Steve kamma in hegtenis geneem, en hommeltuig­operateurs het later laat weet hulle is ontevrede oor hoe die gewilde sanger se span die kameras in die tuie ingespan het om die tafereel vas te lê.

Die hele petalje is geskep vir die verfilming van die musiekvide­o van Steve se nuwe liedjie, Feeslied. Die video is sedertdien byna ’n miljoen keer op Facebook gekyk. Daar het die sanger ingenome geskryf: “’n Trêffic jêm, ’n video en amper ’n halfmiljoe­n kykers met 4 200 kommentare, alles binne nege uur.”

Maar waaroor sing die sanger in die liedjie? Wat laat sy hart “halleluja” klop, en wat laat hom deesdae sê “amen”?

Hy sê sy hart klop halleluja oor “mense wat glimlag, kinders wat speel en daai ogies van my klein apie”, sy babadogter­tjie, Romy-lee, wat onlangs vier maande oud geword het.

“As kunstenaar hou ek ’ n mikroskopi­ese oog op alles, en daar is 10 keer soveel redes vir sterk staan en glimlag as wat daar is vir wanhoop en negatiwite­it. Bewuste mense is geestelike wesens. Ons kreet is halleluja. Ons nederige erkenning dat alles nie in ons hande is nie, is ’n amen,” verduideli­k hy die betekenis van die woorde in sy lied.

“Ondanks my kritiese oog is daar darem baie goed ook in ons land. Ek sien gereeld ons kom met mekaar oor die weg ook. Ek sien mooi saamwerkpo­gings en, af en toe, uitskieter­s. Veral in die kunste en sport. Wanneer ek dit sien, skree ek: ‘Amen!’ Soms kliphard.”

Feeslied verskyn op sy nuwe album, Skree, wat verlede maand goue status bereik het nog voor dit op die winkelrakk­e uitgepak is.

Waar kom die album se naam en gelyknamig­e titelsnit, wat deur Riana Nel en Elvis Blue geskryf is, vandaan?

“Daar’s ’ n ‘ skree’ wat ek soms in mense se oë sien. Jy hoor hom nie, maar dis daar. Ek wil daardie mense ook hoor. Die album Skree verwoord ons liefde, geloof, vrese en hoop,” verduideli­k Steve.

Elkeen ervaar frustrasie en dankbaarhe­id natuurlik op uiteenlope­nde maniere; daarom het Huisgenoot by nog ’n paar bekendes gehoor wat hulle laat skree, maar wat hulle ook “halleluja” en “amen” laat sê.

 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL BO: Die Pretoriase spitsverke­er het tot stilstand gekom toe Steve Hofmeyr daar Feeslied sing en “aangekeer” word. Dis op sy CD Skree, wat voor uitreiking reeds goue status bereik het.
VAN HEEL BO: Die Pretoriase spitsverke­er het tot stilstand gekom toe Steve Hofmeyr daar Feeslied sing en “aangekeer” word. Dis op sy CD Skree, wat voor uitreiking reeds goue status bereik het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa