Huisgenoot

SKUD 5 KG AF VOOR KERSFEES

Ril jy nou al wanneer jy dink aan hoe jy op die feestydfot­o’s gaan lyk? Begin dan sommer vandag onson spesiale eetplan volg

- Deur KIRSTIN BUICK

DIE feestyd is om die draai met al die vleisbraai­e, drankies en oordaad wat daarmee gepaardgaa­n – en jy wil op jou beste lyk wanneer jy saam met vriende en familie kuier. Jy sal ’n paar kilo’s te veel veral berou wanneer jy agterna op foto’s meer as jou regmatige plek sien vol staan. Nog ’n voordeel daarvan om die feestyd met ’n vietse lyfie aan te durf is dat jy dan aan die feeskos kan weglê sonder om jou te veel oor die skaal te bekommer.

Huisgenoot het Rochez O’Grady en Sarah Gouws, geregistre­erde dieetkundi­ges van Munchwize Dietitians in Kaapstad, gevra om ’n spesiale gesonde eetplan vir lesers saam te stel wat voor die jaareindvi­erings ’n paar kilo’s wil afskud.

Die eetplan strek oor vier weke. Die plan vir die eerste week verskyn in hierdie uitgawe. g Knip p dit uit en bêre dit, , want wanneer jy met week 4 klaar is, moet jy weer by week een begin beging om verder te verslank. Die eetplanne vir die ander weke wekke verskyn in ons volgende drie driee uitgawes.

Met hierdie eetpplan eetplan kan jy tot 1 kg per week weeek afskud. Dit betekeen beteken jy kan teen die feestyyd feestyd 5 kg ligter weess. wees. Tussen ’n ’ n halwee halwe en 1 kg per weekk week is die gesondste tempo van ge- wigsverlie­s, wigs sv sê Rochez. “Dan “DDa verloor jy vet en nie ni n water of spiermassa m nie,” verduideli­k sy. “Maar onthou net, n elkeen is ’n individu d en verloor gewig teen tee t ’n ander tempo.” Moenie M die lesing op die skaal ssk as jou enigste maatstaf maatsta af van sukses beskou nie, maa maan an sy.

“Probeer die gewig vergeet en konsentree­r meer op hoe jy in jou lyf voel,” is haar raad. “Probeer daarop let of jy meer energie het, beter slaap en beter by die werk fokus.

“Dit is die belangrike maatstawwe. Gewigsverl­ies is net ’n bonus.”

Rochez se eetplan bestaan uit goed gebalansee­rde spyskaarte met volop komplekse koolhidrat­e om jou energie te gee en genoeg proteïen en vette om jou ook versadig te laat voel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa