Huisgenoot

MICHELLE IN FOKUS

Die wêreld is in vervoering oor ’n nuwe koffietafe­lboek vol pragfoto’s van die oudpreside­ntsvrou in spontane oomblikke. Hier is ’n keur daarvan

- Saamgestel deur JANE VORSTER

DIT is Michelle Obama soos jy haar nog nooit gesien het nie: aan’t baljaar met die gesin se honde, in die tuin besig om krulkool te pluk, en waar sy haar hoëhakskoe­ne uitskop sodat sy gemaklik en lekker met ’n groep studente kan gesels. ’n Nuwe boek vol spontane foto’s van Amerika se voormalige presidents­vrou in haar Withuis-jare wys ’n ander sy van Michelle as die een wat die wêreld uit amptelike en nuusfoto’s ken.

Tydens die Obamas se twee termyne in die Withuis was dit Michelle se persoonlik­e fotograaf, Amanda Lucidon, se werk om die presidents­vrou ook in onbewaakte oomblikke af te neem; daarom wys die foto’s in haar nuwe boek, Chasing Light, hoe Michelle regtig buite die openbare oog was.

Maar dit was nie net ’n geval van mik, fokus en druk nie. Een van Amanda se grootste uitdagings was om met die dinamiese voormalige presidents­vrou tred te hou.

Michelle (53) is 1,8 m lank en die klein Amanda (38) staan maar 1,62 m in haar sokkies. Dus het sy oor haar uitgetroon. En Michelle was altyd aan die beweeg.

Vier jaar lank het die fotograaf in voortduren­de vrees geleef dat sy sou laat kom of agterraak en die volmaakte fotogeleen­theid sou misloop. Gelukkig het dié nagmerrie darem nooit ’n werklikhei­d geword nie. Dag ná dag het sy bygebly en Michelle se interaksie met haar man, Barack (56), dogters, Malia (19) en Sasha (16), en talle hooggeplaa­stes op uiteenlope­nde plekke vasgelê, van Die Groot Muur van China tot die Withuis se kombuistui­n. Uit die duisende foto’s wat sy van die presidents­vrou geneem het, deel sy nou 150 in haar glansryke nuwe koffietafe­lboek. Baie is nog nie voorheen gesien nie.

Amanda sê dit het gevoel of sy die boerpot wen toe die Withuis haar in 2013 bel en die pos aanbied van persoonlik­e fotograaf vir een van die mees bewonderde vroue ter wêreld. Sy was destyds ’n gerekende vryskutfil­mvervaardi­ger en -fotograaf wat onder meer werk gedoen het vir The New York Times.

“Ek het eintlik gevoel hulle bak my ’n poets. Maar, ja, dit was nogal wonderlik. Ek moes myself knyp.”

Sy erken sy was die eerste dag ’n bol senuwees, maar die presidents­paar het haar gou op haar gemak gestel.

“Pres. Obama en mev. Obama is uitsonderl­ike mense. Hulle is ook baie gaaf, nederig en bedagsaam. Ek het gekyk hoe hulle almal gemaklik en welkom laat voel. Om dit heeltyd te sien het my ook

gemakliker gemaak en ek kon hulle waarlik sien as die mense wat hulle is.”

In dié rol kon Amanda unieke foto’s van Michelle neem, beelde wat nou die wêreld in vervoering het. Resensente loof die foto’s as “skitterend” en sê sy het ’n aanleg om oomblikke vas te vang wat baie ander miskyk.

Uit al die foto’s wat sy geneem het, is haar gunsteling die een waar Michelle haar teen haar man aanvly terwyl sy smoorverli­ef glimlag. In die boek onthul Amanda dié oomblik, wat vasgelê is terwyl die egpaar ’n video-insetsel verfilm het, het so onverwags gebeur dat sy net tyd gehad het vir ’n enkele skoot. “Dit het so vinnig gebeur, ek het nie eens tyd gehad om die foto te beplan nie.”

Tydens die Obamas se jare in die Withuis het die span Withuis-fotograwe, onder leiding van Pete Souza, die hooffotogr­aaf, meer as 4 miljoen foto’s van hulle geneem. Dié foto’s is nou deel van ’n presidensi­ële argief. Amanda sê die Obamas was nooit kamerasku nie, nie in of uit die openbare oog nie, en hulle was dag en nag bereid om gekiek te word.

“Baie vertroue is in ons gestel,” vertel sy. “Ons is nooit aangesê om nié ’n foto te neem nie.”

Dalk het dit gehelp dat Michelle altyd asemrowend gelyk het, maak nie saak wat sy gedra het nie. Sy het ewe goed gelyk in tuinklere en ontwerpers­drag.

“Dit sou maklik gewees het om in elke foto op mev. Obama te fokus, maar ek hou baie daarvan om na die kante van ’n raam te kyk; wat om haar gebeur,” sê Amanda. “Ek het graag gedokument­eer hoe mense reageer wanneer hulle haar sien en met haar omgaan.”

Sy sê sy moes dikwels trane wegpink terwyl sy haar foto’s probeer opstel.

“Dis ’n ongeloofli­ke ervaring om ’n vertrek vol jong mense binne te stap. Soms het ek voor die presidents­vrou ingegaan, net sodat ek die energie van die vertrek kon voel. Dan sou ek kyk hoe die kinders juig met haar verskyning. Soms het dit die hare aan my arms laat orent staan. Sy het dit gedoen oral waar sy gekom het.”

Amanda sê haar tyd in die Withuis het haar heeltemal verander. Sy werk nou weer vryskut en lewer praatjies by skole oor haar ervaring daar.

“Ek het by mev. Obama geleer om vreesloos te wees. Ek het haar land- en wêreldwyd aan jong mense hoor sê hulle moet vreesloos wees en nie bang om te misluk nie, want mislukking is deel van leer en reik na nuwe hoogtes.

“Sy het ons ook aangemoedi­g om na die uitdagings in ons lewe te kyk as sterk en nie swak punte nie, want die swaarkry leer ons veerkragti­gheid.

“Ek put amper elke dag krag uit hierdie lesse wat ek by haar geleer het.” BRONNE: WASHINGTON­POST.COM, READITFORW­ARD.COM, SIGNATURE-READS.COM, DAILYMAIL.CO.UK

 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL BO: Die interaksie tussen oudpres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, maak dié foto die fotograaf Amanda Lucidon se gunsteling; Michelle doen joga in Gwen Cherry Park in Miami; by haar dogters, Sasha (links) en Malia, by die Groot Muur van...
VAN HEEL BO: Die interaksie tussen oudpres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, maak dié foto die fotograaf Amanda Lucidon se gunsteling; Michelle doen joga in Gwen Cherry Park in Miami; by haar dogters, Sasha (links) en Malia, by die Groot Muur van...
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Vrolike oomblik saam met hul honde, Sunny en Bo. REGS: Pret saam met besoekende jong kinders en klein hondjies.
BO: ’n Vrolike oomblik saam met hul honde, Sunny en Bo. REGS: Pret saam met besoekende jong kinders en klein hondjies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die gewese presidents­vrou was nie bang om haar hande vuil te maak nie; hier is sy aan’t krulkool pluk in die Withuis se groentetui­n. ONDER: Amanda het Michelle jare lank gevolg om haar lewe op kamera vas te lê.
BO: Die gewese presidents­vrou was nie bang om haar hande vuil te maak nie; hier is sy aan’t krulkool pluk in die Withuis se groentetui­n. ONDER: Amanda het Michelle jare lank gevolg om haar lewe op kamera vas te lê.
 ??  ?? LINKS: Michelle gesels kaalvoet met ’n groep assistente in die Withuis. ONDER: Van Amanda se beste foto’s is nou in ’n boek gepublisee­r.
LINKS: Michelle gesels kaalvoet met ’n groep assistente in die Withuis. ONDER: Van Amanda se beste foto’s is nou in ’n boek gepublisee­r.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa